Bussie-ongeluk: Niggie is óók deur taxi doodgery

Hercules Homan (10) voor die ongeluk. Foto: Verskaf

Hercules Homan (10) voor die ongeluk. Foto: Verskaf

Hercules Homan is al die tweede lid van die Homan-familie wat aan die hand van minibusbestuurders gesterf het.

Hercules (10) is Maandagaand om 21:15 in die Garden City-hospitaal se waakeenheid dood nadat hy op 4 Julie deur ʼn minibus van ʼn spysenieringsmaatskappy in Hendrina, Mpumumalanga, getref is.

Hercules se niggie Bernadine Kruger (16), is vyf jaar gelede dood nadat sy op 23 Februarie 2009 op haar bromponie deur ʼn minibustaxi doodgery is. Bernadine was op pad na Hoërskool Garsfontein toe die taxibestuurder, Percyval Matji, haar bromponie van agter af getref en oor haar gery het. Sy is op slag dood. Die voorval het in Atterburyweg in Pretoria plaasgevind. Matjie is in September 2009 aan moord skuldig bevind en is tot 12 jaar tronkstraf gevonnis. Daar is breedvoerig oor die voorval in die media berig.

Bernadine Kruger (16). Foto: Verskaf

Bernadine Kruger (16). Foto: Verskaf

Maroela Media het vroeër berig Hercules is sy ouers se laatlammetjie en was sedert die ongeluk in die waakeenheid van die Garden City-hospitaal behandel. Hy het glo gebuk om een van sy skoenveters vas te bind, toe die minibus om ʼn skerp draai gekom en hom getref het. Klik hier om meer te lees.

Hercules se ma was Dinsdag baie emosioneel toe sy die nuus met Maroela Media gedeel het. “Ons is dankbaar vir die ekstra week wat ons saam met hom gehad het. Hy het hard tot die einde geveg,” het sy gesê.

Sy pa het aan Maroela Media gesê sy seun sal altyd onthou word vir die “woelige laaitie” wat hy was. Hy was ʼn kranige krieketspeler wat graag buite gespeel, saam met sy pa vis gevang en duiwe gevlieg het. “Dis nou bygesê as ons hom voor die televisie kon wegkry, hy was mal oor strokiesprente,” het Hercules sr. teer geskerts.

ʼn Nadoodse ondersoek gaan gedoen word, waarna die gesin die begrafnisreëlings gaan tref.

Bernadine se ma, Elsabe Homan, het Dinsdag aan Maroela Media gesê die familie is geskok oor Hercules se dood en dat die voorval rou wonde oopkrap. “Dit laat my bloed kook dat ons twee onskuldige kinders afgestaan het aan die dood weens mense wat onverskillig met minibusse jaag,” het sy gesê. Elsabe is met Hercules sr. se broer getroud en die egpaar woon in Pretoria.

Hercules sr. het intussen van die polisie in Hendrina verneem dat ʼn klag van strafbare manslag en roekelose bestuur moontlik teen die vrou wat die minibus bestuur het, ondersoek gaan word. Maroela Media wag nog vir terugvoer van die polisie om dit te bevestig.

Hercules het drie susters, Jackie Black (27), Marlize van Zyl (24) en Louise Homan (21). Hy was ‘n leerling aan Laerskool Marietjie Van Niekerk in Bethal.

Die Homans bedank almal wat hulle ondersteun en deur die moeilike tyd bygestaan het.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

23 Kommentare

Sune van Heerden ·

Dankie Anton, ons het die regstelling gemaak.
Ons vra om verskoning vir die fout wat ingesluip het.

Groetnis
Suné
nms Maroela Media

Trippie ·

Moet my asseblief nie verkeerd verstaan nie, hierdie twee gevalle kan mos nie geklassifiseer word as “ongelukke” nie – wanneer mens selfsugtig, roekeloos, agterlosig en nalatig is, is dit geen ongeluk. Wette wat verontagsaam word hou geen verband met hierdie sogenaamde ongelukke nie.

My hart gaan uit na hierdie mense, 5 jaar later, 50 jaar later, ‘n ouer vind berusting, maar die rou seer sal altyd daar wees.

Maroela, laat weet ons asseblief of die bestuurder van die bussie enigsins kontak gemaak het met die familie om selfs net “jammer” te sê !

Jeanni ·

Ek hou julle gesin in my gebede, Dit wat met julle gebeur het is versriklik.

Nou hoop ek net die taxi bestuurder kry wat hom toekom!

Trippie ·

Elsabé Homan : Jy het op die vorige berig vertel van jou meisiekind, baie sterkte ook vir jou, hoop jy, en hierdie gesin (familie) wat nou in rou is, sal altyd net die mooiste herinneringe hê van jul kinders.

fritzoos ·

Februarie ook ‘n familielid verloor a.g.v. Minibustaxi. Dit is asof hul net nie omgee nie.

Johann ·

Aan die Kruger familie waar die rou wonde weer oopgekrap word, bid ek en baie ander vir vertroosting berusting en innerlike genesing.

Weet verseker dat niggie en neefie Bernadine en Hercules veilig by Jesus se voete sit, al sulke lekker dingetjies doen soos lag en gesels wat ons aardse bewoners stadig maar seker besig is om te verleer.

Ons sal steeds die families snoesig in ons gebede hou.

Dankie Vader dat U ons baie styf vashou. So styf dat ons somtyds moet vra vir ‘n bietjie asem.
Dankie dan vir die verfrissende asem wat U dan in ons neus blaas. Dit gee ons weer krag om hierdie wêreld vierkantig in die oë te kan kyk.

Amen

Trippie ·

“Dankie Vader dat U ons baie styf vashou. So styf dat ons somtyds moet vra vir ‘n bietjie asem.
Dankie dan vir die verfrissende asem wat U dan in ons neus blaas. Dit gee ons weer krag om hierdie wêreld vierkantig in die oë te kan kyk.”

Hierdie woorde is ook vir my, vir elkeen se oë bedoel om te lees – dankie Johann.

Johann ·

Groot plesier.

My bede Trippie, is dat wat saakmaak en die lewenspad ligter kan maak, neem, gebruik en dit as jou eie maak.

Dan kan die reis geniet word.

Theo ·

Sterkte aan die familie dit is enige ouer se grootste vrees. Die Here sal julle deur hierdie moeilike hartseer tyd dra. Dit als as gevolg van n bestuurder wat onverskillig bestuur en so pragtige klein seuntjie se lewe neem!! Hoop sy kry wat haar toekom!! Wat verder vir my pla is dat in elke berig van klein Hercules word die skool genoem Laerskool Marietjie Van Niekerk in Bethal…….maar dit wil vir my voorkom asof hulle nie veel betrokke wil raak of simpatiseer met Hercules se ongeluk en dood…daar is nog steeds niks op hulle Facebook blad gesê of op hulle Webwerf oor Hercules, dink dit is swak van n skool. http://www.facebook.com/pages/Laerskool-Marietjie-van-Niekerk/198896800127031?sk=timeline

Trippie ·

Theo : Ek het op hul Facebook-blad gaan vra waarom hulle nog nie ‘n boodskap van medelye aan die ouers geplaas het nie.

Kom ons hoop dit word spoedig gedoen.

Theo ·

Dankie Trippie! Ek kan my indink as dit ons so geraak het hoe dit moet wees vir Hercules se maatjies moet wees. Hoop die skool verleen berading vir daai kinders. Miskien moet Maroela Media dit opvolg….kry daai kinders berading? Ek weet is self deur so gebeurtenis op skool dit laat n merk in mens se lewe….lewenslank!

Trippie ·

Theo, ek plaas my skrywe aan die Laerskool vanaf my Facebook, en hulle opvolg :

• Trippie Trip
Vandag om 10:20 VM
Dit sal waardeer word indien u ‘n boodskap van medelye sal plaas wat… verband hou met ‘n 1-jarige leerling van u skool, by name, Hercules. Die bedroefde ouers rapporteer aan Maroela Media, u inset sal ook hoog op prys gestel word, ter wille van die ouers, en ons as lesers.

Laerskool Marietjie van Niekerk
about an hour ago
Die afsterwe van een van ons jong leerlinge is ‘n hartseer gebeurtenis. Ons wil graag vir die ouers en familie spasie gee om dit te verwerk. Ons is deurlopend in kontak met die ouers om hulp te verleen waar nodig. Geen begrafnis reelings is nog beskikbaar.

Trippie ·

Theo : Loer gerus op hul webtuiste – daar is nou ‘n inskrywing gemaak. My vorige kommentaar word nie geplaas.

Elizabeth ·

Liewe ouers van Hercules – ek hoop u lees hier. Mag u vertroosting vind in die wete dat u seuntjie nie verniet gelewe het en nog minder verniet gesterf het, al is dit swaar om te verwerk. In sy kort lewe het hy sekerlik baie mense laat lag, baie mense laat liefde beleef en plesier aan julle verskaf op baie maniere. Deur sy afsterwe het sekerlik honderde mense regoor die land weereens besef hoe kort die lewe kan wees, dat ons elke dag soveel moontlik liefde moet gee want wie weet waar is ons more. Dat mens empatie en simpatie selfs met vreemdes kan hê en dan ons gebede mekaar dra – dus het sy heengaan mense – vreemdes, saamgesnoer in ‘n kring van liefde en omgee. Ons almal kan altyd iets uit die dood leer al is dit baie moeilik – ek het self my seun op 16-jarige ouderdom verloor so ek weet hoe bitter moeilik dit is. Ek bid en wens u vertroosting en aanvaarding toe. Dis ‘n lang pad en soms voel mens baie alleen, maar daar is altyd iemand wat aan u dink, glo my en daar is ‘n Hemelse Vader wat sy hand oor u hou.

Petrus Swanepoel ·

Ek verwys graag na ‘n gesprek op RSG ‘n tyd gelede:

Wat is die vernaamste oorsake van ongelukke? Die navorsers van ongelukstatistieke toon dat ons die oorsake soos volg kan verdeel: Menslike faktore: 85% Voertuig Faktore: 10% Omgewingsfaktore: 5% Dit is miskien ook nodig dat ons hierdie groepe bietjie nader omskryf: Onder menslike faktore of foute sluit ons in die nie-nakoming van padreëls, oordeelsfoute , dronk bestuur, aan die slaap raak agter die stuurwiel ens. Voertuigfaktore sluit in ‘n band wat bars, ‘n meganiese fout, voertuig wat aan die brand slaan ens. Omgewingsfaktore is maar ‘n klein persentasie en sal wees waar vloedwater ‘n voertuig wegsleur, ‘n boom wat op ‘n voertuig val, rukwinde, diere wat voor voertuie inhardloop ens. Die menslike foute waarna hierbo verwys word grens dikwels aan onverskilligheid en growwe nalatigheid. Onder hierdie ongelukke word ingesluit dronkbestuur, die nakoming van verkeersligte, onverskillige verbysteek op sperstrepe teen blinde hoogtes, oorlading van voeruie en die bestuur daarvan teen spoed wat glad nie veilig is in die spesifieke omstandighede nie…Ons kan ook hierby insluit die al groter wordende probleem van bestuurders wat hul met ander dinge ook besig hou soos die stuur van teksboodskappe.

Belinda ·

Ag sjoe mense my hart is nou baie baie seer……………:-( Dink aan jou Elizabeth dankie baie mooi woorde………………Ja Theo ek stem dis baie baie swak as die skool niks belang stel nie……………en ek wil nog weet wie is die spysenier en n naam en foto ook he dankie Maroela Media weet julle gaan my nie teleurstel nie……………………….

Christine ·

Bring doodstraf terug !! Hulle sal def 2 keer dink voor hul net moor !! Dis omdat hul met als wegkom dat daar geen beheer is nie !!!!

Emmerentia Pienaar ·

Dit moet onbeskryflik seer wees. My hart pyn eintlik as ek dit lees. Ek kan myself nie indink hoe hierdie ouers moet voel en dit moet handteer nie. Mag ons Hemelse Vader hulle styf vashou in hierdie tyd en hulle troos. Ek voel so jammer vir hulle.

Belinda ·

Ek stem Christine………………..maar dink jy wil dit op die ander geval geplaas het……………….van die 4 jarige wat ook onskuldig vermoor is……………

R Hurst ·

Mense sal twee keer dink voor hul n ander mens se lewe neem indien hul weet dat hul eie lewe kan geneem word. Die doodstraf sal defnitief die gewensde uitwerking het. Mense kom tans na ons mooi land om moord te pleeg want hul weet hul kom daarmee weg. Sit n paar jaar en is dan weer vry.

Alta Viljoen ·

Hoekom is dit net dat di aanklagte MOONTLIK teen di bestuurder van di taxi ondersoek gaan word? En dan di bestuurder wat bernadine se lewe geneem het kry 12 jaar, van wanneer af kry jy maar 12 jaar in die tronk vi die feit dat jy moord pleeg? Dis belaglik rerig!!!!!!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.