Busongeluk na man bestuurder doodskiet

Foto: Crisis Medical

Foto: Crisis Medical

ʼn Bus het Vrydagoggend van ʼn snelweg in Tongaat, KwaZulu-Natal, afgery nadat die bestuurder deur een van die passasiers doodgeskiet is.

Lt. Nqobile Gwala, woordvoerder van die polisie, het gesê die voorval het net na 06:00 op die Watson-snelweg gebeur. Die bus was glo vol passasiers toe ʼn man ʼn vuurwapen uitgeruk en geld by die busbestuurder geëis het. Die bestuurder is in die kop geskiet en die bus het van die pad af gery en teen ʼn wal tot stilstand gekom, het Gwala gesê.

“Die skieter het van die toneel af gevlug sonder om enigiets te steel en is steeds op vrye voet,” het Gwala gesê.

Kyle van Reenen, woordvoerder van Crisis Medical wat na die toneel ontbied is, het gesê die bestuurder was met hul aankoms reeds dood. Die passasiers was ongedeerd.

ʼn Saak van moord word ondersoek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

12 Kommentare

Gesiggie ·

Goeie genade…. nou word daar sommer geroof op n bus ook??? en dit terwyl die bus bestuurder moet ry?? Ek hoop die man word gou opgespoor om te betaal vir wat hy gedoen het? Jammer aan die Bus bestuurder wat sy lewe moes verloor… hierdie land val uit mekaar”’

Tiger ·

Busbestuurders sal maar in ‘n koeelvaste “hok” moet sit en bestuur!Wat ‘n land om in te bly !

Buurman ·

Nou het ek van alles gehoor!!!!Net in die land waar die snaakste goed gebeur.

Adri ·

Ná twee valse berigte op Maroela Media glo ek niks meer wat ek vandag, 1 April, hier lees nie.

Jo ·

Adri, as hierdie wel ‘n Aprilgek grap is, moet ek se dat dit uiters swak smaak van Maroela Media sal wees. Mens kan nog met die politiek spot maar nie met die dood nie. Ek glo darem nie dat Maroela Media tot sulke laagtes sal daal nie.

Landi Slatter ·

Dagsê

Maroela Media het wel ‘n paar Aprilgekdag-berigte gelaai, maar ons kan bevestig dat hierdie nie ‘n Aprilgek is nie.

Groetnis
Landi
nms Maroela Media

m ·

WTF… wat het die mal ding nou gedink. Almal kon dood gewees het agv die ongeluk… Only in Africa!!!

Snip ·

Liewe aarde, dit kon ernstiger gewees het. Wat van as ander voertuie ook betrokke was. Gelukkig het geen passasiers nie seer gekry nie en baie jammer vir die busdrywer. Dis so onnodig. Hoop hy word gevang voor nog `n busdrywer sterf.

Frikkie Frederick Botes ·

Ek glo niks vandag nie want april grappe is oral

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.