Busbestuurder skuldig aan diefstal van Covid-19-geld

(Argieffoto: Steve Buissinne/pixabay)

ʼn Voormalige busbestuurder van Hammanskraal is deur die handelsmisdaadhof in Pretoria daaraan skuldig bevind dat hy in 2020 meer as R99 000 gesteel het wat vir ʼn Covid-19-verligtingskema bedoel was.

Volgens die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG) is meer as R4,7 miljoen destyds per ongeluk in Moreroa Moses Leso (64) se Capitec-bankrekening inbetaal nadat sy werkgewer, Mega Bus Couch Pty (Ltd), namens 1 400 werknemers vir die arbeidsdepartement se tydelike werknemersverligtingskema (Ters) aansoek gedoen het.

Leso het destyds as ʼn busbestuurder vir die maatskappy gewerk. Die geld moes eintlik in Mega Bus Couch Pty (Ltd) se Standard Bank-rekening inbetaal word. Nadat die maatskappy navraag by die departement gedoen het oor waarom hulle nie die geld ontvang het nie, is daar vasgestel dat dit verkeerdelik aan Leso oorbetaal is.

“Nadat Leso die geld ontvang het, het hy onmiddellik R4 miljoen in sy dogter se rekening inbetaal vir veilige bewaring. Hy het die res vir persoonlike gebruik gehou. Hy het later aan die hof gesê dat hy die geld vir die aankoop van kos gebruik het en om sy skuld te betaal,” het Lumka Mahanjana, woordvoerder vir die NVG, Donderdag in ʼn verklaring gesê.

Leso het kort ná die fout agtergekom is wel R4,6 miljoen aan die departement terugbetaal. Hy is gevolglik in hegtenis geneem en later op borgtog vrygelaat.

Die vonnisverrigtinge sal op 14 Junie begin.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

12 Kommentare

SjN ·

En die wat dit foutief gemagtig en oorbetaal het kom niks oor nie!!

Deon ·

Hoe het dit gekom dat die geld “per ongeluk” in n werknemer se rekening betaal was?

Marcello ·

Moet sê: Ek sal kan doen met so ‘n betaling in my rekening????????

Christine ·

En dan? Dan word jy ook inhegtenis geneem. Neem die etiese en eerlike pad, altyd die beste.

Waarnemer ·

As iemand so baie geld in my rekening in betaal gaan ek mos dink ek het die lotto gewen en dit beslis ook gebruik.Waarom sal ek dan nou eers navraag doen daaroor…n wen is mos n wen….

Swerwer ·

Nou wie op aarde het die geld per ongeluk is die busdrywer se rekening betaal? Dit moet beslis die een wees wat die eise hanteer het. Laat die persoon ook maar aan die pen ry.

Yvonne ·

Sjo nogal n foutjie wat die persoon gemaak het met die oorbetaling van die fondse…..glad nie syfer of enigsins geletterd nie….dit is wat my gesonde verstand se

Sarel ·

Ek hou van die woord ” per ongeluk”
Die persoon wat die inbetaling gedoen het ook vervolg..
Wie sit regtig agter die storie

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.