Busbestuurder sterf toe hy vragmotor van agter tref

ʼn Busbestuurder is Vrydagaand op die N3 in Germiston dood tydens ʼn ongeluk met ʼn vermoedelik stilstaande vragmotor.

Die ongeluk het omstreeks 21:30 plaasgevind.

William Ntladi, woordvoerder van die Ekurhuleni-nooddienste, het gesê die busbestuurder was alleen in die bus. Hy was op pad om passasiers in Germiston op te laai wat na Marble Hall in Limpopo op pad was. “Paramedici het hom op die toneel dood verklaar. Hy het veelvoudige beserings opgedoen tydens die ongeluk met ʼn vragmotor wat ʼn groot vraghouer vervoer het.”

Die busbestuurder het glo nie opgemerk dat die vragmotor stil staan nie en het agter in die vragmotor vasgery. Hy is op slag dood.

“Reddingspanne moes van meganiese toerusting gebruik maak om die man se liggaam, wat agter die stuurwiel van die bus vasgekeer was, uit die wrak te bevry. Die vragmotorbestuurder het nie enige beserings opgedoen nie.”

Vier verkeerslane is deur die ongeluk geraak en moes tydelik gesluit word. Slegs een verkeerslaan was beskikbaar vir verkeersvloei.

Owerhede stel verder ondersoek in.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Langpad ·

Ek, net soos duisende ander, ry gereeld lang afstande, partykeer in die aand. Die meeste vragmotors, veral op die platteland, is nie padwaardig nie. Geen of verbleikte reflektor plakkers, om nie eens te praat van stukkende nie-werkende ligte (hoofligte en remligte). Hierdie vragmotors raak onklaar lang die pad en die bestuurders gee glad nie om om waarskuwingsindikators voor of agter die voertuig te plaas nie. Spoed tov die busbestuurder kon dalk ook ‘n rol hier speel, ons weet nie.

H ·

Selfone trek ook aandag af en is n groot probleem en moontlike oorsaak van ongelukke.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.