Bussiedrywer eers dan in hof ná Bestmed-direkteur sterf

Wicus Kotzé. Foto: Skermskoot/Jock Classic-video

ʼn Roudiens en gepaardgaande gedenkrit sal Donderdag vir Wicus Kotzé (60), uitvoerende bestuurder van bestuurde gesondheidsorg by Bestmed, gehou word.

Kotzé is Vrydagaand dood nadat hy ernstige beserings opgedoen het toe ʼn minibus in fietsryers ingeploeg het tydens die Cycle4Cansa-padfietsren verlede Sondag by Sun City.

Die bestuurder van die minibus is op die toneel in hegtenis geneem en het ook ʼn bloedalkoholtoets ondergaan. Volgens kol. Adéle Myburgh, woordvoerder van die polisie, is die bestuurder aanvanklik van dronkbestuur en roekelose en nalatige bestuur aangekla.

ʼn Klag van strafbare manslag is ook nou teen die man aanhangig gemaak. Hy is nie tans in aanhouding nie en moet op 10 Maart volgende jaar in die hof verskyn.

Myburgh het gesê die rede vir die lang uitstel is omdat daar so lank op die uitslag van die bloedmonster gewag word.

Kotzé is na die voorval na die Netcare Ferncrest-hospitaal in Rustenburg gehaas waar hy onmiddellik geopereer is om die bloeding op sy brein te probeer stop.

Mauritz Meyer, organiseerder van die Cycle4Cansa-padfietsren, het gesê daar is einde verlede week toetse gedoen wat getoon het dat Kotzé nie meer breinaktiwiteit gehad het nie en dat dit tot die besluit gelei het om die masjiene wat hom aan die lewe hou af te skakel.

“Ons gedagtes en gebede is met Wicus se vrou, Marietjie, en die Kotzé-familie in hierdie baie moeilike tyd. Wicus was ʼn formidabele figuur en deel van die Cycle4Cansa-familie. Hy was ʼn goeie vriend het baie van die padfietsren se personeel intiem geken.

“Hy laat ʼn ongelooflike nalatenskap na en dit is baie tragies dat hy gesterf het terwyl hy gedoen het waarvoor hy lief was en tydens ’n liefdadigheidsgeleentheid wat hom na aan die hart gelê het. Ons treur oor sy dood en mis hom vreeslik. ”

Madelein Barkhuizen, bemarkingsbestuurder by Bestmed, het gesê Kotzé het in Junie 60 jaar oud geword en dat hy sedert 1 Junie 1999 in diens van Bestmed was.

“Hy was ’n konstante in die Bestmed-familie en ’n goeie vriend vir baie. Hy het ook baie van Bestmed se belanghebbendes goed geken en sal erg gemis word. Ons gedagtes en gebede is by sy familie, vriende en kollegas.”

Kotzé word deur sy vrou, twee kinders en ʼn kleinkind oorleef.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

25 Kommentare

Swanna ·

Nie in aanhouding nie maar hy het ‘n mens dood gery, ekskuus dit is ‘n witte wat hy getrap het ek het weer vergeet.

Rosyntjie ·

N Ander taxi bestuurder het verlede jaar n jong (wit) lugmag !Annetjie van sy motorfiets afgery en weggejaag. Ander lugmagmanne het die ongeluk sien gebeur en die taxi twee blokke verder afgekeer en na die toneel teruggeneem. Die ongelukslagoffer se ouers en geliefdes het deur 101 dae van hoop en hel gegaan voordat hy uiteindelik gesterf het. Die taxibestuurder loop dan steeds los.

Sigfried ·

Hoe kan n mens dan gearisteer word vir die dronk bestuur en toegesluit word as die bloed toets amper 6 maande vat.

Joe ·

Want jy’s n gevaar op die pad vir ander. Net soos ek nie met n geweer op Loftus mag gaan sit nie, alhoewel n hofsaak eers n jaar later kan gebeur.

Lientjie ·

As jy vir dronkbestuur toe gesluit word, word jy net oornag of 4ure aangehou of tot jy die volgende oggend in die hof verskyn, Hulle kry gewoontlik borg, en indien iemand sterf in die ongeluk word ‘n klagte van strafbare manslag bygevoeg. Slegs bloedtoetse word in die hof gebruik as bewyse, en ja by hulle vat dit baaaaie lank, want hulle werk is baie ver agter.

Philip, ·

Tragies. Innige meegevoel met familie en vriende. Wil net sê as hy nie wit was nie was die bestuurder al in aanhouding. Dis mos hoe ons werk in SA

Sarie Viljoen ·

Al wat ek kan se is dat die sisteem ons meer en meer in die steek laat. As dit anders om was, was die ou al gevonnis en die sleutel weggegooi. Hoe kan ons wen teen so ‘n oormag.

Jacques ·

Sarie – Jy vra hoe ons kan wen , ons moet een stappie voor hulle wees en ons weet klaar ons is slimmer as wat hulle ooit sal kan wees of voorgee hulle is . Begin ons eie regstelsel met Afriforum ens . Dit is al manier .

Michael P ·

Dit verstaan ek ook nie die owerhede preek dag en nag oor dronk bestuurders geen genade nie.maar hier ry hy n persoon dood onder die invloed hoe dan nou

marous ·

Waarskuwing ? As hy wit was het hy hooggeregshof toe gegaan en geen borg gekry nie . Dis die waarheid !

Hanna Hoekom ·

Dan is hy lankal weg! Dis maar net nog n manier om seker te maak dat die “regte kleur” misdadigers vervolging vryspring. Die boer wat 18 maande gelede in sy afgedankte werker se huis vasgery het (geen beserings aangemeld) is twee keer borg geweier. Nou hoe nou?

Joe ·

En dan wil die blankes nog “bring terug die doodstraf” skreeu?! Julle kan mos nou duidelik sien die sisteem is teen ons.

Michael P ·

Ek neem aan dit was nie n taxi nie. Was dit n privaat bussie was dit sun city se bussie sal graag net wil weet.

Hanna Hoekom ·

Dan is hy lankal weg! Dis maar net nog n manier om seker te maak dat die “regte kleur” misdadigers vervolging vryspring. Die boer wat 18 maande gelede in sy afgedankte werker se huis vasgery het (geen beserings aangemeld) is twee keer borg geweier. Nou hoe nou?

Gert van Wierdapark ·

Nog n April-grap!!! Verregaande om 10 Maart 2020 eers in die hof te moet verskyn!!!! SKAN-DA-LIG verby!!!! Teen daai tyd het hy dan seker ook nog mense op sy kerfstok! Dit maak mens:Naar, Pienaar, Kotz(e)!!

Pottie ·

Hulle wil eers wag en kyk dalk vlug hy terug zimbabwe toe dan hoef hulle nie hulle werk te doen nie

Neels ·

Dan wil hlle aarto in werking stel se mos n die heeltyd die wet is net vir die bleek velle. As hy bleek was dan was die uitslag al daar vanaf die bekonkelde lab . Daai ou is nog steeds op die pad en sal n nooit maar nooit verhoor word nie.

erika ·

Dit is vir my baie snaaks dat hulle hom nie toegesluit het nie, want hulle kon mos sien hy is dronk en nog iemand om gery het. Waar is daardie blaaspypie dan nou??Hy hoort in die trunk, waar ons ander sou gewees het!!

danie ·

Om alles te kroon het die ou ook masr nie die beste medies gehad nie vra my ek sukkel elke dag met hulle

Ampie ·

Soos n vorige leser gese het en ek kan bevestig . Vang hul jou vir dronkbestuur word jy na 4 uur vrygelaat op waarskuwing ( J127vorm) of op Borg wat deur SAP lid met rang van sersant of hoer vasgestel word vrygelaat. Dis al die jare al ingebruik. Let wel in ou bedeling ook . Rerig hou op om jul naam met n plank te slaan as jul nie weet hoe regstelsel werk . Jul is baie vinnig om SAP met klippe te gooi maar jul doen niks. Of so nie word jul lede van “Parkie Polisie” (GPF) wat met jul karre met stickers op ry en dink julle is “untouchable”. Ek daag jul GPF lede uit word n reservist en dra die uniform. Maar jul sal nie want jul het nie die bols nie. Stop om op kantlyn te staan. Trek daai uniform aan en verduur al die beledigings dan praat ons weer. Jul is n klomp slapgatte. LET WEL: Ek is n oud SAP lid met 22 Jaar diens en trots daarop. Wat het jul gedoen om misdaad te bekamp…..niks. Jul lewer net kommentaar…,. Shame on you

thinus erasmus ·

Hei Ampie ek is ook oud SAP nou weliswaar nie veteraan soos jy nie, maar my maat vandag se SAPD en vervolgingsstelsel is darem so vêr verwyder van dit wat 30 -40 jaar terug standaard was! Daar is darem ń groot verskil tussen die hantering van dronkbestuur saak waar iemand net daarvoor gestop en getoets is, en een waar dronklap ń ongeluk veroorsaak en dan nog dood tot gevolg het! Jou hatige aanval op kommentators en veral gpf lede is swak smaak. In elk geval wil SAPD glad nie meer reserviste hê of werf nie so shame on you.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.