Busbestuurder voor skoliere geskiet

Argieffoto

ʼn Busbestuurder is Maandagoggend by ʼn skool in Benoni voor skoliere geskiet.

Steve Mabona, woordvoerder van die departement van onderwys, het gesê die busbestuurder het leerders van Msholozi- informele nedersetting na verskeie skole vervoer.

By Etwatwa Secondary School, die laaste stop op sy roete, het ʼn onbekende man die bus genader en drie skote gevuur. “Een van die skote het die busbestuurder bo sy regteroog getref. Hy is in ʼn kritieke toestand na ʼn hospitaal geneem,” het Mabona bygevoeg. Hy ontvang tans behandeling in die hospitaal.

Volgens Mabona vermoed die departement die voorval hou verband met spanning met die Benoni-taxivereniging. “Taxi-eienaars is nie tevrede daarmee dat die departement skoolvervoer in die gebied verskaf nie. Ons het die polisie versoek om ons te help om skoolbusse te beveilig en patrolliewerk te doen waar die skoliere afgelaai word.”

ʼn Vergadering sal ook met die gemeenskap belê word.

Panyaza Lesufi, Gautengse LUR vir onderwys, het sy misnoeë uitgespreek oor die voorval. “Ons het in Februarie 2020 skoolvervoer begin verskaf as deel van die departement se doelwitte om leerders uit voorheen benadeelde gebiede by te staan. Ons het vergaderings met belanghebbendes gehou om die proses deeglik te bespreek. Ons doen ʼn beroep op alle belanghebbendes om toe te laat dat skoolvervoer vlot verloop. Dit is belangrik om kennis te neem dat gewelddadige optrede nie enige positiewe resultate sal oplewer nie.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Alet ·

Die opdrag in die jare 50 was om die land onregeerbaar te maak. Ek sou dink dit het geslaag.

Sean ·

Almal weet die taxi owerhede is in beheer Die polisie is magteloos teen hulle

isabelle ·

Kinders moet digt nie eens op tv sien wat nog in realiteit

marius ·

Voorheen benadeeldes word nou deur huidige bevoordeeldes vermoor . Voor kinders . Sit die veer in jou hoed lefufi

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.