Lt.kol. Andre Traut, woordvoerder van die polisie, het gesê die twee mans (albei 51 jaar), is Saterdag vasgetrek toe hulle van Gauteng by die Kaapstadse bushalte aangekom het. “Gedurende die misdaadintelligensie-operasie is ʼn lasbrief gekry om die bus te deursoek,” het hy gesê.
Gedurende die soektog is 2 kg heroïen, 2 kg kokaïen en 2 kg dagga met ʼn geraamde waarde van R2 miljoen in plastieksakke gevind. Die dwelms was in een van die buskompartemente by die bestuurder versteek.
Die verdagtes sal Maandag in die Kaapstadse landdroshof verskyn op ’n aanklag van dwelmhandel.
Het Gauteng nou ‘n oorpopulasie van misdadigers dat die misdadigers nou Wes-Kaap toe trek?
Christa, nou het jy ‘n punt beet. Self ‘n Gautenger, maar die Kaap was altyd so ‘n salige plek in geheel gesien en beleef? Nou al hoe meer drama en misdaad. Met respek gesê, wonder ek of daar nie te veel Gautengers soontoe beweeg nie. Sal so jammer wees as een van die mooiste dele van ons land besoedel word met dieselfde misdaad, die verdra daarvan en ook dat die gees van gejaagdheid daar ook gaan posvat.