Bushiri: Opod ondersoek steeds klagte van afpersing

Die “profeet” Shepherd Bushiri. Foti: Facebook

Die onafhanklike polisie-ondersoekdirektoraat (Opod) ondersoek steeds aantygings van die selfverklaarde profeet Shepher Bushiri, sê Ndikela Cola, woordvoerder van Opod, hoewel die ondersoek bemoeilik word deur die feit dat Bushiri landuit gevlug het.

Bushiri se regsverteenwoordiger het in 2018 namens hom aanklagte van korrupsie en afpersing teen die polisie aanhangig gemaak.

Bushiri beweer dat die betrokke polisiebeamptes wat destyds bewerings van verkragting teen hom ondersoek het, hom probeer afpers het om vir hulle kontant te gee in ruil daarvoor dat hulle die verkragtingsklagte teen hom sou laat verdwyn.

Opod moet belangrike inligting rakende die bewerings teen die polisie en getuieverklarings van Bushiri bekom om sodoende ondersoek na sy bewerings in te stel.

Bushiri en sy vrou, Mary, het verlede week na Malawi gevlug kort nadat hulle op borgtog vrygelaat is. Daar is reeds met die proses begin om die Bushiris te laat uitlewer.

“Sy swak samewerking, besige skedule en nie-beskikbaarheid het die ondersoekproses tot stilstand gebring aangesien belangrike inligting wat benodig word om met die proses voort te gaan, nie van hom as die slagoffer in hierdie saak verkry kan word nie,” sê Cola.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

10 Kommentare

domheks ·

Wat ‘n grap is ons regsttelsel nie! Julle moes mos daaraan gedink het dat hy sal vlug. Maar vir ‘n profeet is hy maat ‘n swak voorbeeld. Net soos a n c ….

Riaana ·

Oe nee tog, Bushiri is baie better as enige minister of President in SA, sy foute is soos n druppel in n emmer teen ons regering, FEITE… AL HOEKOM BUSHIRI’S TOEGESLUIT WAS IS OMDAT HULLE GEWEIER HET OM LANGER OMKOOP GELD AAN SA TE BETAAL… HIERDIE MENSE WAS UIT GEBYT DEUR SA EN OMDAT HULLE SLIMER IS AS ONS DOM REGERING WORD HULLE UITGEMAAK VIR DIE ERGSTE.. Hulle het nie MOORD gepleeg nie, nie VERKRAG nie, dis bedrog, PRESIES WAARAAN DIE ANC OOK SKULDIG IS, hulle bedrae is net baie minder as die ANC se bedrog bedrae, en ja almal is suur want uitlanders moes aan ons bewys watse dom clowns run clown-afrika, so SA regering kry vir julle… Ouma het gebak????????????????????

Phillip ·

soos die prisedit van die ander land ook ontsnap het iut SA kan MM nog daai saak onthou dalk

Cornelius ·

Dit klink soos n verskoning vir hulle swak werk. Hulle het oorgenoeg tyd gehad voor die Pastoor gevlug het om die saak aan te spreek.
Maak nie sin nie, miskien is die aantuigings
teen die polisie waar.

Persheks Adri ·

Tussen die klomp en die pote gaan daar beslis ‘n groot gelieg van kom pffft. Die regstelsel moes gedink het, maar nee hulle is slim baie slim tsssk. Geld praat

Kanjynoumeer ·

Banana Republic, wat n sirkus!
My Ouma het altyd gesê ‘Sie’
Nou kan ek ook sê ‘Sie’, Ga en net my kop skud in ongeloof oor wat in Suid Afrika aangaan.
Jy kan net naaar raak.

Sênet ·

As wat hy sê waar is, hoekom het hy dan gevlug? As hulle sy reisdokumente het, hoe het hy dit reg gekry om land uit te vlug, het n vermoede hy het iemand om gekoop om hom te help, dit was darem net te maklik en te vinnig gewees?

Hennie J ·

Opod ondersoek die saak al sedert 2018. Ons is veels te haastig om nou al n resultaat te verwag!

Keelvol ·

Die feit dat die “pastoor” land uit gevlug het behoort n aanduiding vir opod te wees dat hy leuens loop en praat. Hy belieg ander om homself te veronskuldig.

Cornelius ·

Die Profeet Bushiri en Mary. Ek wonder of die naam Mary n aangenome naam is. Hulle is nie die enigste “profete” uit Afrika wat hier sending werk doen. Laat n mens wonder hoekom Suid Afrika so n trekpleister vir die Afrika “Profete” en hulle Mary’s is.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.