Busstaking: Numsa keer ook terug werk toe

Argieffoto: Pixabay

Numsa het Saterdag gesê ná uitgebreide beraadslaging met hul lede in al nege provinsies, het die vakbond besluit om die landwye busstaking te beëindig.

Dit volg nadat die staking Vrydag amptelik verby was nadat drie van die vyf vakbonde ʼn 9%-loonooreenkoms met werkgewers onderteken het.

Numsa en die Transport and Services Workers Union (Taswu) het egter die ooreenkoms verwerp en hul lede aangemoedig om aan te hou staak.

Die staking, wat kort- en langafstandbusdienste beïnvloed het, het Woensdag begin en duisende pendelaars beïnvloed.

Senzo Mahlangu van SA Transport and Allied Workers Union (Satawu) het gesê ʼn eenjaarooreenkoms is onderteken en dit is bindend vir alle vakbonde.

Irvin Jim, sekretaris van Numsa, het Saterdag gesê die vakbond moes die “uitverkoop-aanbod” aanvaar ter wille van vrede en stabiliteit in die bedryf.

“Ons doen dus ʼn beroep aan al ons lede om terug te keer werk toe en vra dat werkgewers hul kans gee om terug te keer,” het hy in ʼn verklaring gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.