Bushiris hoor eindelik oor borgtog

Die Bushiri-egpaar (Foto: ANA)

Die selfverklaarde profeet Shepherd Bushiri en sy vrou, Mary, is onder streng voorwaardes op borgtog van R200 000 elk vrygelaat.

Die egpaar, wat by die Enlightened Christian Gathering Church (ECG) betrokke is, het Woensdagoggend weer saam met twee van hul medebeskuldigdes in die Pretoria-landdroshof verskyn nadat hul borgtogaansoeke die afgelope twee weke verskeie keer uitgestel is.

Die Bushiri-egpaar is borgtog toegestaan op voorwaarde dat hulle die oorspronklike titelakte van hul eiendom in die Midstream-landgoed in Centurion aan die staat oorhandig.

Die egpaar se bewegings word ook beperk tot Gauteng en Noordwes totdat die saak afgehandel is.

Die Bushiris moet ook elke Maandag en Vrydag by hul plaaslike polisiestasie aanmeld totdat die saak afgehandel is en word verbied om met die staat se getuies in te meng.

Dié twee voorwaardes geld ook vir hul medebeskuldigdes Zethu Mudolo en Landiwe Ntlokwana wat onderskeidelik borgtog van R20 000 en R100 000 toegestaan is.

Willie Mudolo het nog nie aansoek om borgtog gedoen nie, maar sal na verwagting Vrydag sy aansoek bring.

Al vyf beskuldigdes moet dán weer in die hof verskyn.

Maroela Media het vroeër berig die Bushiri-egpaar en hul medebeskuldigdes word van betrokkenheid by bedrog en geldwassery ten bedrae van R102 miljoen beskuldig.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

11 Kommentare

Androclus ·

Hulle kan daardie geld betaal,want hulle sit dan met miljoene

Persheks Adri ·

Kyk die borg bedrag vir R102 miljoen!!! Ek sal ‘n aar bars regtig! Hierdie stelsel is nie reg nie

Hannelie ·

Darem maar verskriklik dat iemand die naam van die Here en n “kerk” kan gebruik om hulle koffers vol te maak en bedrog van hierdie omvang te pleeg. Nog meer verstommend dat hulle soveel steun kry van sogenaamde “gemeente lede” ten spuite daarvan. Hulle gaan verantwoording moet doen daarvoor eendag en sal nie ongestraf bly nie.

Jessey ·

Vinnig vinnig op ‘n vliegtuig hop. Vra die Guptas en Grace Mugabe, hulle sal jou vertel hoe maklik dit is

Hercules ·

lekker lag ek, hulle kan sommer die weermag straler bespreek en die hele ANC regering saam vat!!

Hennie J ·

Miskien nie so n treurspel as hulle wel vlug nie. Die duur hofsaak stop, die staat is R400000 ryker en een of ander grootkop staatsdiens kader gaan die huis vir n appel ei koop. Welkom in piesangland!

Riaana ·

So het elkeen van ons geramtes in die kas.. Hle was en is verkeerd, maar het ook 1000de honger mondtjies gevoed, en met al hle sleg het hle ook baie goed gedoen… Seker maar vir n prys… maar weet persoonlik miljoene het finansieel ook voordeel getrek uit di Bushiri ‘s uit, so kom ons oordeel nie, God sal oordeel net soos elkeen van ons nog geoordeel gaan word, ons is nks better as hle as ons oordeel ni, dis nie vir ons om te oordeel ni, dit was nog nooit ni

Hercules ·

hulle is:

“narsistiese, patologiese, kompulsiewe, skynheilige, jezebel leuenaars – hulle gee nie om as hulle niemand bevoordeel nie; hulle is koue, berekende, manipulerende, selfsugtige mense, en hulle dink glad nie aan ander nie behalwe om hulself te bevoordeel nie; meestal toon hulle glad nie emosie nie; narsistiese, kompulsiewe leuenaars glo dat hulle wonderlik is, dat alles aan hulle fantasties is en dat hulle op alles geregtig is en ander blameer ander vir hulle eie kortsigtheid”

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.