Busbestuurder (66) verhang bordjies teen aanvaller

Argieffoto: Kent Williamson

ʼn Busbestuurder (66) het die bordjies teen sy aanvaller verhang deur die aanvaller se eie vuurwapen op hom te rig en hom te laat smeek vir genade.

Lt.kol. Thulani Swane het gesê die voorval het Maandag plaasgevind. “Dié Phoenix-inwoner is ʼn busbestuurder vir ʼn privaat maatskappy wat aan Portnet uitgekontrakteer is. Hy het pendelaars van Durban na die treinstasies vervoer,” het Zwane verduidelik.

Volgens Zwane het die laaste passasier op die bus omstreeks 13:00 na die bestuurder gegaan, ʼn wapen op hom gerig en hom beveel om na ʼn bestemming van sy keuse te ry. “Die bestuurder het op die N2-snelweg gery en in ʼn suidelike rigting beweeg soos die aanvaller hom beveel het. Hy was bang en het toe die Hibberdene-afrit geneem om terug te draai na sy depot,” het Zwane verduidelik.

Die aanvaller het die man glo hard met die agterkant van die wapen op die skouer geslaan. “Die bestuurder het dié situasie tot sy voordeel gebruik en hard rem getrap wat die aanvaller vooroor laat struikel het.”

Daar het ʼn struweling tussen die twee ontstaan en die bestuurder kon daarin slaag om die wapen by hom af te vat.

“Die aanvaller het sy hande in die lug gegooi, om verskoning gevra en gesmeek vir genade.”

Die bestuurder het die man glo beveel om van die bus af te klim en het onmiddellik na die Scottburgh-polisiestasie gery waar hy die voorval aangemeld het. Hy het ook die wapen en patrone ingehandig.

Sake van poging tot ontvoering, die rig van ʼn vuurwapen en poging tot kaping word ondersoek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

12 Kommentare

Ai ·

Welgedaan aan die bus drywer! Klink soos iets uit n Hollywood movie!

Dis lekker om bietjie goeie nuus vir n slag te lees!

Daan ·

Hy moes hom vasgemaak het met veters of iets en na die polisie gevat het.

toy ·

Baie braaf met n wapen na iemand gerig maar slapgat wanneer dit op hom gerig word. Nou het hy gevoel hoe dit is om aan die ontvang kant te wees. 10/10 vir die busbestuurder.

ME ·

Mooi so oom! Ek is trots op jou koel kop. Baie jammer oor jou seer skouer – mag jy gou herstel.

HB ·

Ek kan nie glo dat selfs busse deesdae gekaap/beroof word nie. Wat sal die skelms nog uitdink. Welgedaan aan die busdrywer. Dit was flink dink. Hy moes die skelm deur ‘n passasier laat aanhou het en hom eerder by die polisiestasie gaan aflaai het. Dink die mannetjie gaan nou twee keer dink voor hy ‘n vuurwapen op ‘n busdrywer rig.

Johan ·

GIVE THAN MAN N BELLS goed gedoen is tyd dat die misdadigers vas gevat word

Alida ·

Hopenlik is die wapen daar en dan vernietig anders beland dit maar net weer in die volgende krimineel se hande

Hennie ·

Hy moes nie stilgehou het nie, hy moes die aanvaller laat uitklim het terwyl die bus op volspoed was. Hopeloos te veel genade!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.