Bushiri meld nié by polisie aan – Valke

Shepherd Bushiri en sy vrou, Mary. (Foto: Facebook)

Die Valke het Saterdag bevestig die selfverklaarde profeet Shepherd Bushiri en sy vrou, Mary, het nié by die polisie aangemeld soos hulle ingevolge hulle borgtogvoorwaardes veronderstel is om te doen nie.

Die egpaar wat saam met hulle medebeskuldigdes beskuldig word van betrokkenheid by bedrog en geldwassery van sowat R102 miljoen is verlede week op borgtog vrygelaat.

“Ondersoekers en aanklaers werk sonder ophou sedert dit aan die lig gekom het dat hy [Bushiri] nie by die polisiestasie aangemeld het nie,” het kol. Katlego Mogale, woordvoerder van die Valke, gesê.

Bushiri het vroeër vandag op die Enlightened Christian Gathering Church (ECG) se Facebook-blad aangekondig dat hy en sy vrou terug is in Malawi. Dit is nie duidelik presies wanneer hulle landuit is nie.

(Skermgreep: Facebook)

Die egpaar het ook ʼn rits eise gestel op grond waarvan hulle weer in die hof sal verskyn.

“Die egtheid van die plasings, oënskynlik deur Bushiri, wat lui dat hy in Malawi is, word in hierdie stadium ondersoek.

“Die ondersoek rakende die versuim om aan die hofbevel [oor die voorwaardes vir borgtog] te voldoen, duur voort,” het Mogale gesê.

Bushiri het kort gelede op sy eie Facebook-blad gesê dat hy om 14:00 ʼn spesiale openbare rede gaan lewer wat regstreeks uitgesaai sal word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.

31 Kommentare

jongste oudste gewildste
Oom Hennie Pennie

Valse Profeet. Sy soort moet toegesluit word.

Sarel

Was hulle Paspoorte nie ingetrek nie?

Persheks Adri

Dis juis hoekom hulle nie moes borg gekry het nie, maar nee iemand is mos slim pffft vir R102 miljoen se bedrog! Genade nee die regstelsel is so vir die kriminele en liberale tsssk!

Maggies

Ja, so was ons gewaarsku oor vals profete. Hulle skiet op soos onkruid en die mense volg hulle na. Sonder om te skroom.

JohanR

Bushiri en sy vrou het weer opgestaan……noem hulle sommer Shepherd en Mary Lazarus. 2020 was nie ‘n lekker jaar nie. Dink vir baie was die die slegste jaar van hulle lewens. Maar kan ek voorstel dat die gesegte van die jaar is “Bushiri meld nié by polisie aan – Valke”.