Bussie-ongeluk: Hercules oorlede

Hercules Homan (10) voor die ongeluk. Foto: Verskaf

Lees Hercules Homan (10) voor die ongeluk. Foto: Verskaf

Hercules Homan (10), wat onlangs in Hendrina, Mpumalanga deur ʼn minibus raakgery is, is Maandagaand oorlede.

Marlene, Hercules se ma, het dit aan Maroela Media bevestig. Sy sê Hercules is omstreeks 21:15 oorlede nadat sy hart gaan staan het. Maroela Media sal later vanoggend volledig hieroor berig.

Hercules is sy ouers se laatlammetjie en word al vir langer as twee weke in die waakeenheid van die Garden City-hospitaal in Johannesburg behandel nadat hy op 4 Julie deur ʼn minibus van ʼn spysenieringsmaatskappy getref is.

Die ongeluk het naby sy ouerhuis plaasgevind. Hy het glo gebuk om een van sy skoenveters vas te bind, toe die minibus om ʼn skerp draai gekom en hom getref het. Die vrou het glo te vinnig om die draai en te naby aan die sypaadjie gery.

Hy is op 11 Julie breindood verklaar en sy ouers het die moeilike besluit gemaak dat die masjiene wat hom aan die lewe hou, op 14 Julie afgeskakel sou word.

Sy dokter was egter toe vol hoop nadat hulle hom van sy asemhalingmasjien afgehaal het en hy self kon asemhaal. Hy kon egter sedertdien nie weer op sy eie asemhaal nie, maar sy hart klop vanself.

Die Homan-egpaar bly tans in die aande by Hercules sr. se broer in Springs, en was daagliks by hul seun in die hospitaal.

Hercules het drie susters, Jackie Black (27), Marlize van Zyl (24) en Louise Homan (21). Hy was ‘n leerling aan Laerskool Marietjie Van Niekerk in Bethal.

Lees ook:
Bussie-ongeluk: Dubbele tragedie vir Homan-familie
Bussie-ongeluk: Hercules veg dapper voort
Bussie-ongeluk: Seun se hart klop nog sterk
Bussie-ongeluk: “Ons gaan nie nou die masjiene afsit nie”
Bussie-ongeluk: Ouers waak by seun se bed, wag op nuus
Ouers wag op wonderwerk ná bussie seun tref

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

18 Kommentare

Marlene ·

So verskriklik jammer, baie sterkte aan gesin en familie. Jul bly in ons gebede.

Trippie ·

Ek is hartseer – baie gebid vir Hercules se herstel !

MAAR, die mens wik en God beskik – SY wil, nie ons sin.

Sterkte liewe mamma, pappa, sussies – mag julle vertroosting ontvang van onse Here !

Johann, Grassie, Elizabeth, en elkeen wat saam gebid het – dankie ook aan julle.

Johann ·

Dankie Vader dat klein Hercules veilig, sonder pyn en in ‘n verheerlike liggaam en gelukkig by U is.

Vader, hou asseblief Hercules se familie styf vas en dat hulle net vertroosting mag smaak in hierdie moeilike tyd.

Ons dra hulle op aan U.

Amen.

Johann ·

Ek wil ook baie dankie sê aan die gebedspan. Dit was nie tevergeefs nie want dit hou ons aktief besig met die Goddelike wat saakmaak.

Ons is tranerig, hartseer, en dit is goed. God sal weer die trane afvee.

Ons sal bly bid vir ons medemens in die geloof, sy kinders. Dit is ‘n voorreg wat net Sy kinders het.

Net Ek ·

My hart is so seer vanoggend, maar jy was die grooste vegter dis min wat geveg het en ook die Kroon van oorwinning ontvang soos jy. Aan die ouers ek bid dat jul krag by die Aller Hoogste mag ontvang om jul deur die tye te dra.

Grassie ·

My innige meegevoel met Hecules se familie. Onthou, die Skepper gee krag na kruis. As die hartseer te groot word, kyk net Boontoe en Hy sal vertroosting gee.

AmY ·

Dis so hartseer. Rus in vrede Hercules, jy is nou op ‘n baie beter plek.

My innige simpatie aan die familie. Mag jul vetroosting vind in die baie hartseer tyd.

Letta ·

Groot was my skok toe ek die opskrif sien. Ek het net so hard saam gebid en geglo die klein vegtertjie gaan heeltemal gesond word. Maar ja, God se wil is nie ons wil nie. Boeta se liggaampie was dalk meer gebreek as wat daar vermoed is. Mamma, Pappa, sussies, maaitjies en ander familie en vriende, mag ons Pappa julle vertroos en julle trane afvee. Ek glo boetman sal nie met ons wil plekke ruil nie. Hy is op ‘n mooi plek, sonder eina. Jesus liefde vir julle xxx

Rienie ·

Liewe Familie, ek druk jul vandag teen my hart vas, daar is nie woorde om te beskryf hoe seer dit is om jou kind te verloor nie. Baie sterkte

Annemarie ·

My hart is baie seer. Het baie gebid, m ons moenie oor die hoekoms en waaroms wonder nie. Ons Hemelse Pa weet die beste. Al wat ons nou kan vra is dat ons Hemelse Pa die familie sal dra en baie styf sal vas hou in die moeilike tyd. Hercules is op die beste plek en ons Hemelse Pa se mooiste Engel. Baie sterkte v julle.

Elsabe Homan ·

Ai ai ai, nog ‘n kind dood agv ‘n taxi, soos my dogter Bernadine Kruger ook. Baie hartseer vir julle Hercules/Marlene en sussies. Sterkte vir julle die BAIE SEER!!!

Johann ·

Wanneer ek al die gebede (kommentare) hier lees skiet my oë vol trane.
Omdat ek so dankbaar is om deernis, hulpvaardigheid, medemenslikheid, barmhartigheid, liefde en emosies onder ons mense bespeur.

Dit bevestig net weer dat daar vir ons hoop is wanneer noodlot aan die deur klop.

Dankie aan al Sy kroonjuwele, julle is maar net God se hart se punt.
Ons kan maar net die trotse uitdrukking op Sy gesig ervaar.

Amen.

Elizabeth ·

Lukas 22:42 “Vader, as U wil, neem tog hierdie lydensbeker van My af weg. Laat nogtans nie My wil nie, maar U wil geskied”. Jesus se gebed in Getsemane. Mag dit u vertroos, ouers, dat dit Sy wil was en dat Hy sy hand oor u hou en dat ons almal bid vir aanvaarding vir u. Hoe moeilik en onoorkombaar hierdie berg voor u lyk, Hy sal u lei.

hester ·

Haai sus ek voel saam met julle ek weet hoe julle voel maar sterkte aan julle almal ek dink baie aan julle.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.