Busisiwe Mkhwebane stappie nader aan OB-pos

Adv. Busisiwe Mkhwebane

Adv. Busisiwe Mkhwebane

Adv. Busisiwe Mkhwebane is een stappie nader om as die volgende openbare beskermer (OB) ingehuldig te word nadat haar benoeming Woensdag in die Nasionale Vergadering aanvaar is.

Die ad hoc-komitee wat op die been gebring is om die OB aan te wys, het in Augustus op Mkhwebane, ʼn voormalige senior bestuurder by die departement van binnelandse sake en tans ʼn ontleder by die staatsveiligheidsagentskap, as finale kandidaat besluit. Die komitee het op Mkhwebane besluit nadat die vyf kortlyskandidate deeglik onder die loep geneem is.

Minstens 60% van die Nasionale Vergadering moes vandag vir Mkhwebane stem voordat pres. Jacob Zuma haar benoeming kan bekragtig. Altesaam 263 LP’s het vir Mkhwebane gestem, terwyl 79 teen haar benoeming gestem het. Die DA was die enigste party wat teen haar as kandidaat gestem het, terwyl Cope buite stemming gebly het.

Die DA se beswaar teen Mkhwebane sluit in dat sy tydens haar onderhoud geen redelike verduideliking kon bied waarom sy haar amp by die departement van binnelandse sake verlaat het vir ʼn laer rang in die intelligensiedienste nie. Die partye het ook gesê Mkhwebane se praktiese ervaring is nie voldoende om haar aanstelling as OB te regverdig nie.

Die huidige OB, Thuli Madonsela, se termyn sal in middel Oktober verstryk.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Anoniem ·

Ek hoop die beweringe van partydigheid is ongegrond. Anders gaan Stortkop rustig lewe gedurende sy laaste 2 jaar as hoofnar.

John ·

Die ekonomie ‘groei’, die Guptas is veilig… sover, die nuwe OB is in die sakkie, die brandpoel is vol water… net dalk word ek weer die prez vir nog ‘n termyn… so droom die Zoeloe-oom oppad huistoe na ‘n idilliese week in kammaland….

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.