Busdrywer geloof vir goeie daad

v.l.n.r. Steve en Sharon Russak, Siphelo en Brett Heron (Foto: Stad Kaapstad)

ʼn MyCiTi-busbestuurder van die Wes-Kaap is dié week vereer nadat hy ʼn vrou met haar handsak, waarin talle waardevolle items soos onder meer haar trouring was, herenig het.

Sharon Russak van Seepunt in Kaapstad het Siphelo Maqubela, die busbestuurder, as haar held bestempel.

Russak het glo sonder haar wete haar handsak Maandag langs die pad laat val toe sy uit haar motor geklim het. Maqubela, wat aan diens was en langs die 108 MyCiTi-roete gery het, het dié handsak langs die pad opgemerk, langs die pad stilgehou en haar handsak opgetel. Hy het daarna glo eers die roete voltooi.

“Toe ek die handsak oopmaak en die juwele daarbinne sien, het ek bang geraak,” het Maqubela in ʼn verklaring van die Stad Kaapstad gesê. “Ek het geweet ek sal die handsak met sy eienares móét herenig. Ek het nie Facebook nie, so ek het een van die passasiers gevra om Sharon te probeer opspoor deur die naam op haar ID-kaart te gebruik. Die passasier het haar toe via Facebook laat weet dat haar handsak in my besit is en ek het my selfoonnommer vir haar gegee.”

Russak het nog nie besef haar handsak word vermis totdat sy ʼn boodskap van Maqubela ontvang het nie.

“Ek was pas uit ʼn vergadering toe ek die boodskap sien om met iemand kontak te maak in verband met my handsak. Ek het eers gedink dat iemand die handsak by my moes gesteel het, want hoekom sou ʼn busbestuurder my handsak by hom hê?”

Russak se man het Maqubela by ʼn bushalte in Houtbaai ontmoet waar hy die handsak aan hom oorhandig het. “Alles was binne my handsak: my trouring, ʼn tweede ring en baie waardevolle oorbelle wat ongelooflik sentimentele waarde vir my het. Ek bedank hom vir sy eerlikheid. Hy is ʼn aanwins vir MyCiTi en het my boonop weer laat glo dat daar wel goeie en eerlike mense daarbuite is.”

Sy vertel haar man was aanvanklik omgekrap omdat sy haar handsak verloor het. Maqubela het tergend hierop gesê: “Ja, ek het hulle huwelik gered.”

Brett Herron, burgemeesterskomiteelid vir vervoer en stedelike ontwikkeling, het dié week ʼn sertifikaat aan Maqubela oorhandig om hom vir sy eerlikheid te bedank. Herron hoop dié daad herstel mense se geloof in die mensdom. Hy bestempel dit ook as ʼn bewys van die soort diens wat MyCiTi lewer.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

20 Kommentare

GALLIE ·

Baie dankie aan Siphelo vir sy eerlikheid. Sy soort is dun gesaai. Ek hoop en vertrou dat baie van ons wat so graag negetawie kommentaar lewer ook hieroor iets positiefs sal se. Nogmaals baie dankie Siphelo.

Wilma ·

Siphelo jys n baie eerlike opregte man. Jy moet beslis baie goeie ouers he of dalk hul al oorl. Dankie dat ons kan glo almal ini wereld is ni sleg of skelm ni. Weereens baie dankie namens die eienaar. Doen so voort. Jys n aanwins vi My Citi

Karolis ·

Mnr. Maqubela,
Absoluut ‘n sprokies verhaal in vandag se samelewing, maar bowenal, prysenswaardig dat jy jou beginsels uitlewe. Hang jou sertifikaat hoog.

E.C. Meyer ·

Baie geluk, Siphelo met jou sertifikaat.
Hoop ons almal het by jou geleer.
Met jou soort van optrede kan daar vooruitgang in die toekoms wees.
Voorspoed.

Lana ·

Dankie, Siphelo. Jy verdien alle respek vir wat jy gedoen het!!

madels ·

Ek is so bly dat Siphelo so n eerlike man is, baie dankie Siphelo, jou ma moet baie trots ook op jou wees vandag want haar opvoeding dra vrug… voorwaar wonderlik wat jy gedoen het, mag die Here jou seen

Piet ·

Ñ Sertifikaat?? Shame kon hulle hom nie maar bietjie meer gegee het nie!

Wat nou? ·

Haar handsak met trouring (en ander waardevolle ringe laat val/ verloor)?
In en uit haar vergadering en nie agtergekom sy het nié haar trouring aan nie? En ook nie agtergekom haar handsak word vermis nie?
Ag nee…komaan!

Pik ·

Hoop julle het n paar $$$$$$ ook gegee vir daai daad dit moet bewys dat crime doesnt pay vir ander mense well done ek is trots op die man

Irma Pistorius ·

Dankie vir eerlike en opregte mense.
Het tydens ‘n roete op ‘n My City bus in Desember ervaar hoe getrou en met respek hul bestuurders hul werk doen.

Een van die gereelde passasiers het aan die slaap geraak. By die stop waar sy altyd afklim het die busbestuurder gesien sy gaan dit mis. Hy het haar saggies wakker gemaak dat sy kon afklim en na haar huis gaan na ‘n lang dag se werk.

EK ·

Dit is so lekker om iets positiefs te lees. Mnr Maqubela ek glo jy het meer as een leser se dag gemaak. Nie net dankie vir jou optrede maar ook vir jou positiewe bydrae tot elkeen wat die berig gelees het.

Julie Jansen Van Rensburg ·

Ek WEET daar is nog baie werklik-eerlike mense daarbuite – net jammer hulle word deur die “ander” tipes oorskadu, maar dit herstel geloof in iemand wanneer sulke eerlikes soos Siphelo na vore kom om te bewys dat daar nog iemand is wat werklik omgee. Welgedaan, Siphelo!

Julie Jansen Van Rensburg ·

Ag-nee, ‘Wat nou” – is jy so perfek dat jy nooit in jou lewe ook fout maak deur dalk aan belangrike dinge dink en nie agterkom dat iets fout is nie? Kry ‘n lewe en juig saam met die ander dat die vrou deur iemand eerlik tegemoetkom is – iemand soos Siphelo.

Cynthia TREDOUX ·

Als wel…maar WAT VAN N FINANSIELE BELONING? Dit staan bekend as n REWARD…vir wat hierdie wonderlike bus bestuurder gedoen het…voorts kan ek nie GLO day jy jou handsak verloor…n VERGADERING bywoon…en dan NOG NIE besef jy het nie jou handsak by jou nie! EISH!

Johan ·

Goed gedaan ou vriend, jy is n rots vir ons Suid-Afrika met jou eerlikheid. Die dame se trouring is in haar handsak saam ander juwele, hoekom? Net mense wat “affairs” het steek hul trouring in hul handsak weg en dra so hul juwele terug huis toe. Trots op die ou maar die dame laat my dink heheeh

Erika ·

So het elke nasie sy goeie mense en elke nasie sy slegte mense!
Well done Siphelo, wens ons kon van jou soort meer maak….Wat dalk Minister van Finansies…. dit is soooo lekker om sulke positiewe goed vir ‘n slag te lees..Wens ons goeies kon saamstaan teen die kriminele/skelms ongeag jou kleur!!.. Sal seker nie realliseer in ons land nie, nê!

kas ·

Haar handsak val uit haar kar toe sy uitklim.Los sy altyd haar handsak in haar kar as sy uitklim.Wat soek haar juwele in haar handsak,dit is hoekom daar kluise is.Hoekom was haar trouring nie aan haar vinger waar dit hoort nie.

ONPLUIS ·

sjoe nee iets is nie pluis nie. as haar handsak uitgeval het, sou sy dit by die pedale van die motor moes hou en toe val dit uit? Hoekom haar trouring in haar handsak? Val? nee dalk gesels langs die pad en dit daar neergesit

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.