Busbestuurders, passasiers as gyselaars aangehou  

Die polisie het onder meer beslaggelê op vier gewere, vyf handwapens en lewendige ammunisie. (Foto: Gauteng-verkeerspolisie)

Busbestuurders en passasiers in twee luukse busse is Woensdag deur 14 gewapende mans in Orlando in Soweto as gyselaars aangehou.

Die verdagtes, wat sedertdien in hegtenis geneem is, het ’n gesamentlike losprys van R10 000 vir die vrylating van die busse en insittendes geëis, terwyl vuurwapens op die busbestuurders en passasiers gerig is.

Sello Maremane, woordvoerder van die verkeerspolisie in Gauteng, sê nege van die verdagtes is glo lede van ʼn plaaslike taxivereniging, wat die misdaad glo met behulp van hul veiligheidspersoneel uitgevoer het.

“Die verdagtes is tans by die Orlando-polisiestasie in aanhouding en sal na verwagting van gewapende roof, die onwettige besit en rig van vuurwapens, asook dat die feit dat hulle hul as verkeersbeampte voorgedoen het, aangekla word.”

Dit is nie in hierdie stadium duidelik presies hoe die gebeure verloop het nie.

Volgens Maremane het die polisie beslag gelê op vier gewere, vyf handwapens, ammunisie en twee motors wat in die uitvoer van die misdaad gebruik is.

“Onwettige vuurwapens is die grootste bydraende faktor in ernstige en gewelddadige misdade.”

Dít, sê Maremane, is iets wat die verkeerspolisie onder meer met gereelde padblokkades probeer hokslaan.

Hy sê voorts dat die verkeerspolisie beslissend teen enige gedrag wat die orde en stabiliteit van die taxibedryf bedreig, sal optree, en dat enigeen wat vervoeroperateurs terroriseer of die pligte van verkeersbeamptes naboots, swaar gestraf sal word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

19 Kommentare

Jacobus ·

Daai G3 het nog n teleskoop ook op. Dit is seker wettige wapens waarvoor die eienaar nie n lisensie kon kry nie en dit toe by die polisie moes inhandig, wat nou uitgedeel word aan terroriste wat hulle taxi eienaars noem.

Swerwer ·

Oulik, Pragtig. Wys jou net, die ANC doen nou alles in hul vermoë om die land onbeheerbaar te maak omdat hul misluk het.

Di ·

Wonder net waar hulle aan DIE wapens kom? Taxi’s is in beheer van die land, hulle gaan weer wegkom met ‘n klap op die hand. Daar moet een of ander organisasie wees wat al hierdie onwettige vuurwapens aan die kriminele verskaf.

Nie Verbaas ·

Cele, wat het jy vir jouself te sê oor misdaad wat heeltemal buite beheer is? Maar jy stem seker nog saam met ANC beleid?

Di ·

Cele sal niks te se he nie, hy te besig om politieke mense te BESKERM

Misky ·

Ons kan seker aanneem dat daar heelwat toeriste was in daardie luukse busse in Soweto. Wonderlik, hulle gaan nou wyd versprei hoe dit in SA gaan en dis die laaste sien van hulle en hulle geldjies. Met trots geborg deur die ANC!!!!!

Dries ·

anc is die naam nie werd om in hoofletters uit gedruk te word nie. Vis vrot van sy kop af deur onder toe. anc is meer as net gevrot

JohanR ·

En hier is nou ‘n nuwe plan in SA. Jy kaap ‘n bus, hou die mense gysselaar en vra R10000 om hulle vry te laat. Kom ons sien nou hoeveel van die gebeur nou in die volgende maand. Te lui en dom om te werk soe sit om ‘n vuur. drink goedkaap drand en dink aan hulle volgende plan.

Kokerboom ·

ANC ondersteuningsdienste raak nou desperaat!!!Kom ook agter mens pluk nie geld van bome!!

Spook ·

En hier sit ek in my onnoselheid en dink dat al die misdade in Suid-Afrika met WETTIGE vuurwapens gepleeg word. Dit is mos wat die minister vir ons wil laat verstaan. Of wat sê ek dan nou?

Sarel ·

WS dit Buitelandse Toeriste…?
Onwettige Wapens????stel asseblief tog vir Bheki Cele in kennis

Louise ·

Dit maak nie vir my sin nie. Hoe gaan14 gewapende mans n bus kaap, mense aanhou en R10 000.00 eis?
So elkeen kry dan R714.00, organiseerde misdadigers gaan nie als op die spel sit vir R714.00…
Ek voel net hier is iets anders aan die gang!

Misky ·

Baie waar wat jy uitlig @Louise en nooit so daaraan gedink nie. Dalk is daai ouens se wiskunde net 30% en het hulle nie eens daaraan gedink nie

Hardekwas ·

Alle oorsese kenners en familie moet afgeraai word om dié misdadigersparadys te besoek. Anc, ons gaan julle tot n val bring. Ons sal self swaarkry, maar opfferings moet gemaak word. Soos julle die ou bedeling geboikot het en sanksies voorgestaan het, so sal ons dieselfde met julle doen.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.