Bushiri ontken verkragtingsklag; sê ‘wit polisiebeamptes’ pers hom af

Die selfverklaarde profeet Shepherd Bushiri. (Foto: Facebook)

Die charismatiese Malawiese prediker Shepherd Bushiri wat in Suid-Afrika teregstaan op verskeie aanklagte, sê die bykomende lasbriewe vir aanklagte van verkragting is deel van ʼn komplot teen hom.

“Ek is nie geskok of verbaas deur mediaberigte oor lasbriewe vir inhegtenisneming nie, omdat dit net deel van die groter kruistog is om my naam in die media te beswadder deur ʼn span van wit polisiebeamptes, vernaam van die Valke,” het Bushiri, leier van die gewilde Enlightenend Christian Gathering Church, gesê.

“Wanneer ʼn lasbrief vir inhegtenisneming uitgereik word,” het hy gesê, “doen wetstoepassingsowerhede daardie inhegtenisneming; hulle lek nie die inligting aan die media uit soos dit nog altyd in my geval met hierdie wit polisiebeamptes is nie.”

Die bykomende lasbriewe is vir verskillende verkragtingsaanklagte wat in onderskeidelik 2018 en vanjaar by die polisie aanhangig gemaak is.

In Augustus het sommige van diegene wat Bushiri beskuldig in ʼn onderhoud met eNCA aangevoer hulle was destyds lede van die kerk en is in ʼn Pretoriase hotel verkrag. Die identiteit van die vroue is beskerm.

Bushiri hou vol die vroue het hom probeer afpers vir geld en voer aan die polisie was betrokke by hierdie afpersing.

“Dit is wit polisiebeamptes teen wie ek in 2018 afpersing- en korrupsieaanklagte aanhangig gemaak het nadat hulle onsuksesvol probeer het om my vir R10 miljoen af te pers. In daardie stadium was hulle duidelik dat ‘versuim om die R10 miljoen te betaal tot onmiddellike weerwraak sou lei’,” het die selfverklaarde profeet gesê.

“Ten spyte daarvan dat hulle die open van sulke sake bevestig het, het die Suid-Afrikaanse owerhede geen tersaaklike stappe gedoen om hierdie wit polisiebeamptes aanspreeklik te hou nie. Pleks daarvan is hulle losgelaat en het hulle op die rug van staatshulpbronne begin met ʼn kruistog om hul misdade te verbloem deur verskeie lasbriewe vir my inhegtenisneming uit te reik.”

Bushiri het gesê dieselfde wit polisiebeamptes het hom in Februarie verlede jaar in hegtenis geneem.

Volgens Bushiri is hy ingelig dat die verkragtingsklagte deur die polisie se eenheid vir gesinsgeweld, kinderbeskerming en seksuele misdrywe – en nie die Valke nie – hanteer word.

“Ek het klagtes aanhangig gemaak oor hoe die Valke meisies werf om klagte van verkragting teen my te fabriseer en het tot dusver geen hulp gehad nie.”

Hy voer aan sommige van diegene betrokke by die aanklagte het later gebieg oor hulle “verkeerde gedrag”.

Bushiri hou vol solank die Valke sy saak ondersoek, gaan hy nie ʼn regverdige verhoor in Suid-Afrika kry nie “omdat daardie wit polisiebeamptes sonder twyfel en duidelik deur wraak en nie geregtigheid nie, gedryf word”.

Bushiri ontken die aanklagte van verkragting.

“Bowenal, as ʼn gerespekteerde man van God, ʼn man en pa verstaan ek dat verkragting ʼn gruwelike misdaad is wat indruis teen alles waarvoor ek staan en waarin ek glo. So ywerig as wat ek is om my naam in ere te herstel, weier ek onteenseglik om die mediaspektakel wat deur wit polisiebeamptes geskep is om hul misdade te verbloem, te voer. My gewete is skoon en sal ook só bly,” het hy gesê.

Bushiri en sy vrou, Mary, het uit Suid-Afrika gevlug nadat hulle op borgtog van R200 000 elk vrygelaat is. Hulle word betrek by bedrog, diefstal en geldwassery van miljoene rande. Lasbriewe ná dié ontsnapping is reeds uitgereik.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

61 Kommentare

Derick ·

Ek wonder of daar enige wit mense in sy kerk is? Vra maar net.

Riaana ·

Daar is letterlik soos 5 witmense in sy kerk… Se maar net ek het gewerk by Pretoria Skougronde waar Kerk venues gehuur het vir hul kerk, hulle is maar n baie rasistiese kerk…

Maggies ·

Nog ‘n rassis. Wat het hy in elk geval in Suid Afrika kom soek. Natuurlik wetteloosheid.

Daniel ·

Daarsy!
Die geheime wapen: die rassekaart!
Glibberige karakter

Hennie ·

Wit polisie… Natuurlik, ons whities is bekend vir ons immorele waardes!

Kaptein67 ·

Busi, skaapwagtertjie, wil jy ook nou die ras kaart speel?

Andre ·

Hy prb simpatie kry deur die wit kaart te speel wonder wat sê Mary oor die klagtes?. Sy Kry ook nooit kans om iets te sê nie! Net die selfverklaarde profeet sê als! Dink hy regtig hy kan die wit kaart speel as ons voor God moet staan ! Nie Jesus of een van sy dissipels, het dit gebruik as verskoning toe hulle onskuldig vervolg was nie. Die woord sê ,as God vir ons is . Wie kan dan teen ons wees! As hy niks verkeerd gedoen het nie ,sal hy mos loskom,en nog meer siele wen vir God

Persheks Adri ·

Hier word die wit mense WEER blameer pffft! Bly dan in jou land voor jy hier kom snert aan jaag tsssk

Rose ·

Wonder watter God jy dien? Jou leuens gaan jou inhaal, geen onskuldige sal vlug nie.

Kerneels ·

Die Woord waarsku ons mos: “Pasop vir die valse profete…”

Misky ·

Hy was te lank in SA en geleer by sy mede broeders….. dis soos n aansteeklike siekte wat hulle optel en rassisme skree en dit as dekmantel gebruik om hulle sondes te verbloem. En dan noem hy homself n man van God – nie my God nie jou valsprofeet!!!

tweeling ·

So nou raak ons rassisties (mooi geleer by ons donker vriende van die staatskaping) en ons is sommer regs geleerd ook. So kan hy vir my sê hoekom Zondo dit in die openbaar bekend gemaak het dat Zuma ‘n lasbrief gaan ontvang? Ja jou gewete is skoon, dit sê al die kriminele want hulle voel hulle word geviktimiseer. Vra maar vir Dudu, Zuma, Jimmy, Malusi, Hlaudi, Memela, Nzdeku, Mokonyane, Kinwana ens arme bloeitjies

Genis ·

Hy het definitief ras oplieding by die korrupte ANC en EFF gekry… Blame it on the white for your despicable deeds… Shame so sad to hide behind your skin colour?

ES ·

Nou hoekom, Mnr Bushiri, sal witmense vir geen rede vir jou teiken as ons ‘n Cele, Zuma en ‘n Malema het wat ons gereeld warm onder die kraag het? Wat maak jou en jou “kerk” kamtig so belangrik?

Jy het geen bewyse of gronde waarop jou beskuldigings geplaas word nie en nou speel jy die rasse-kaart. Daar is baie swartmense wat ook vir die Valke werk wat jou ook in hegtenis geneem het, maar jy noem dit glad nie?

Jou aantuings is lagwekkend.

Pieter ·

HAHAHA, daar kom dit. Die ‘swart’ laat rassisme uit om hom self te verondskuldig. Is jammer dat die meerderheid altyd so teen die minderheid optree om punte te kry en of tronk vry te spring.

Riaana ·

Dis ECG se se Kaart wat hulle nog al die jare speel ‘die rasistiese’ kaart, ons het baie jare gewerk vir Pretoria Skougronde waar die Kerk was en dit was n daaglikse ding as hulle nie hul sin of hul way kon kry, dan was jy uitgemaak as die grootste rassis, maar hulle is verseker groter rasisste as enige witman, ons is n bedreiging in alle opsigte… Maar tog probeer hulle so hard soos ons lyk, loop dink…. Maar kon dit nog nooit regkry!!!

john ·

ok????? Dis nou die wit polisie manne se skuld? Miskien het Jan van Riebeek dit beplan?

Dries ·

Profeet sal jy beter voel as swart polisiebeamptes jou afpers?

Aai ·

Hy speel die rassekaart dat die ANC hom moet jammer kry.Ha Ha is dit nie maar wat hulle almal doen.Sal bly wees as daar nie blankes in sy kerk is dan het hy van sy eie mense gesteel.

ronel ·

Die probleem hier is, dit is heel waarskynlik dat die seepkas prediker so iets sou kon doen, en beslis sal gryp na die ras kaart, maar… dat dit heeltemal moontlik is dat daar n korrupte afpersing in valke geledere sou wees, is nou nie juis asof hulle die eerbaarste lot in die speel grond is nie!

Maritza ·

Snaaks hoe die rasse kaart al hoe meer gebruik word omdat hulle nie verantwoording wil doen vir hulle dade nie

My siening ·

Het gewag vir die ras kaart en net Cele EN CR ondersteun dit met hele ANC EN EFF.

MakersMark ·

Ha ha snaaks as die sondes op die lappe kom is daar altyd ‘n “conspiracy” en dit word ingekleur met so bietjie rassisme. Altyd die slagoffer van die situasie. Hoeveel keer het ons dit nou al gesien ?

Rina ·

Met alle respek, Wie het hom verklaar tot profeet???
As hy dan niks verkeerd gedoen het nie, WAAROM VLUG HY EN VROUTJIE????
Mag God vir hom wag in die lang gras …Wat hy saai, gaan hy maai. Dis sulke mense wat die Heer se naam sleg maak.
En duisende mislei! Gelukkig sien God en baie dwarsdeur hom! Sy straf sal hy kry, God slaap NIE!

Kosie ·

Maklik om weg te hardloop en dan rassisme te skree, gee name en kom verdedig jouself in die hof die regter sal 10 teen 1 swart wees, net soos wat jy dit wil he.

N ·

Dit raak nou die norm. Pleeg misraad en as jy nie die ANC of regters kan omkoop nie dan haal jy die rassekaart uit. Seker apartheid se skuld, al kom hy van Malawi af

Strandloper ·

Ai hul speel altyd die rase kaart as hul in n hoek is. Soooooo voorspelend! Probeer tog onthou wie het Suid Afrika opgebou en wie breek hom nou af!

Piet ·

Sodra hulle die raskaart speel, kan jy maar verseker wees hullle is skuldig.

Magda ·

alweer Wit – – Ons wit se geld was genoeg – As jy mans genoeg is kom bewys dat WIT verkeerd was – MAN OF MUIS ????

Piet ·

Die Africans is besig om my moeg te maak met al hul ras issues. Ek gee voortaan net werk vir wit en bruin mense.

Kerneels ·

Sooo tipies en nou al afgesaag en voorspelbaar… Sodra in ‘n hoek gedruk, word die rassekaart gespeel.

Kerneels ·

Die raskaart word gewoonlik gebruik as daar nie meer ander verskonings oor is nie…

DNA toetse sal die laaste sê hê oor die verkragtingsake… Hoogs ironies dat dit ook ‘n Westerse uitvindsel is.

Rentia ·

Altyd die wit mense… hulle kry die skuld vir alles. Ironies genoeg is ons geld, infrastruktuur goed genoeg?
Selfverklaarde pastoortjie: MAN UP! Kom bewys jou “onskuld” Kom bewys dat jy eerlik gewerk het vir jou R102 miljoen wat per ongeluk in jou bankrekenung beland het en nie daar hoort nie.

Leana ·

Ag weet jy, mens raak nou regtig moeg vir dieselfde storie oor en oor. As dinge nie volgens jou planne loop nie blameer ‘n witmens. Is hulle so pateties dat hulle nie eers hul pak te vat nie, maar nou ja luister eerder wat die massas sê en as hulle regkom dan behoort jy ook met dieselfde storie reg te kom.

Johann ·

Ag asseblief!!! Die Bybel waarsku teen jou soort. SELF AANGEWESE VALS PROFEET!!!!!

Jessey ·

Het hy die Polisieman se van gekry? Was dit dalk van Riebeeck?

Hoekom ·

Oh ja, natuurlik is dit die witmens se skuld. Julle is mos altyd onskuldig en eerbaar.

Darem weet God jy gebruik net sy naam om jouself te veryk en om meisies te lok vir jou pedofiel wandade…

Connie ·

Nee jy speel nou die rassiese kaart, vat pak soos n man. As jy dan n man van God was, hoekom al die klagtes van bedrog, diefstal en geldwassery teen jou. Vra maar net.

Saartjievandiebosveld ·

Hierdie is ‘n glibberige man…skuil soos gewoonlik agter rassekaart. Hulle is so goed met lieg en bedrieg. …hulle hoef dit nie eers te leer nie….
Sies vir jou wat sê jy is ‘n man van god. ..verseker dien jy nie my GOD nie

Hoekom ·

“Enlightenend” Bwhahahahahahaha. As jy rerig ‘n profeet van God was sou Hy jou dalk gehelp het om dit reg te spel…

Bernard ·

Ag Bushiri, jy het ook nou, soos AL die ander wat misdrywe gepleegd het, op die “WIT” wa geklim en alles wat wit is, beskuldig. So terloops, die Valke bestaan nie net uit wit beamptes nie.
Ek hoop jy word uitgelewer aan Suid Afrika en ek hoop dat die reg sy volle gang sal gaan en jy sal boet vir jou dade.

MammaVan Mayville ·

Bushiri dink hy is untouchable maar die Here slaap nie, hy sien als raak.

JM ·

Man van God?! God laat Hom nie bespot nie: ons God is ‘n verterende vuur. Wat jy saai sal jy maai. Pasop, vals profeet!

Oom Hennie Pennie ·

Die waarheid sal hom inhaal en onthou God slaap nie. Hy kan lieg vir mense maar nie vir God nie.

Chris ·

Ek wonder maar net of Prins MALema hom nie gehelp het om terug te keer na Malawi en hom goed bearbei het oor op wie hy nou die skuld moet pak nie. Nes Zummy, probeer hy homself hoër as die wet ag en as die sogenaamde “god’s man” dan hom ann GEEN van die dinge skuldig gemaak het nie, hoekom het hy landuit gevlug? Kry jou geloof in plek Bossies Bushiri, anders gaan jy vir baie lank vir Ou Nick help vuur maak.

Roggeveld ·

So die valse pastoor is nie net ‘n dief nie, hy is ook ‘n rassis!

Roggeveld ·

Vir so ‘n jong laaitie het hy darem ‘n gladde bek! Laat my baie dink aan daai Joodse laaitie van die EFF.

Susan ·

Se hy wat met ‘n diplomatieke paspoort die land uit is……

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.