ʼn Man is Dinsdag in Soweto in hegtenis geneem nadat hy glo ʼn busbestuurder, wat vir diens aangemeld het, aangerand het.
“Die 27-jarige man is omstreeks 08:00 in Meadowlands in hegtenis geneem,” het konst. Sibusiso Chauke, woordvoerder van die polisie in Gauteng, gesê.
Rea Vaya-busbestuurders het omstreeks 05:00 buite die depot in Meadowlands bymekaargekom om te staak. ʼn 54-jarige bestuurder was op pad om vir diens aan te meld, toe hy aangerand is. “Die polisie in die gebied het hom gered,” het Chauke gesê. “Die aanvallers het te voet van die toneel gevlug en slegs een persoon is aangekeer. Die busbestuurder is na ʼn hospitaal geneem.”
Litsamaiso, die busoperateur vir Rea Vaya-busse, het die aanranding bevestig. Litsamaiso beheer die Rea Vaya-busbedrywighede saam met Piotrans. “Piotrans-werknemers staak tans, maar die Litsamaiso-werkers kon nie werk nie, weens die sensitiwiteit van die saak,” het Babu Maharaj, woordvoerder vir Litsamaiso, gesê.
Albei maatskappye word uit dieselfde depot bedryf. Maharaj sê geen busse is tans op die paaie nie, aangesien die maatskappy wag vir die vakbond om te reageer op ʼn voorstel wat Sondag opgestel is.
Rea Vaya-busbestuurders het Maandag begin staak en talle pendelaars in Johannesburg was gestrand.
Bestuurders eis dat arbeidsmakelaars verbied moet word, hul gedragskode hersien moet word, senior personeellede hul eie skofte moet kies en die vakbond tydens die aanstelling van nuwe personeel voorgestel moet word. -SAPA
Lees ook:
Vergadering bring dalk ‘n einde aan busstaking
JHB-busbestuurders staak
Dit is ongelukkig wat gebeur wanneer daar stakings plaasvind. Daar is diegene wat graag wil werk, maar wat weens intimidasie en uit vrees vir hul lewens, nie opdaag nie, en dan is daar diegene wat wel opdaag, en dit is die eindresultaat.
Ek is 100% teen stakings, aangesien dit nooit vreedsaam verloop nie.