ʼn Brahmaanbul is Vrydagoggend in die vroeë oggendure op die N3-snelweg in die Van Reenenspas deur twee passasiersbusse doodgery.
Chris Botha, woordvoerder van Netcare 911, het gesê die twee busse het omstreeks 04:00 die pas vanaf Harrismith se kant ingegaan toe die bul getref is.
“Die bul het nie die botsing oorleef nie. Een van die busse se windskerm het skade opgedoen. Gelukkig het geen passasiers seergekry nie,” het Botha gesê.
Gelukkig hoef niemand op te ruim nie want teen die tyd is hy al klaar in die kospotte
Lyk vir my na ‘n “ras gemotiveerde aanval”….
Was die bus bestuurder nie dalk Afrikaans nie….?
Op die foto lyk dit na ‘n wit bul so kon nie Afrikaans gewees het nie
Was die bul nie dalk “geverf” nie.
Arme bul. :-(
Gelukkig was dit swaar voertuie(busse) wat die bul getref het, met geen lewensverlies nie. Die busbestuurder moet geluk gewens word met goeie bestuursvernuf, daai kon weer ‘n baie groot busramp gewees het……of ‘n fatale motor ongeluk
Dit kon ‘n Blou Bul gewees het..