Busse brand in Kaapstad

Geen vandale of betogers is in en om die fasiliteit gevind nie. (Foto: Verskaf)

Twee busse van die Golden Arrow busdiens wat by ʼn depot in Kaapstad parkeer was, het vroeg vanoggend op ʼn raaiselagtige manier aan die brand geslaan.

Volgens Ruth Solomons, woordvoerder van die Kaapstadse metropolisie, het beamptes om 04:50 ʼn oproep ontvang oor twee busse aan die grensmuur van ‘n depot in Blackheath wat in vlamme verswelg is.

Brandweer het daarin geslaag om die vlamme te blus, maar die busse is heeltemal verwoes.

“Beamptes het ondersoek ingestel, maar kon geen tekens van vandale of betogers in en om die fasiliteit vind nie,” het Solomons gesê.

Golden Arrow-busdienste in Kaapstad het Donderdag aan Maroela Media bevestig dat dit twee van sy busse was wat aan die brand geslaan het.

Dit is in hierdie stadium nog onduidelik hoe hierdie busse aan die brand geslaan het, maar ʼn saak is aanhangig gemaak en die polisie ondersoek dit verder.

Volgens Bronwen Dyke-Beyer, woordvoerder van Golden Arrow-busdienste, het ʼn brand in een van die busse ontstaan wat daarna na ʼn ander bus versprei het.

“Geen beserings is aangemeld nie en voorlopige ondersoeke dui daarop dat dit nie ʼn gevolg van brandstigting is nie. ʼn Forensieseondersoek is intussen van stapel gestuur om die presiese oorsaak van die brand vas te stel,” het Dyke-Beyer gesê.

Dié busdiens se roetes sal na verwagting nog normaal voortgaan.

“Ons is tans die enigste stabiele operateur in die Kaapse Metropool en dit is noodsaaklik dat ons voortgaan soos normaal.”

(Foto: Verskaf)

Dié berig is gewysig sedert dit aanvanklik gepubliseer is. – RED

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

12 Kommentare

Michal ·

Kaapstad, julle almal, wees op en waker, hierdie probleem is nog lank nie verby nie

gatgogga ·

Spontane ontbranding, volgens my apologis professor vriend.

Jack ·

Dis maar alles deel van die “Revolutionary Economic transformation” wat “A better life for all” gaan bring.

LANA is ELANè ·

Ja nee, spontane brande raak ‘n algemene gesig in ons land… Gmf

JohanR ·

The bulls with long horns have come home to roost. 27 years of ANC misrule, plundering and stealing. And the ANC thought this would happen only after a 1000 years. Dink Cyril Ramaphosa het die week begin om doeke te dra!

Deon ·

Ek het by my huis gekom toe is die deur oop gebreek en my tv, yskas en mikrogolf was weg, geen inbrekers is daar gevind nie, die goedere het uit die huis geloop…. Wat n spul strooi.

melW ·

Dis net die begin Kaapstad. Dit gaan met mag oorspoel. Beskerm julle self en julle wonings en besighede! God is met julle.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.