Busongeluk: Dodetal styg; busse bekyk

Die ongelukstoneel. Foto: Chester Makana/ANA

Die ongelukstoneel. Foto: Chester Makana/ANA

Die dodetal in Sondagmiddag se busongeluk in die Magoebaskloof-gebied in Limpopo het gestyg.

Kaiso Moatane, woordvoerder van die departement van vervoer in Limpopo, het gesê minstens 10 mense, onder wie ʼn baba, is reeds in die ongeluk dood terwyl minstens 60 beseer is. Maroela Media het vroeër berig die bus, wat kerkgangers vervoer het, het op die R528 omgeslaan.

Volgens Moatane het die departement ʼn versoek gerig om die Great North Transport (GNT)-maatskappy se busse by sy Tzaneen-depot te ondersoek. “Ons weet nog nie presies wat die ongeluk veroorsaak het nie. Al wat ons weet, is dat die bestuurder beheer verloor en die bus omgeslaan het.”

Moatane het gesê beamptes van die departement is in aanraking met GNT se bestuur en sal sorg dat die busse nagegaan word om seker te maak dit voldoen aan die nodige standaard. Mapula Mokaba-Phukwana, LUR vir vervoer in Limpopo, sal intussen Maandag van die beseerdes in hospitale besoek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

12 Kommentare

jan ·

Altyd so vinnig om busse te ondersoek…….wat van die bestuurders daarvan? Dis gewoonlik ‘n bydrae van albei wat hierdie ongelukke veroorsaak. Die standaard van SA se “PDP” toets stelsel laat veel te wense oor, vir beide voertuie sowel as bestuurders. En moenie korrupsie daarby weglaat nie. Geld wat stom is, maak reg wat krom is. Wens Carte Blanche wil ‘n ondersoek hieroor doen.

Rika ·

Die ongeluk was nie in Magoebaskloof nie, maar wel in Georges Valley.

Toela Lambrechts ·

Dankie Rika, ek het gewonder waar het die ongeluk nou eintlik plaasgevind. Magoebaskloof is darem nie Georgesvally nie.

NEL ·

Wonder of Moatana kan tel, soos gewwonlik kan hulle nie getalle uitspreek nie want skool bywoning was maar swak. Seker weer totaal oorlaai gewees. Ons moet onthou dat buste word nie met mense oorlaai nie , maar met die bagasie wat daarmee saamgaan. Daar was seker maar ‘n probleem met ‘n moer wat iewers losgekom het . Julle moet weet dat brieklaers rook in het, as dit uitkom het jy probleme en gaan die bus weghartloop met jou.

P. Buizer ·

Die skryfster bedoel seker “busse” en nie “buste” nie. Vir haar inligting, daar is verskil tussen die twee.

Jackie ·

Ek bly in Tzaneen en die Great North bus drywers ry regtig soos hooligans op die pad, hul stop nie by stop straat nie, een het nou die dag voor my ingery toe ek die kinders by die skool moes aflaai, opad werk toe stop hul net eenvoudig dood in die pad om mense af te laai.
Hul het nie ‘n saak met die padreels nie.

Eliza-beth ·

Ek het al agtergekom baie busse is wel nie padwaardig nie. Maar dan dink ek die bestuurders daarvan is ook nie juis “bestuurwaardig” nie. Ek wonder hoeveel van hulle word spesiaal opgelei oor wat om te doen in ‘n noodgeval? Busse behoort ook soos vliegtuie by elke omdraaipunt weer hernagesien word, maar dis ‘n geval van ry en kry klaar, osn moet geldmaak. Busbestuurders moet baie meer gereeld getoets word vir hul rybewyse asook wat hulle sal doen in sekere omstandighede.

Louise ·

Ek het ook al gesien hoe die busse ry, die drywers bestuur daai busse asof dit n minibus is.
En niemand kan niks se nie. Mens moet maar net HOOP en BID hulle ry nie bo oor jou nie.
En moet my nie se op daai SPOED waarmee hulle ry dat daai BUS indien n krisis dadelik tot stilstand kan kom nie.
Maar so ook al die swaar voertuie.
Maar wanneer daar n ongeluk is dan word daar gese BEHEER verloor.
Geen mens kan oor enige voertuig beheer behou wanneer daar so gejaag word nie.

bestuurder ·

Dis KOMMERWEKKEND om te sien hoe die mense op daai pad ry. Wens hulle wil die pad weer toe maak vir swaarverkeer. Die Georges Valley pad en Magoebaskloofpad is nie gemaak vir swaar voertuie nie. Maar wie kan omgee as die verkeersowerheid niks wil doen nie. Magoebaskloof is darm nou mooi oorgedoen en ry lekker MAAR Georges Valley is risky want daar is geen geelstrepe om te kan aftrek nie en nog minder plek vir die FIETSE wat ook soms op die pad gekry word nie. SWAK!!!!

Elsje ·

Busbestuurders ry net soos die taxi-bestuurders. Geen padreels geld mos vir die klomp nie. Elke dag voel ek die haat binne my opbou.

Piet Pompies ·

Rapporteer, rapporteer, rapporteer…..
Rapporteer swak bestuurders aan die eienaar, maak seker jy het al die bewyse.
Het dit onlangs gedoen en bewyse verskaf deur middel van foto’s (dash cam) waar twee swaar voertuie nie volg afstande gehandhaaf het en ander pad gebruikers nie die twee voertuie op die enkel baan kon verbysteek. Die eienaar het die bewys van optrede teen die voertuig bestuurders verskaf.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.