Die ad hoc-komitee wat op die been gebring is om die OB aan te wys, het in Augustus op Mkhwebane, ʼn voormalige senior bestuurder by die departement van binnelandse sake en tans ʼn ontleder by die staatsveiligheidsagentskap, as finale kandidaat besluit. Die komitee het op Mkhwebane besluit nadat die vyf kortlyskandidate deeglik onder die loep geneem is.
Minstens 60% van die Nasionale Vergadering moes vandag vir Mkhwebane stem voordat pres. Jacob Zuma haar benoeming kan bekragtig. Altesaam 263 LP’s het vir Mkhwebane gestem, terwyl 79 teen haar benoeming gestem het. Die DA was die enigste party wat teen haar as kandidaat gestem het, terwyl Cope buite stemming gebly het.
Die DA se beswaar teen Mkhwebane sluit in dat sy tydens haar onderhoud geen redelike verduideliking kon bied waarom sy haar amp by die departement van binnelandse sake verlaat het vir ʼn laer rang in die intelligensiedienste nie. Die partye het ook gesê Mkhwebane se praktiese ervaring is nie voldoende om haar aanstelling as OB te regverdig nie.
Die huidige OB, Thuli Madonsela, se termyn sal in middel Oktober verstryk.
Ek hoop die beweringe van partydigheid is ongegrond. Anders gaan Stortkop rustig lewe gedurende sy laaste 2 jaar as hoofnar.
Die ekonomie ‘groei’, die Guptas is veilig… sover, die nuwe OB is in die sakkie, die brandpoel is vol water… net dalk word ek weer die prez vir nog ‘n termyn… so droom die Zoeloe-oom oppad huistoe na ‘n idilliese week in kammaland….