‘Bushiri se dossier nié gesteel,’ sê departement van justisie

Shepherd Bushiri en sy vrou Mary in die hof (Foto: Nasionale Vervolgingsgesag via ANA)

Die departement van justisie en grondwetlike ontwikkeling in Suid-Afrika het Dinsdag gesê dat die dossiere van Shepherd Bushiri, leier van die Enlightened Christian Gathering Church (ECG), sy vrou, Mary, en vier ander beskuldigdes nie gesteel is nie. Dit volg nadat ʼn video versprei is wat glo wys hoe twee vroue haastig dokumente verwyder toe die landdros uit die Pretoriase landdroshof stap.

Steve Mahlangu, woordvoerder van die departement van justisie en grondwetlike ontwikkeling, sê die departement neem kennis van die video’s en foto’s wat op sosiale media gedeel word.

“Die departement het die video’s en foto’s op sosiale media gesien wat sou beweer dat dokumente van toepassing op die saak van Bushiri, sy vrou Mary, Willah en Zethu Mudolo en Landiwe Ntlokoane Maandag onwettig verwyder is tydens die verrigtinge in die landdroshof.”

Hy sê daar is ondersoek ingestel en vasgestel dat die dokumente deur ʼn hofbeampte verwyder is om aan ʼn joernalis wat oor die klagstaat navraag gedoen het, te wys.

“Dit is ʼn normale proses in die hantering van hofstukke,” sê Mahlangu.

Mahlangu sê die departement het ʼn volledige ondersoek gedoen en daar kan bevestig word dat die landdros se aantekeninge op die bank in besit is van die betrokke hofbeamptes.

“Dit is ʼn standaardpraktyk vir die klerk van die hof om die klagstaat, soos die bewaarder van die hof aanteken, op te haal vir verdere verwerking en berging.”

“Die interaksie tussen die klerk van die hof en die joernalis wat in die video en foto’s gesien is, was gebaseer op die joernalis wat versoek het om die klagstaat te sien. Dit is toegelaat en impliseer nie dat enige dokumente uit die hofsaal verwyder is nie. ”

Mahlangu het gesê daar moet verder daarop gelet word dat alle dossiere in die besit van die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG) is nadat dit van die ondersoekbeampte in die Suid-Afrikaanse Polisiediens ontvang is.

“Die dossier word nooit aan ʼn landdros of regter gestuur wat ʼn saak aanhoor nie. Daarom was die dossier nie deel van die dokumente wat uitgeruil is tussen die hofbeamptes wat in die video’s of foto’s gesien is nie.”

Maroela Media het vroeër berig die Bushiri-egpaar word saam met ’n ander egpaar van betrokkenheid by bedrog en geldwassery ten bedrae van R102 miljoen aangekla.

Die beskuldigdes sal na verwagting weer Woensdag in die hof verskyn wanneer hul borgtogaansoeke aangehoor word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Persheks Adri ·

Nee wat vir R102 miljoen is enige iets moontlik en as ons die berigte lees van al die korrupsie wonder ek mmmmm. Sluit hulle maar toe en gooi die sleutel weg hulle kan die geld terug betaal met rente! Moenie maak of jy so heilig is nie asb ek kan iets oor kom pffft

Mad Mike die Rhodesiër ·

Dis hopelik nie nog ‘n wolhaarstorie hierdie nie…

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.