Bussie-ongeluk: Seun se hart klop nog sterk

Hercules Homan (10) in die hospitaal. Foto: verskaf.

Hercules Homan (10) in die hospitaal. Foto: verskaf.

Hercules Homan (10), wat onlangs op ʼn sypaadjie in Hendrina, Mpumalanga, deur ʼn minibus getref is, se hart klop glo steeds sterk nadat dokters vroeër die masjiene wou afskakel.

“Sy dokter het Woensdag en vandag van die masjiene wat hom aan die lewe hou, afgehaal,” het sy ma Marlene aan Maroela Media gesê. “Hy kon nie weer soos Maandag, op sy eie asemhaal nie, maar sy hartjie het aanhou klop.”

Sy sê Hercules se dokter is van mening dat dit op middelbreinaktiwiteit dui en dat hy nie breindood is soos aanvanklik verlede Vrydag beweer is nie. “Terwyl sy hart klop gaan ons nie die masjiene afsit nie. Dit is ʼn teken dat die Here besig is om hier te werk,” het sy bygevoeg.

Hercules Homan (10). Foto: Verskaf

Hercules Homan (10). Foto: Verskaf.

Hercules is sy ouers se laatlammetjie en word al vir byna twee weke lank in die waakeenheid van die Garden City-hospitaal in Johannesburg behandel nadat hy voorverlede Vrydag deur ʼn minibus van ʼn spysenieringsmaatskappy getref is. Die ongeluk het naby sy ouerhuis plaasgevind. Hy het glo gebuk om een van sy skoenveters vas te bind, toe die minibus om ʼn skerp draai gekom en hom getref het. Die vrou het glo te vinnig om die draai en te naby aan die sypaadjie gery.

Hy is Vrydag breindood verklaar en sy ouers het die moeilike besluit gemaak dat die masjiene wat hom aan die lewe hou, Maandagoggend afgeskakel sou word. Sy dokter was egter Maandag vol hoop nadat hulle hom van sy asemhalingmasjien afgehaal het en hy self kon asemhaal.

Hercules het drie susters, Jackie Black (27), Marlize van Zyl (24) en Louise Homan (21). Hy is ‘n leerling aan Laerskool Marietjie Van Niekerk in Bethal.

Die Homan-egpaar bly tans in die aande by Hercules sr. se broer in Springs, en is daagliks by hul seun in die hospitaal.

Lees ook:
Bussie-ongeluk: “Ons gaan nie nou die masjiene afsit nie”
Bussie-ongeluk: Ouers waak by seun se bed, wag op nuus
Ouers wag op wonderwerk ná bussie seun tref

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

Annemarie ·

Prys die Here. Hou net moed ek glo en vertrou saam met julle. Ons Pa is groot en Hy stel nie teleur nie. Sterkte v julle. Julle is in ons gebede.

Trippie ·

PRYS DIE HEER !

Natuurlik is HY besig met SY werk … ons sal nie ophou bid nie.

Helene Heyns ·

Ons aanbid `n almagtige God. Hy is `n God wat wonders kan doen. Niks is by Hom onmoontlik nie en ons sal aanhou bid. .

marietjie ·

wonderlike nuus, ek bid rerig vir die ou seuntjie, dat hy volkome mag herstel

Dr Pieter van der Dussen ·

Mag Tutu en sy geesgenote hiervan kennis neem. Juis noudat die eutanasiekwessie so aktueel is, toon die Here HERE die gruwelike sondigheid daarvan. Dit is immers geen genadedood nie, maar niks anders as moord nie. Met die ouers van die kind bid en hoop ons dat hy sal herstel en dat wat met hom gebeur tot besinning sal lei.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.