Busbestuurder kritiek ná ses skote

Foto: Facebook

’n 30-jarige busbestuurder van Kaapstad het deur die nag om sy lewe geveg in ’n Kaapse hospitaal nadat hy ses keer geskiet is.

Sers. Noloyiso Rwexana, woordvoerder van die polisie, het gesê ʼn saak van poging tot moord word ondersoek nadat die man verskeie skietwonde opgedoen het in Mitchells Plain.

Brett Herron, burgemeesterskomiteelid vir vervoer en stedelike ontwikkeling, het in ʼn verklaring gesê die stad is hartseer en geskok oor dié onlangse aanval.

“Die busbestuurder is ses keer geskiet net voor hy Donderdag omstreeks 19:30 die depot binnegegaan het,” het Herron gesê.

Bronwen Dyke-Beyer, woordvoerder van die Golden Arrow- busdienste, het gesê die man is in ʼn kritieke toestand na die hospitaal gehaas. “Hy is sedertdien gestabiliseer en ons is so dankbaar vir die mediese span se pogings reg deur die aand.”

Dyke-Beyer het gesê die motief vir die aanval is onbekend, maar dat hulle nou met die polisie saamwerk. “Ons versoek enigiemand met inligting om asseblief na vore te kom.”

Niemand is nog in verband met die voorval in hegtenis geneem nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

snoefie ·

terwyl die anc wettige vuurwapen eienaars met str.nt soos lisensies wat elke vyfjaar hernieu moet word, ontwapen. die huidige polisiemag is nie gebore in staat om hulleself te beceilig nie, maar verantwoordelike vuurwapeneienaars moet vuurwapens gaan inhandig sodat polisie kan toekyk hoe booswigte dit voor hulle oë uit polisie kluise buit om misdaad mee te pleeg.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.