Busse gebrand, met klippe bestook toe taxi’s staak

Foto: ANA.

Minstens twee busse is vroegoggend in Khayelitsha in Kaapstad aan die brand gesteek en ʼn derde een met klippe bestook toe taxi-operateurs begin staak het.

Die staking gaan na wat verneem word oor die ʼn leierskapsdispuut by die South African National Taxi Council (Santaco) se provinsiale tak.

Brett Herron, burgemeesterskomiteelid vir vervoer en stedelike ontwikkeling, het op Twitter bevestig dat twee Golden Arrow-busse aan die brand gesteek is in Khayelitsha.

Herron het verder gesê dat die MyCiti-busdienste in Khayelitsha-Oos en -Wes tot verdere kennisgewing opgeskort is. “Die staking deur die taxi-operateurs mag dalk die MyCiti-busdiens in Kaapstad ook beïnvloed,” het Herron gesê.

Golden Arrow het op sy Facebook-blad laat hoor dat geen busdienste tans in Khayelitsha beskikbaar is nie en dat die maatskappy sy busdienste na Delft en Nyanga ook moes opskort.

Golden Arrow het gesê pendelaars kan slegs van die buitewyke vervoer word.

Een gebruiker het gesê dit beteken nou dat hulle tot by die N2 moet loop om ʼn bus te haal en Golden Arrow het terug laat weet: “Ongelukkig ja, totdat ons jou en ons bestuurders se veiligheid kan waarborg.”

Verder het die busdiens gesê hy hou die situasie fyn dop.

Lt.kol. André Traut, woordvoerder van die polisie, het gesê polisiebeamptes is in verskeie dele van die Wes-Kaap ontplooi om wet en orde te handhaaf tydens die staking deur die taxi-operateurs vanoggend.

“Twee busse is aan die brand gesteek in die Khayelitsha-omgewing en een is met klippe bestook,” het Traut gesê.

Volgens Traut is sake van openbare geweld aanhangig gemaak en word dit deur die polisie ondersoek.

Niemand is nog in verband met die voorval in hegtenis geneem nie.

“Ons beamptes sal op hoë gereedheidsgrondslag bly in die omgewings wat deur die staking geraak word,” het Traut gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

22 Kommentare

Wetsgehoorsame ·

Eers die dag wanneer ons selfbeskikking het en ons nie meer deel van hierdie land is wat almeer na totale chaos beweeg.

Penellope Jones ·

Moontlik die dag as alles met die aarde platgevee is soos ‘n paar honderd jaar gelede, ‘n wilde woesteny met geen ontwikkeling, geen toekoms, niks.

Johan ·

Party mense se ingesteldheid laat veel te wense oor. Miskien het dit tyd geword om die begrip “sabotasie” uit te brei en sommer baie sterker wette daarteen in te stel. Daar sal nuwe gevangenisse gebou moet word en die skuldiges moet jare lank toegesluit word. Dit is n uitstekende geleentheid om die boewe van die strate te hou en om werk te skep (bouwerk en gevangenis-personeel)

Sharem ·

Ek kan nie eers n hoop blare op my eie erf aan die brand steek sonder om tronk toe te gaan nie; wat laat mense waardevolle busse aan die brand steek en skotvry daarvan afkom?

Liberaal ·

Dit is hoe ons linkse liberaliste se reels werk, as jy ‘n eerlike gewone burger is moet jy opgesluit word vir watookal maar as jy ‘n kosbare misdadiger is sal ons ons hande afveg vir die arme benadeelde misdadiger se regte en hy of sy moet sy of haar vryheid geniet.

Stephen Namibia ·

“Affirmative action” is die ou wat vanoggend vir die bus wag wat hy gister aan die brand gesteek het.

Nettie ·

@Stephen Namibia – hoe lekker lag ek nou vir jou! Baie waar, ou maat, baie waar! Staak of protesteer vandag, brand/breek af/verniel in dié proses alles wat naby is af – polisiestasie, kliniek, hospitaal, biblioteek, busse, motors, paaie – en môre brand/breek af/verniel jy weer iets ánders omdat dit wat jy gíster afgebrand/afgebreek/verniel het, nie meer daar is nie. Jaaaaaaaa ……. liberale, vrygestelde Afrika-“denkers”. Díép wesens, inderdaad!

Jannie ·

Brand, breek af, plunder, roof, vernietig – dit los AL jou probleme op , vul jou honger maag en sit ‘n dak oor jou kop!!! Afrika-verhaal!!!

Lig en Sout Vlakvark @ Toekomshoop ·

Die Suid-Afrikaanse nasie is leierloos. Elkeen doen wat goed is in sy eie oë. Waar is die priesters en profete en onderwysers van waardestelsels in Suid-Afrika? Waar is die vaders en moeders van die nasie wat hulle kinders moet leer wat is reg en geregtigheid? Ek sien soveel valse profete, konings en prinse met kleivoete met hul eie geheime gierigheid, begeertes en motiewe ten koste van andere.

marous ·

Verorber , vernietig , blameer . Huil vir kos en medisyne en dan doen hulle dit net weer.

Groete SA ·

En so BEVRY en BEFOETER die mense nogsteeds die land. Daar gaan binnekort niks meer oor wees nie …

Theresa ·

Wie beheer die taxi-bedryf?
Waarom kom hierdie arrogante wesens weg met allerhande ongerymdhede wat GLAD nie toegelaat behoort te word nie? Nie eers bloot in die samelewing nie. Wat nog van in die Publieke vervoerbedryf!
Waar kry hul die reg vandaan om ander voertuie en publieke vervoer so te benadeel omdat hul net NOOIT gelukkig voel nie. Waarom word dit toegelaat!!?
Hul gebruik nie padreëls korrek nie.
Hul argwaan teenoor ander motoriste is skandalig.
Gebruik selfone terwyl volgepakte taxi menselewens in gevaar stel.
Ry verkeerde kant van strate af (Volspoed) om voor ander wetsgehoorsames in te beur.
Toet om aandag te trek om ‘n stil buurt in ‘n basaar-agtige nes te verander.
Kan hul gestuit word? Wie is in beheer dat hierdie vervoermiddel se drywers so beskerm word???

Justice ·

Theresa SANTACO as nasionale beheer liggaam soos vermeld in die artikel het by verre die meeste geregistreerded lede. Hulle top bestuur se salarisse word egter deur die Depatement van Vervoer (DOT) betaal. DOT was tot hede net so afwesig by taxi aangeleenthede soos die nuwe President met sekere sake van kritieke landsbelang. Dit blyk dat die Regering van die dag / ANC in sy geheel geabdikeer het en nou maar wag en sien dat die land in sy geheel ten gronde gaan.

Ken ·

Ja almeer mense besef dit of gaan daarheen gedwing word. Ons geduld raak op en ons gaan nie meer die ANC se brutale menseregteskendings duld nie.

Avra ·

Brand buses en treine. Nou moet jy voete klap en as jy werk en is laat, gaan jy afgedank word. En wie se skuld is dit behalwe jou eie?

Onnodig ·

Versekeringsmaatskappye gaan nie meer al hierdie skade kan uitbetaal nie. Ons gewone mense wat getrou elke maand ons premies betaal en besef ons kan nie sonder versekering wees nie gaan al hoe meer opdok vir hierdie vandale wat doen wat hul wil net omdat hulle kan. Volgende week steek hulle n biblioteek of kliniek aan die brand omdat hulle ontevrede is met busse wat te min is en so gaan dit aan. Brandstigting is n ernstige oortreding, maar na so voorval gaan die lewe net aan.

Pierre Van Zyl ·

En as die treine en busse brand – wie “score” daaruit? Jy hoef nie ‘n “rocket scientist” te wees om daardie sommetjie te maak nie.

Trots Afrikaans ·

No wonder ek of ons dan nou nie maar 14 taxis in ons woonbuurt kan afbrant nie omdat ons ‘n verskil het oor wie die jukskeiklub se voorsitter moet wees?

Johann M van Heerden ·

Hoekom kan daar nie teen die mense opgetree word nie? Dit kan mos nie net so aangaan nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.