Busbestuurder vas ná 11 sterf

Foto: AlgoaFM/Twitter

Foto: AlgoaFM/Twitter

Die busbestuurder wat betrokke was by die ongeluk waartydens 11 mense op die pad tussen George en Oudtshoorn gesterf het, is in hegtenis geneem.

Maroela Media het vroeër berig die ongeluk het Donderdagoggend omstreeks 01:50 op die N12 plaasgevind. Elf mense is dood en 18 is beseer, waarvan nege ernstige beserings opgedoen het.

“Die 25-jarige man staar verskeie aanklagte van strafbare manslag in die gesig,” het kapt. Malcolm Pojie, woordvoerder van die polisie in die Wes-Kaap, gesê. “Hy is Donderdagmiddag in hegtenis geneem.”

Die man is glo in hegtenis geneem nadat die uitslag van ʼn voorlopige ondersoek met ʼn senior staatsaanklaer bespreek is.

Die bus, van Kaapstad, was ongeveer 15 km buite Oudtshoorn toe ʼn motor glo in ʼn draai uitgeswaai het. Die busbestuurder het beheer verloor en die bus het omgeslaan.

Die bestuurder sal na verwagting Vrydag in die landdroshof in Oudtshoorn verskyn. -SAPA

Lees ook:
11 sterf in Wes-Kaapse busongeluk

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Coenraad ·

Die bestuurder is 25 jaar oud. Hy word vertrou met 47 mense se lewens. Ek sluit my saak.

job jobson ·

Lisensie vra+16 en ouer met die nodige wettige dokumente, net jammer vir lewensverlies maar die ondersoek moet voort gaan want daar is n skuldige in die verband. EK TREUR!!!!!!!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.