Die polisie is op die spoor van vyf mans wat Dinsdagoggend in Durban op ʼn bus geklim en die busbestuurder na bewering doodgeskiet het. Hulle het glo die passasiers ook van hul besittings beroof.
Volgens kol. Thembeka Mbele, polisiewoordvoerder, het die mans omstreeks 10:00 op die bus geklim en voorgegee om passasiers te wees. Hulle het glo vuurwapens uitgepluk en die passasiers beroof.
Hulle het daarna die busbestuurder na bewering in die kop geskiet.
Volgens Paul Herbst, woordvoerder van Medi Response-nooddienste, het paramedici by hul aankoms op die toneel die busbestuurder op die toneel aangetref. Hy is op die toneel dood verklaar.
Die polisie in Newlands-Oos in Durban ondersoek ʼn saak van moord en roof.
O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.
8 Kommentare
Ek weet nie wat is die ergste nie die oorlog in oekraiene of die oorlog in Suid-Afrika weens die afwesigheid van regte polisie nie.
Crle bly sit in sy stoel..
Dis verstommend dat n menselewe niks werd is in SA nie.
SAL regte SAP in SA asb opstaan!!!!
Hierdie spul het beheer verloor Dis open season vir boewe en moordenaars