Busongeluk: Oorskot van oorledenes terug na Zim

Die ongelukstoneel. Foto: Verskaf

Die liggame van nege Zimbabwiërs wat dood is in ʼn busongeluk in Limpopo is Donderdag amptelik aan owerhede van Harare oorhandig tydens ʼn geleentheid wat by ʼn provinsiale hospitaal in Polokwane gehou is.

Die geleentheid is deur verskeie senior beamptes van Limpopo se departemente vir gesondheid en vervoer bygewoon, onder wie Makoma Makhurupetse, LUR vir gemeenskapsveiligheid en vervoer.

“Dit was ʼn emosionele en hartseer voorval. Dit is veral emosioneel vir die families wat hul geliefdes verloor het. Hierdie mense het Vrydagoggend gesterf in ʼn ongeluk ongeveer 20 km vanaf Polokwane in Westenburg,” het Henry Mukonoweshuro, Zimbabwe se konsulgeneraal, aan African News Agency gesê.

Mukonoweshuro het die Suid-Afrikaanse regering en sy agentskappe soos die Padongelukkefonds bedank dat hulle die oorledenes se families en die beseerdes bystaan.

“Ons is dankbaar teenoor die Suid-Afrikaanse regering wat deur die Padongelukkefonds kiste en volle begrafnisdienste deur drie begrafnisondernemers verskaf het. Hulle staan ook pa vir die mediese koste van die beseerdes wat nog gehospitaliseer is. Intercape [die busmaatskappy] het vertroostinggeld beskikbaar gestel en verskaf vervoer en kos aan die oorledenes se families. Hulle het ook ʼn bus vir familielede beskikbaar gestel,” het Mukonoweshuro gesê.

Hy het gesê die Zimbabwiese regering het deur die land se burgerlike beskermingseenheid kos en geld aan die oorledenes se families gegee toe hulle in Suid-Afrika aangekom het. “Albei lande het ook gereël vir die veilige vervoer van die oorskot van die oorledenes.”

Daar was 61 insittendes in die bus ten tyde van die ongeluk Vrydag. Nog ʼn busongeluk, ook verlede week, in Limpopo het tot die dood van 11 Zambiese burgers gelei wat vanaf hul tuisland na Suid-Afrika gereis het. Talle mense is ook in dié ongeluk beseer.

Mukonoweshuro het gesê gegewe die gereelde voorkoms van busongelukke, sal dit gepas wees om strenger reëls rakende busvervoer in te stel. “Daar is rede tot kommer en daar moet verseker word dat bestuurders genoeg gereelde blaaskanse kry en uitgerus is wanneer hulle aan diens is. Daar moet ook verseker word dat bestuurders in goeie gesondheid is. Ons moet kyk na die tye wanneer [busse] op die pad is. Miskien moet hulle dit vermy om in die nag te ry.”

Die Zimbabwiese bestuurder wat agter die stuur was toe die ongeluk Vrydag plaasgevind het, staan tereg op aanklagte van strafbare manslag. Hy is Dinsdag borgtog in die Polokwane-landdroshof geweier.

Kol. Moatshe Ngoepe, woordvoerder van die polisie, het gesê George Themba, wat ook van Harare afkomstig is, staan ook tereg op ʼn bykomende aanklag van roekelose en nalatige bestuur. Sy saak is tot volgende maand uitgestel.

Die 41-jarige busbestuurder is in die hospitaal opgeneem ná die ongeluk toe hy beheer oor die bus verloor en dit op die N1 op pad na Gauteng omgeslaan het. Themba is Maandag in hegtenis geneem toe hy na Zimbabwe probeer vlug het nadat hy uit die hospitaal ontslaan is. Polisiebeamptes het hom gevind waar hy in ʼn sleepwa vol goedere wegkruip wat na Zimbabwe op pad was.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

12 Kommentare

Se wie ·

Ja ne. En hier wag ons sa burgers baie jare voor hulle ons uitbetaal.

possie ·

presies net so. ek weet van iemamd wat al15 jaar wag. hy het eendag by pof se kantore ingestap en gevra of sy “saak” ooit aangemeld was. on te hoor na 15 jaar, was die saak nog “,pending.” wat kan 15jaar vat? wie weet hoe lank gaan hy nog wag. maar nou weet ons ook hoekom!

C ·

Suid Africa – die land van melk en heuning. Solank jy net nie ‘n earlike burger van die land is nie.

Gemaskerde Sopbeen ·

Hoekom bedank julle die “regering” vir die bydraes uit die padongelukke fonds? Is dit nie die gewone burger wat daardie fonds vet hou met die R5,30 wat die regering uit elke liter brandstof gryp nie? Dis so R200 miljoen per dag…..hoor ek….en tog is die padongelukke fonds bankrot ge-eis deur meesal “besoekers” uit die noorde……wat na ‘n ligte stampie deur ‘n taxi die grootste show opsit……gehelp word deur ‘n baie gewillige prokurower…en dan met die wins ‘n kuka-shop in die townships begin nie? Nie dat ek al ooit met mense gepraat het wat hulle winkel so begin het nie…….

Anoniem ·

Die einste Padongelukkefonds wat ten duurste met ons geld onderhou word. Ek wonder net of Zimbabwe dieselfde vir SA burgers sal doen.

GM ·

Ek het simpatie met die oorledenes se naasbestaandes, maar dit is verregaande dat die belastingbetalers vir als moet betaal. Ek sien nie dat hulle jaag om die naasbestaandes van plaasmoordslagoffers by te staan nie (of enige ongeluk waarby ‘n sekere minderheidsgroep se mense by betrokke is nie).

Lizzy ·

“Ons is dankbaar teenoor die Suid-Afrikaanse regering”… Wat van on Suid-Afrikaanse belasting betalers aangesien dit die belasting betalers is wat die land nog aan die gang hou… ek sê maar net.

Boerseun ·

Dis eenvoudig. Die busse ry teen 130-140km/h met geen saak vir enige iets of iemand om hulle nie. Ry verby op blinde hoogtes,draaie en die van voor moet maar net van die pad af. As die overhede iets wou doen sou hulle die busse en taxi/bakkies met oorlaaide waaintjies konfiskeer by die menigde padblokades en weegbru op die hoof paaie Zim toe. Daar moet strenger beheer wees op internationaal voertuie en bestuurs lesensies wees, die ouens is “cowboys”. Meskien alle busse van buite SA blok, dan kan SA bus dienste mense van grensposte vervoer.

Deon Scheepers ·

Die ongeluk was tragies, maar die hulp van die regering i.v.m. met die begrafniskoste, is verregaande. Vergelyk dit met die verarmde spoorwegpensioenarisse se jarelange stryd om die regstelling van die plundering van hul poensioenfonds. Daar is spories wat minder as R1000 per maand kry en die saak om dit reg te stel, duur al jare en jare. Vergelyk dit ook met die ineenstorting van die VSB bank. Die stof het nog nie eens gaan lê nie, toe word elke rekeninghouer met ‘n Miljoen Rand vergoed, maar ons spories dood van ellende.

una ·

Hoekom moet ons as belasting betalers betaal??? Hoop die bus maatskappy word verandtwoordelik gehou.
Werklk die land van melk en heuning.

jennefer ·

Word die mense wat so die land binnekom getoets vir cholera? Zambia het probeer op grens tussen Zim en Zambia. 45 alreeds dood in Zimbabwe.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.