Busbestuurder geskors oor gebede

Foto: http://myciti.org.za/

Foto: http://myciti.org.za/

ʼn Busbestuurder van Kaapstad wat sy passasiers in gebed gelei het “om hul reis te seën”, is geskors.

Die Stad Kaapstad het gesê hulle het van die probleem bewus geraak nadat passasiers op sosiale media daaroor gekla het. Die bestuurder se werkgewer het hom gewaarsku om die praktyk te staak.

Die busmaatskappy TBRT, ʼn MyCiTi voertuigbedryfsmaatskappy, het gesê hulle het die bestuurder gevra om nie vir sy passasiers te bid nie, aangesien daar passasiers met gemengde geloofsoortuigings op die bus is. Volgens die Stad Kaapstad het die bestuurder egter voortgegaan met sy gebede.

Die bestuurder het Dinsdag ʼn geskrewe waarskuwing ontvang, maar het ook hierdie waarskuwing geïgnoreer, wat daartoe gelei het dat hy Donderdag geskors is. Die bestuurder, wie se geloof nie genoem is nie, bedryf roetes van en na Atlantis.

Brett Herron, burgemeesterskomiteelid vir vervoer in Kaapstad, het gesê dit is belangrik dat daar in ag geneem word dat die inwoners van Kaapstad en die besoekers aan die stad almal verskillende geloofsoortuigings het en sommige glad nie gelowig is nie. “Ek doen daarom ʼn beroep vir verdraagsaamheid en respek vir mekaar en ons reg om te kies watter geloof ons wil beoefen en wanneer en hoe ons dit doen,” het hy gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

61 Kommentare

Charlotte Barnard ·

Hier is ‘n voorbeeld van ‘n Daniel in ons leeftyd. God sal hom eer dat hy opgestaan het vir waarin hy glo.

Piet Snot ·

Ons laat sulke dinge toe.
En ons vra waarom reën dit nie?

SNEL ·

Kom ons vra eers; wie is sy “god” wat hy my op my reis wil laat seën, want geen god behalwe my God wil ek hê moet my reis seën en saam met my reis nie. So as hy nie n Christen is nie, sal ek ook bitter ongelukkig raak as hy so iets oor my wil uitspreek.

Joyce ·

Dit is belaglik!!!!!!Ek kan dit nie GLO dat n mens so is nie!!!!

tracey ·

Miskien moet die mense met dieselfde geloofsoortuiging as die bus bestuurder, hierdie busmaatskappy en vervoerbedryfsmaatskappy boikot en glad nie meer van hul diens gebruik maak nie

Desiree ·

Vader vergewe hulle want hulle weet nie wat hulle doen nie. Ek eer U meneer en jou kroon sal jy van Jesus ontvang. Dan wonder ons nog hoekom hier ‘n GROOT droogte is.

KOOS ·

So hoekom is dit nie droog in die mees goddelose samelewings op die planeet nie. Hoekom is die ateïstiese Skandinawiese gemeenskappe so voortvarend, gelukkig, geseënd en nat?

Christo ·

Joyce dat n mens hoe is nie? Hul sê nie watter geloofs oortuiging die bus bestuurder is nie, wel eending sê as hy n Christen is al die duime op vir hom. Vir Kaapstad raad wil ek sê julle moenie kla as dinge begin sleg gaan nie, begin julle bybel te lees, daar sal n tyd kom dat mense gaan pleit berge val op ons.

Henk ·

so, as die man satan aanbid het, was dit sy reg. Maar nou bid hy tot God en hy verloor sy werk?

M ·

Dit is nie die feit dat hy tot God bid en sy werk verloor nie. Dit gaan daaroor dat sy Godsdiens op mense afgedwing word. Godsdiens is iets wat jy by jou huis kerk en in jou eie binneste moet beoefen. Nie in die werksplek nie. As Christen irriteer dit my ongelooflik as ek my werk probeer doen en ek kan nie, omrede my mede kollega vir ure sit en kerk hou en bybel lees in werkstyd. Dit is iets vir jou binnekamer!

Coenie ·

Dit is waarheen ons land gaan. Meneer jy sal geseend wees deur die Here.

KOOS ·

Sou jy ook gelukkig daarmee gewees het as jou busbestuurder of Boeing pilot elke keers eers platval in die paadjie, en prewel na Mekka voor hy vertrek?

KOOS ·

Sou die aplogete ook gelukkig daarmee gewees het as hul busbestuurders of Boeing pilots elke keers eers platval in die paadjie, en prewel na Mekka voor hy vertrek?

Elize Hyman ·

Bravo! Ek skep moed wanneer ek hoor van ‘n persoon wat opstaan vir God, daar is baie dinge wat hulle van ons kan neem, maar nie ons geloof nie. Ons bid dat hierdie kwessie deur God gehanteer sal word, en in daai mense se skoene wil ek dan nie staan nie! Wees geseen meneer.

Peet Schabort ·

Ons weet nie watter God/god hy aanbid. Stem saam om geloof hier uit te hou. Selfs geloof het ‘n plek en tyd. Geloofsverskille kan maklik in konflik verander veral wanneer dit afgedwing word.

Hendrika O'Neill ·

God kan nie in ‘n boksie gesit word wanneer dit “geleë is om Hom te dien nie!!! Hy is daar enige tyd wanneer ons hom nodig het. Hy is nie net Sondae in die kerkbank vir ons beskikbaar nie. Jy was vir Hom belangrik genoeg dat Hy als opsy geskuif het vir ons as sondaars sonder hoop. Hy’t Sy Seun gestuur om te sterf vir ONS sondes. Elke mens christen, nie-christen, moslem whatever kan dankie sê een man neem almal se welstand belangrik om hul veilig te wil hou. Mag ‘n beter werkgewer hierdie storie lees en die man ‘n nuwe geseënde werk en dubbel sy salaris gee wat hy nou verdien want die man sal vir jou maatskappy voorspoed bring NET omdat Hy God dien. Amen.

SNEL ·

Ek stem Peet, miskien moet ons eers uitvind vir wie hy bid voordat ons net aanneem dis vir ons Here. Geen ou van enige ander geloof moet tog die moeite doen om vir my te bid nie.

Narike ·

Christus het vir ALMAL gesterf!!! Die heidene ook. Ek dink die mense wat die bestuurder geskors het soek skoor met GOD. Sy Woord kan nie stil gemaak word nie, julle is ‘n klomp verlore skape.

Eliza-beth ·

KLA? Op sosiale media (ek bedoel: sosiale euwel want dis wat dit is) – het party mense nou wraggies NIKS anders in hul kleinlike lewentjies om te doen as om oor so-iets te kla nie? Liewe hemel nou het ek alles gehoor. Ek sluit sommer aan op sosiale euwel en sal dan daar KLA oor mense wat KLA net om te kan kla en hierdie geval spesifiek noem. Hoe absoluut kleinlik.

Eliza-beth ·

En ek wou nog byvoeg “Small things amuse small minds” – niks anders as dit nie mnr/mevrou/mejuffrou Klakous

SkarrelKind ·

Ek kan sweerlik my ore glo?! Almal is nie Christene nie en hierdie ‘n ‘ vry land. Ek sou gekla het as ‘n passasier was en ek is nie ‘n Christen nie. Skaam julle oor jull engheid en tekort aan verdraagsaamheid. Genugtig man, dit is nie die middeleeue nie!

sekondeer NIE ·

JA Skarrelkind maar daar is iets soos vryheid van spraak geloof ens. Waaroor die bohaai? My bediende sing as sy werk, ek hou nie van die liedjies want dis teen my ore se “geloof” moet ek haar nou afdank??? Jy klink maar na iemand wat min het om jou besig te hou as jy oor sulke bollie sou wou kla!

SANDRA ·

AI KLA OOR IEMAND WAT NOG BID. DIS BELAGLIK. AS JY NIE DEEL VAN SY GELOOF IS MOET NIE DEEL AAN SY GEBED. RESPEKTEER DIE WAT WIL DEELNEEM. TENMINSTE WIL ALMAL VEILIG HULLE BESTEMMING BEREIK.

Heinrich ·

Julle mense wat die skorswerk gedoen het; dis duidelik dat julle nie Christene is nie. As julle was sou julle geweet het dat die Bybel jou beveel om as Christen vir ander mense te bid. Hierdie is blattante diskriminasie teen iemand se geloof. Julle sal eendag moet verduidelik hoekom julle geen Christelike ruggraat het nie…

SE77 ·

Brett Herron doen ‘n berope vir verdraagsaamheid en respek vir mekaar se geloof… practice what you preach dude!!!

Rian ·

Die afdanking deskrimineer dan teen geloof….n konstitisionele reg, Die werker sal n baie goeie saak he by die CCMA ek hoop hy doen dit.

As jy afgedank word maak seker dis vir n regte rede soos die een.

Chris ·

Rian ek glo nie hy sal enige saak by die CCMA het nie. Daar word nie gediskrimineer teen sy geloof nie maar teen die beoefening van dit tydens werktyd. Mens bid mos maar klaar voor jy gaan werk maar by die werk, werk jy en as jy weer vanaand wil bid sal jy meer as welkom wees. Hoe dink jy sal dit gaan as almal sommer net by die werk begin bid? Die kasiere voor die til terwyl jy in die ry staan? Dit sal gaos afgee.

Stuart ·

Chris, spel beter asb. Ek is seker die ou het nie diens ingeboet of laat vertrek agv sy gebed nie – jy kan dit nie met iemand wat by ‘n kasregister werk wil vergelyk nie.
Chaos nie gaos
till nie til en dan in aanhalingskommas as jy Engels in ‘n Afrikaanse kommentaar wil gebruik

Francois le Cochon ·

Hy is nie geskors omdat hy gebid het nie, hy is geskors omdat hy sy werkgewer se instruksies verontagsaamm het. “Insubordination”

maggie ·

daar was op fb ‘n stuk gewees en ek het dit nogals geshare. ek dink nie dis verkeerd nie. dat hy bid is reg. daarmee stem ek saam. dat hy bid vir mense wat nie sy oortuigings deel op ‘n gebied waar dit nie sy eiendom is nie, in hierdie geval sy werkgewer se bus, is verkeerd. ek voel hy moes gehoor gegee het aan die vermaning, maar steeds in stilte bid as hy begin werk/ry?

E.K. ·

Brett Heron doen ‘n beroep op wedersydse verdraagsaamheid en respek en tog weerlê hy sy eie woorde deurdat die man geskorks is! Kom ons almal fb en twitter dat die man heraangestel word in sy pos!!!

Luchia Swartz ·

as hul nie die gebed wil hoor nie sit ‘n blikkie daar vir earplugs want ons sal hul respekteer as hul hul ding doen

Theresa ·

Verfrissend dat die drywer van die bus bid!! Ek is oortuig daarvan dat elke liewe persoon wat ‘n publieke vervoermiddel betree, bid – elke geloof onder die son – want publieke vervoermiddels word nie deurgaans deur ordentlik opgeleide PDP lisensiehouers met die nodige vernuf en galantheid wat so ‘n pos verg, uitgevoer nie. Ry daagliks op pad waar busdrywers hul lyf nou met die logge voertuig, taxi hou. Hoop die busbestuurder lees hier – moed hou – jy het net goed probeer doen.

Grietjie ·

Die Bybel waarsku daarteen dat mens nie op die straathoeke moet staan en bid om deur die mense gesien te word nie. En ook dat jy jou werkgewer moet gehoorsaam. Die man kon nog steeds sy geloof beoefen het deur sy hoof te buig en sag te bid elke keer voordat hy begin ry, en so nog aan sy bestuurder onderdanig ook wees.
Hy het duidelik ‘n hele affêre van sy gebede gemaak, wat glad nie nodig is nie. ‘n Enkele eenvoudige gebed van ‘n regverdige het groot krag.

Yvonne ·

Vandag het ‘n mens gebede nodig om die SA paaie te wees! Die stad Kaapstad het hom laat skors oor hul op sosiale media gelees het van klagtes. Maar hul en die regering wil die sosiale media gebruik om mense te vra om te bid vir die droogte in ons land. God is nie goed genoeg om mense op die pad veilig te hou nie, maar hy word gou nader geroep as hul iets vir hulself soek wat hul geldsake gaan raak.

JJ ·

As jy in Jo’burg in ‘n taxi klim, bid jy vanself…..van begin tot einde.

Chris ·

Die persoon is verkeerd. Hy is meer as welkom om te bid vir sy passesiers maar doen dit voor hy aan diens gaan. Ons kan nie almal skierlik ophou werk en eers bid nie liewe genade. Wat sal van die land/wereld word. Ek sal graag die mense se kommentaar wil hoor as hulle in die bank staan en skierlik begin die tellers eers bid en die kliente moet staan en wat tot hy klaar is. Daar is n plek en n tyd vir alles en dit sluit godsdiens in.

Sollie ·

CHRIS?? SkieRlik? S k i e l i k ou maat, sonder die “r”. PassEsiers – nee passasiers! Wereld – nee wêreld! Nie kliente maar kliënte. AI man! Miskien moet jy begin bidde.

JoeV ·

Jy mag bestaan, jy mag net nie ‘n kultuur hê nie. Nou waar was dit nou weer geskryf dat dit gaan gebeur?

SHARKIE ·

Hoe onnodig om ‘n gelowig man te skors. Daar is so baie ander gevalle waar ‘n persoon oor baie erge gevalle net gewaarsku word en niks verder gebeur nie.

Doen ‘n opsomming en kyk hoeveel keer hierdie bestuurder met sy bus in ‘n ongeluk was in vergelyking met die ander bestuurders. Die bestuurder dink nie net aan homself vir beskerming nie, maar ook aan al die mense wie hy vervoer wie se lewens in sy hande geplaas word.

Die mense wat gekla het, is daar van hulle wat ‘n poging aangewend het om saam ‘n ander bus bestuurder te ry, nee ek glo nie want hulle voel veilig in “die bus van veiligheid”.

#ZumaMustGo ·

Die Busbestuurder kort ‘n medalje. SA keer terug na GOD.
Dis omdat ons onder ‘n goddelose regering staan en almal die wereld en sy menseregte wil please dat God ook sy rug op ons draai. Rand in sy ma in. Weer in sy ma in.
As die ou by my werk kom soek sal hy dit dadelik kry. stuur vit my epos met bewys dat dit jy is.

Joa ·

Christus het nie vir almal gesterf nie. Die Bybel se uitdruklik dat Hy gesterf het vir die wat glo.

SNEL ·

Want so lief het God die WêRELD gehad, dat Hy sy eniggebore Seun gegee het, sodat ELKEEN wat in Hom glo, nie verlore mag gaan nie, maar die ewige lewe kan hê. Joh 3:16

Want dit is goed en aangenaam voor God ons Verlosser, wat wil hê dat ALLE mense gered word en tot kennis van die waarheid kom. 1 Tim 2:3,4

Joa, Jesus het dus gesterf vir alle mense, maar slegs die wat dit glo en in Jesus en Sy verlossing van sondes glo sal gered word, maar daardie deur staan oop vir enige een om in te stap en deel daarvan te wees. Dis soos n geskenk wat vir jou aangebied word, jy moet dit net vat en elke iedere persoon op die aarde het daai “geskenkpakkie” wat vir hulle gegee is en voor hom/haar staan en dit is hulle eie keuse of hulle dit wil vat of los, dus het Jesus gesterf vir ALMAL en slegs die wat glo sal gered word. Jesus het nie witbroodjies nie, Hy het gesterf vir almal, ons kan kies om Hom aan te neem of te verwerp.

Kobus ·

Is hierdie nou weer ‘n geval van almal wat hulle mening wil gee sonder om eers na die feite te kyk. Die eerste feit is dat die bestuurder van Christen geloof is. Die tweede feit is dat die klaers van Moslem geloof is.
Nou kan ‘n debat begin word.
Die DA is in beheer van die busdiens, en om nie die groot aanhang van Moslem ondersteuners te verloor nie, vee hulle maar net die persoon van die tafel af. Een van hulle LP’s word gepos toe sy iets sê, hier geld vryheid van spraak nie.
Ons as Christene word heeldag gepeper met die Moslems se gebede oor luidspekers, maar jy mag nie kla nie, want dit is hulle reg.
‘n Gebed in ‘n bus word ‘n misdryf teen die DA.
Ek haal my hoed af vir die InterCape bus group. Voor enige bus op sy roete vertrek, word ‘n Bybel vers voorgelees en gebid, en aan die einde van die reis weer gebid. Maar InterCape, wees gewaarsku, die DA gaan dit stop op julle busse as julle hulle terrein binnegaan.
Die busbestuurder sal welkom wees by InterCape, daarvan is ek seker.
#DA is siek.

Dee ·

Baie dankie Kobus. Jy het basies gesê wat ek sou gesê het; dat die DA dit doen ter wille van hul moslem-aanhang. Vele Christene wat DA stem lees nou wat jy sê miskien sonder dat die besef van wàt jy sê werklik posvat. Miskien is dit van hulle wat hoër op sê dat geloof ‘n ‘tyd en plek’ het. Dit kan wel geld vir geloof maar wanneer ons van Geloof praat moet dit oral en altyd deel wees van ons.

Maria ·

Amen. Indien die man ‘n Christen is mag God hom seën met ñ wonderlike nuwe werk. Mag hy nooit ophou bid nie.

Marietjie ·

Ek haal my hoed vir die busbestuurder af dat hy so sterk staan in sy geloof. Hoe vreemd tog op dieselfde webblad van Maroela, reg onder hierdie berig, die berig is oor “M1 tydelik gesluit vir reinigingsseremonie”. Wat nou van die Christene wat nie glo in reinigings seremonies nie wat ook verontrief gaan wees deur ander gelowe wat nou weer glo aan die reinigings seremonie? Hoekom is dit die Christene wat altyd die knie moet buig vir ander gelowe en hulle geloof word in ons kele afgedruk? Duidelik geld dieselfde maatstaf in die Kaap nie vir Gauteng nie.

bea ·

sou dan seker n verhoging gekry het as hy gebid het vir meer geweld en moorde ne>>>as jy nie hou van wat hy doen kry ander vervoer…daar is nie pille vir onnoselheid nie!!!!!!

AH ·

Dit word almeer duidelik dat die DA maar net n anc lite is met al die dinge wat huule doen

MS ·

As hy wou bid, dan moes hy dir vir homself doen. Ongeag sy geloof, hy moet steeds genoeg respek hê vir ander mense van ander gelowe of geen geloof, deur dit nie op hul af te dwing nie. Geloof is nie ‘n politiese party waarvoor mens stem nie, maar eerder ‘n hartsaak. Verbeel jou jy gebruik publieke vervoer, maar word gedwing om saam te luister na ‘n gebed vir ‘n ander geloof. Ons moet ophou dink ons is beter as ander. Mens kan nie die mense name noem en sleg sê wat gekla het nie. Mens sou dink dat Christen mense meer respek vir ander ook sou hê.

Dan ·

Die klaers(as daar regtig was)is van die duiwel besete, hulle moet vlieg, nie bus ry nie.

JP ·

en dan stem julle nog wragtig vir die DA wat godsdiens misken. Viva grootman die Here sal beter en groter deure vir jou oopmaak.

G-ee-Man ·

Ek reken die ou moes mat die gebede gelos het en soos ‘n maniak bestuur het. Dit sou almal op die bus laat begin bid het!

Dirk ·

Dit is nie ‘n aanval op die persoon nie, dit is is ‘n aanval teen die Waarheid, die Woord van God.

Ansie ·

Dit is belaglik, ons God leef, en die man bid vir die mense dat hull veilig en geseend by hull bestemming kom, die wat nie wil luister nie druk toe Jul ore

Anoniem ·

Maar ‘n hoofweg word toegemaak sodat die sangoma sy dolosse kan gooi vir ‘n sogenaamde “reinigings seremonie”. Regtig

Dante ·

Die Here kan nie in kompartemente gepak word nie. Oral waar ons deesdae gaan moet ons bid vir genade want selfs ‘n stappie na die hoekwinkel is deesdae gevaarlik! En as ek dink aan die klomp trein predikers bedags op treine wat tot in Xhosa en Zulu preek…vir my klink dit na geraas omdat ek die tale nie verstaan maar tog pla dit my nie, hulle dien die Here. As ek nie lus het daarvoor of dit nie wil hoor kan ek ‘n ander trein vat of treinwa gebruik. Een dink weet ek wel, DA het definitief my stem verloor!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.