Busongeluk: Name van slagoffers bekend

Intercape-busongeluk in Welkom in die Vrystaat (Foto: SAPD)

Ses van die agt persone wat Maandag in Welkom in die Vrystaat in ʼn busongeluk gesterf het, se name is bekend gemaak. Twee van die slagoffers moet nog positief uitgeken word.

Brig. Motantsi Makhele, woordvoerder van die polisie, het die slagoffers as volg uitgeken:
– Saith Iminathy Libalele (1 jaar 10 maande oud) van Kimberley;
– Kwanda Nokukhanya Nzuza (27 jaar oud) van Durban;
– Noluthando Sibiya (27 jaar oud) (tuiste onbekend);
– Luthando Mmbabatho Mgoma (10 maande oud) van Durban;
– Tyrique Tyler Nortjie (3 jaar oud) van Durban; en
– Ntuthuko Samkelo Buthelezi (32 jaar oud) van Durban (busbestuurder).
– Twee slagoffers moet nog uitgeken word.

Maroela Media het vroeër berig die Intercape-bus was via Welkom en Bloemfontein van Durban na Upington op pad. Die bestuurder het na bewering Maandagoggend omstreeks 03:00 beheer verloor oor die voertuig by ʼn sirkel in Almaweg in Welkom. Die bus het omgeslaan. Altesaam 46 persone is beseer.

Die Vrystaatse departement van gesondheid het vroeër gesê een van die busbestuurders (Buthelezi) het hom aan ʼn boom naby die ongelukstoneel opgehang.

Die polisie ondersoek ʼn saak van strafbare manslag en doen ʼn geregtelike doodsondersoek.

“Intercape is geskok deur en hartseer oor die ongeluk. Ons wil ons diepste meegevoel met die families van die oorledenes betuig. Intercape betreur die ongeluk,” het Pieter Louw, woordvoerder van Intercape, gesê. Hy het bevestig die bus was padwaardig en het twee weke gelede ʼn sertifiseringstoets ondergaan. “Die busbestuurder was opgelei en is aangestel as ʼn professionele bestuurder. Die bestuurder was ook bekend met die spesifieke roete,” het hy gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

ella ·

Ek het in januarie 2019 met die intercape gery van jhb na George. n nagmerrie. dit was so erg dat n dame met haar baba opgestaan het en vir die drywer gevra het om stadiger te ry. anders was ons ook nog statistiek. Van die drywers is baie onverskillig.

Guve ·

Stem, self al mt Interkaap gery, dis n nagmerrie , ongeskik, onverskillig, ht selfs n klagte gaan le, niks van gekom ni, ni eers n verskoning ni, nooit ooit weer.

pappi ·

Stem ella…..my seuns woon in George…Afgelope 10 jaar elke twee maande het ek met intercape hul besoek…die afgelope drie jaar het dinge begin verander…arrogante Busbestuurders…. Nagmerrie Trips!!!! jy Bid om lewendig jou Bestemming te kan Beriek….En ook mos nie meer die dames op die bus wat die passasiers vriendelik behandel en bystaan nie….All about the Money!….Jy as passasier is net n nommer….Nou Vlieg ek eerder…Kos in elk geval meeste van die tyd min of meer dieselfde!

Spokie ·

Ek ry redelik gereeld met Intercape. Nog nooit kon ek kla oor die manier waarop du busdrywer ry. Elke keer nog is ek vriendelik behandel en het hy sy spoed gery wat hy moet. Weet nie of ek gelukkig was. Maar kan regtig nie kla oor die manier waarop ek behandel is. Sterkte met die naasbestaandes van die tragiese ongeluk

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.