Busstaking: Pendelaars gevra om by stryd aan te sluit

Puseletso Molise, die provinsiale sameroeper van Saftu in Noordwes, praat met stakende busbestuurders by ʼn busstasie in Rustenburg. Foto: ANA

Stakende busbestuurders het Maandag met pendelaars in Rustenburg in Noordwes vergader in ʼn poging om hul samewerking te kry in die stryd om beter lone.

“Ons wil hê passasiers moet weet en verstaan dat dit nie ons is wat die vervoer [busse] weier nie. Daarom moet hulle aansluit by die stryd teen die mense wat nie vir hulle omgee nie,” het Puseletso Molise, die provinsiale sameroeper van Saftu in Noordwes, gesê.

Busbestuurders, onder leiding van die vakbond Satawu, staak al sedert verlede week landwyd terwyl hulle ʼn algemene salarisverhoging van 12% eis. Werkgewers was slegs bereid om 7% aan te bied.

Loononderhandelings het sedertdien gevorder met albei partye wat hul aanbiedinge aangepas het, maar steeds kon daar nog nie ʼn ooreenkoms bereik word nie. Dit lei daartoe dat duisende pendelaars daagliks gestrand is of noodgedwonge van duurder alternatiewe vervoer gebruik moet maak.

Busse staan geparkeer by ʼn depot in Lethabong naby Rustenburg in Noordwes. Foto: Malaole Montsho/ANA

Molise het Maandag gesê die doel van die vergadering met die gemeenskap was om pendelaars aan te moedig om hul samewerking aan busbestuurders en vakbonde te gee, eerder as om teen hulle te werk. Indien ʼn loonooreenkoms aangegaan kan word, is busbestuurders gereed om terug te keer werk toe, het hy gesê.

“Ons samelewing ly hieronder omdat busse die mees gebruikte vorm van vervoer is. Ons kan nie ons eise laat vaar nie. Daarom vra ons die pendelaars om aan te sluit by ons stryd,” het hy gesê.

“Loononderhandelings het op 22 Februarie al begin, maar tot vandag toe het nog niks gebeur nie. Ons het 9,5% [verhoging] in die eerste jaar versoek. Ons het afgekom van 15% af omdat ons stabiliteit in die land wil hê. Maar werkgewers hou by 8% en weier om ons net daardie ekstra 1% te gee om aan ons eise te voldoen.”

Die Stad Kaapstad het ook Maandag bevestig dat die MyCiTi-dienste steeds opgeskort is. “Dis nog nie duidelik wanneer die loononderhandelings opgelos sal wees nie. Pendelaars word aangeraai om van alternatiewe vervoer gebruik te maak.”

Lees alle vorige berigte oor die busstaking op Maroela Media.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

11 Kommentare

Hansie ·

Nou wonder ek net of die “pendelaars” besef dat sou hierdie verhoging deurgaan, dit uitermate van hulself verhaal gaan word, of moet ” die mense wat nie vir hulle omgee nie” vir dit betaal ?

johan ·

hahaha julle is werklik grap gatte…. dink die passasiers moet net besef hoe hoer die loon ..hoe meer gaan julle betaal

annie ·

Al kry my werker n goeie salaris moet ek nou haartaxigeld ook daagliks betaal.

Johann ·

NET in die sg “nuwe” SA! Vermetelheid om hulle eie selfsug af te dwing op die wat benadeel word! En lees maar eerder INTIMIDASIE! ANC LEGACY:moet wil SAL kry, ander brand en breek en verwoes ons! GEEN vlak van logise intellek funksionering oor ekonomiese beginsels nie, maar ruk SA rond aan sy short en curly’s. GEKKE PARRADYS

marous ·

Gaan ook staak … by my huis . Wil verlaging in krag en belasting tariewe van 100% he anders gaan ek weier om werk toe te gaan of my gras te sny of asblikke leeg te maak .Gaan ook vir my bure vra om my te ondersteun …..

Anoniem ·

Ek is seker dom, maar ek kan nie verstaan hoe kan die knaap sê: “Ons wil hê passasiers moet weet en verstaan dat dit nie ons is wat die vervoer weier nie.”

Natuurlik is dit wat weier om julle werk te doen en die busse te bestuur!

Werkgewers weier om toe te gee aan jul afpersing.

christa ·

hulle wil die land lamle, hulle voel vere. Gelukkig het die meeste werkende mense hulle eie vervoer en nie afhanklik van busdienste nie. Staak maar, solank julle dit geniet

Christo ·

Minimum loon van R 20.00 per uur sluit seker jaarlikse vorlof geld in. Dink net aan die ongelukkigheid indien daar nie meer vakansie geld gaan wees nie!

Marinda ·

Employ people that want to work. There is millions of people that are desperate for a job.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.