Sowat 1 000 gemeenskapslede het Maandag in die vroeë oggendure buite Brits in Noordwes aan ʼn diensleweringsbetoging deelgeneem waartydens busse aan die brand gesteek is.
Volgens kol. Amanda Funani, Noordwes-polisiewoordvoerder, het die plaaslike gemeenskap omstreeks 03:00 die busse van ʼn plaaslike busmaatskappy aan die brand gesteek. Die betogers eis dat HOP-huise en paaie in die informele nedersetting in die gebied opgerig word.
Volgens Funani is vier aanklagte van opsetlike saakbeskadiging en openbare geweld aanhangig gemaak. Niemand is nog in verband met die voorval in hegtenis geneem nie.
Die polisie monitor tans die situasie.
O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.
21 Kommentare
Wat in die lewe het die busse met HOP huise te doen? Indien hulle die huise kry gaan hulle weer iets anders vernietig omdat hulle nie vervoer het nie!
Hou op om vir hulle alles in hulle skoot te gee en dat hulle bietjie sal werk en spaar vir wat hulle wil hê dan sal hulle alles begin waardeer
Watter normale mense gaan 03:00 betoog, wat staande nog om busse te gaan verbrand?
Ek is seker hulle het ook nie magtiging gehad vir optog nie – gaan vra raad by ZimPol&army
Lollie! Hulle iets waardeer? Hahahaha!
Vandalisme is deel van sy denke. As hy is bus besit het sy hy waarskynlik nie busse aan die brand gesteek het. Dit is dus jaloesie wat hulle so vanadalisties maak.
Dit is juis Die ANC wat agter alles sit om die aandag van hulself af te lei.