Busrooftog: Slagoffers was buitelandse leerders

Argieffoto: Kent Williamson

Die leerders op die skoolbus wat Maandagmiddag in Mamelodi in Pretoria deur ʼn onbekende aantal aanvallers geteiken, was buitelandse leerders en nié plaaslike leerders soos die polisie aanvanklik gesê het nie.

Die polisie het aanvanklik gesê dat die slagoffers leerders van onderskeidelik die Brooklyn- en Curro-private skole is, maar Dinsdag het Isaac Mahamba, woordvoerder van die Tshwane-metropolisie, aan Maroela Media bevestig dat nuwe inligting daarop dui dat dit nié die geval is nie.

“Ons het aanvanklik gedink dat dit leerders van die Curro-private skool was. Dit het egter later aan die lig gekom dat dit nie die geval is nie. Dit was internasionale studente,” het hy verduidelik. Mahamba kon nie bevestig of die slagoffers skoliere of universiteitstudente is of waar hulle vandaan kom nie.

Die bestuur van Curro het ook ʼn verklaring uitgereik om enige verwarring uit die weg te ruim. “Geen Curro-leerders of personeellede was by die voorval betrokke nie. Die veiligheid en sekuriteit van ons leerders en personeel bly ons hoofprioriteit,” lui die verklaring.

Maroela Media het vroeër berig ’n onbekende aantal verdagtes het Maandagmiddag die skoolbus vol leerders in die Lusaka-uitbreiding genader. Die verdagtes het ’n wapen op die insittendes gerig en aangedring op van die leerders se selfone.

Die aanvallers het een van die insittendes tydens die voorval raakgeskiet en nog een het ander beserings opgedoen. Albei beseerdes sterk tans aan in ’n private hospitaal in Brooklyn en is in ’n stabiele toestand.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

24 Kommentare

Johan ·

Dit is hierdie soort van ding wat sak maak dat niemand Suid-Afrika as ‘n toeris sal wil besoek nie. Ons is vinnig oppad om ‘n “no go country” te word….

Jacques ·

Dit klink so as of dit aanvaarbaar is dat dit buitelanders is , solank dit net nie ons kinders is nie , dan is dit OK . Dit maak dit soveel erger , want die buitelanders sal SA heeltemal vermy en glad nie bele in n land waar hulle kinders nie veilig is nie . Hoe dit ookal is , dit bly skokkend aan te val . Dit is niks minder as terorisme nie . Net n vraag – Is daar oorlog verklaar in SA ?

marous ·

Dit moet oorsee uitgeskreeu word , sodat die buitwereld kan sien wat ‘n misdaad hool die land is . Die geskok en teleurgesteld regering het geen begeerte om dit onder bedwang te bring nie .

KrokodilBotha ·

Sjoe ja ons regering se dan vir die buiteland alles is onder beheer, sulke gevalle bestaan glad nie. Moet fake nuus dan seker wees.

fred ·

hoe kan die polisie buitenlandse besoekers met lokale leerders verwar? hulle kan nie so dom wees nie of wou hulle iets wegsteek?

Pieter du plessis ·

Hoekom kan hulle nie so dom wees nie die meeste weet seker nie eers wat n skool is nie.

Pieter du plessis ·

Tipies polisie ondersoek altyd maar kan nie eers die feite regkry nie ,die valke word ingespan as malema kastige doodsdreigemente kry maar n bus met kinders word geroof en geskiet en nou lyk dit asof die metro polisie se lisensie afdeling n ondersoek moet loots ,hoe pateties is dit nou.

Anon ·

Die buiteland móét hulle oë oopmaak en besef…. Hierdie land se regering lieg oor die misdaad.

jaco ·

internasionale studente waarvan die helfte of meer hulle studie opskop en dan net bly en bly en bly…

Netso ·

Nee, maar dit is mos mode, om buitelanders na die townships te vat om die vredeliewende verontregte Afrika kindertjies te sien. Afrika eethuise en Sjebeen toere is die buzz woorde vir die toere. Nou kan almal sien wat ons misdaadprobleem regtig behels.

Pampoen ·

Het nog altyd gewonder waar om Buitelandse besoekers Mamelodie toe geneem word. ‘N regte hool

Kwaad ·

Kan gladnie verstaan wat het hulle in Mamelodi gaan maak nie. Dis moeilikheid soek.

Koos ·

Ek hoop van harte dat hulle aan privaat instellings studeer, want in SA, wat nie eers al sy leerlinge en studente kan plaas nie, sal dit bitter onregverdig wees om uitlanders te plaas en inwoners nie. Maar nou ja dis mos SA?

GeeNieOmWatEkSeNie ·

Dalk moet Meneer die president sy kind se lewe op offer dan kyk ons of hy die land wil verander.
Of dit buitelanders wit, geel of swart dit is nogsteeds iemand se kind. 4Pete Sakes !

Golliwog ·

Nou kan hulle gaan vertel hoe onskuldig en vriendelik die mense van Suid Afrika is! Ek hoop Trump neem kennis !

Maryna Wood ·

Welcome to South Africa we will show you how we do it!!!!!!!!!!!
Wat is nuut, SA gaan elke dag hierdeur. Ons baklei teen wind niks gaan verander nie.

Boerin ·

Hoe het hulle geweet dis buitelandse studente op die bus? Wonder net…
Welkom in SA !

Errol ·

Die Britse en Europese Liberaliste is tjoepstil. Waar is ene Peter Hain? Hy het altyd gif gespoeg teenoor die Blankes. Ek kan nie wag vir die dag wanneer hulle minderhede in hulle eie lande is. Hulle gaan rondskarrel soos afkophoenders.

Attie. ·

Ek voel altyd jammer vir die klompie manne in blou wat nog hul werk doen, wanneer almal skryf van die swak polisiediens. Moenie begin stres nie, ons weet van julle. Dis net die ou spul oorgewig manne waarvan ons al minder hou. Die klompie goeie ous moet net bly waar julle is.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.