Busstaking gaan verskerp

Pendelaars wag op taxi’s by die Nyanga-staanplek te midde van ʼn landswye staking deur busbestuurders (18 April 2018). Foto: Ayanda Ndamane/ANA

Die South African Transport and Allied Workers’ Union (Satawu) het Vrydag aangekondig die landswye busstaking gaan volgende week verskerp.

Satawu-lede het Woensdag reg oor die land begin staak nadat voortslepende loononderhandelinge met hul werkgewers, die Commuter Bus Employers Organisation en die South African Bus Employers Association (Sabea), ʼn dooiepunt bereik het. Die werkers eis ʼn 12%-salarisverhoging, terwyl werkgewers net bereid was om ʼn 7%-verhoging toe te staan.

Blade Nzimande, minister van vervoer, het vroeër ʼn beroep op al die betrokke partye gedoen om die busstaking dringend te beëindig en loononderhandelinge te hervat.

Satawu het in ʼn gesamentlike persverklaring met sy ondersteuners, Numsa, Tirisano, Tawusa en Towu, gesê die staking moet verskerp word om druk op die werkgewers te plaas.

Volgens die verklaring is daar “marathon-onderhandelinge” met die werkgewers gevoer waartydens die Kommissie vir Versoening, Bemiddeling en Arbitrasie (KVBA) as bemiddelaar opgetree het. Die werkgewers het vandeesweek ʼn 8%-verhoging voorgestel, maar die vakbonde het dit van die hand gewys.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

10 Kommentare

Johan ·

Huiswerker het nie kom werk agv staking is ek veronderstel om nogsteeds te betaal vir die dag

My Opinie ·

Johan hoekom moet jy gestraf word? In my opinie kan die werker of ‘n verlof dag gebruik of geen werk geen betaling kan geld. Die werker moet maar die busbestuurder in die oë kyk en dit op daardie vlak hanteer.

O Nee ·

Myne word nie betaal as sy nie by die werk is nie. sy word per dag betaal. Sy weet baie goed as sy nie by die werk is nie word sy vir daardie dag nie betaal nie, maak nie saak wat die probleem was nie.

Apartheid ·

Gedurende my tyd in APARTHEID se tyd is ook jy as ‘n witvel summier weggejaag indien jy wou staak. Nêrens kom verhoogde PRODUKSIE ter sprake in hierdie stakings.

snoefie ·

is die aparrheidsera was daae ook gestaak. as hulle die geleenrheid gekry het, het hulle ook gebreek en gebrand. maar hulle was streng mee gedeel en totdat daar weer streng yeen hulle opgetree gaan word sal dit erger word.

Sê maar net ·

Doen maar net dan so min as moontlik self by jou huis as jy haar steeds moet betaal, dan kan sy die volgende dag of wanneer sy weer inkom dubbel so hard werk en dan verdien sy mos die betaling van die dag vakansie wat sy gehad het.

Union ·

Ek was ‘n toesighouer by my vorige werk en is summier gedreig deur een van die Direkteure
dat indien ek enigsins by ‘n Unie sou aansluit
ek “nooit weer bevorder sou word nie”.

Sue ·

Een vrou by ons werk moet nou R94 betaal vir verskeie taxis om by die werk te kom…en sy kom… dis driekwart van haar dag se loon… Niemand dink aan hoeverl dit hulle affekteer nie….

Chelle ·

Daarshy Sue! So waar!
Daar is soveel wonderlike mense van alle kleure en kulture daarbuite.
Lyk my Dié bietjie wat van ons eie volkie oorbly….
is besig om vinnig geestelik te verarm (ook).
Maar hul prewel steeds God en Jesus se name oor hul lippe terwyl hul hul medemens haat.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.