Busstaking: ‘Werkgewers wys die middelvinger vir pendelaars’

Puseletso Molise, die provinsiale sameroeper van Saftu in Noordwes, praat met stakende busbestuurders by ʼn busstasie in Rustenburg. Foto: ANA

Die vyf vakbonde in die bussektor, naamlik die South African Transport and Allied Workers Union (Satawu), die National Union of Metalworkers of South Africa (Numsa), Tirisano Transport and Services Workers Union, die Transport and Allied Workers Union of South Africa (Tawusa) en Transport and Omnibus Workers Union (Towu), het  op massa-optrede besluit om die staking in die bussektor te verskerp.

Hulle het ʼn beroep gedoen op die gemeenskap en alle progressiewe organisasies om hulle aan te sluit by hul staking teen die busmaatskappye.

Woordvoerders van die onderskeie vakbonde het ʼn verklaring uitgereik en gesê werkgewers in die bussektor het oorlog verklaar teen pendelaars en nie die bemiddeling wat ten doel gehad het om die staking tot ʼn einde te bring, bygewoon nie.

“Hulle het ons tyd gemors, die enigste aanbod waaroor hulle wil praat, is dieselfde aanbod wat hulle in die laaste ronde van bemiddeling aangebied het! Hulle het vir pendelaars die middelvinger gewys.”

Die vakbonde meen ook die werkgewers het vir die media en die breër publiek gelieg oor hul rol in die bemiddelingspraatjies.

“Hulle beweer hulle het nooit gepraat oor ʼn aanbod van 9% vir die eerste jaar en 9,5% vir die tweede jaar nie. Dit is vals! Hulle het daardie aanbod verlede week tydens die bemiddelingsessie gemaak, maar teen die einde van die praatjies het hulle die aanbod teruggetrek. Die enigste aanbod tans ter sprake is ʼn aanbod wat voorgestel is deur die bemiddelaars, naamlik vir 8% die eerste jaar en 8,5% die tweede jaar – dit sluit in dat al ons ander eise moet wegval. Ons verwerp hierdie aanbod met die minagting wat dit verdien!”

Hulle het verder gesê daar is ander belangrike kwessies wat ook bygedra het tot dié dooiepunt.

“Die base wil aanhou om werkers te mishandel deur die alternatiewe bestuurder nie sy volle lone te betaal nie – die tweede bestuurder op langafstandreise word slegs betaal vir die tyd wat hy aktief die bus bestuur en nie vir al die ure wat hy op die bus deurbring om die eerste bestuurder af te los nie. Die base wil ook aanhou om die wet te ondermyn deur te weier om die nagskoftoelaag volgens die basiese voorwaardes van die Wet op Indiensneming te betaal.”

Die vakbonde voer ook aan die “base” is arrogant, want hulle het gewaarborgde ondersteuning van die staat in die vorm van subsidies. Die staat subsidieer hulle glo terwyl die staking voortduur. “Ons eis dat die minister van vervoer dié subsidies moet onttrek.”

Die vakbonde het ook aangedui hulle is dankbaar vir die ondersteuning wat hulle van die Mpumalanga-pendelaarsorganisasie (MCO) ontvang.

“Ons lede vra nie baie nie, hulle eis bloot ʼn lewensloon en ordentlike werksomstandighede. Ons salueer hulle vir hul moed en dissipline tydens dié uitgerekte staking. Hulle het gekies om die grootste opoffering denkbaar te maak om die base in die sektor te dwing om die regte ding te doen.”

Die vakbonde vergader Vrydag om reëlings van die massa-optrede en optogte in verskeie dele van die land te bespreek.

Maroela Media het vroeër berig die voortslepende busstaking, wat duisende pendelaars gestrand hou, het Maandag sy derde week betree met onderhandelings wat steeds voortduur.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

27 Kommentare

wilma ·

Ons is vier gesinne wat van dieselfde huishulp se diens gebruik maak, maar aangesien ons nie ons weg oopsien om ‘n addisionele R120/dag vir vervoer te betaal nie, gaan sy nou week 4 in sonder enige salaris. Weer eens is dit die persone wat dit die minste kan bekostig, wat die meeste onder die staking gaan ly.

Jerry ·

Die arrogansie van beide werkgewers en werknemers raak heeltemal buite beheer en is besig om die drukkoker van onverdraagsaamheid net voller en voller te laai terwyl die ys waarop SA staan, steeds al hoe dunner raak. Die toekoms wat Suid Afrika nader lyk glad nie mooi nie, maar nou ja, dit is tog waarvoor sommige Suid Afrikaners nog altyd heimlik gewens het. Al wat nou oorbly is om te hoop en bid dat daai wens nie bewaarheid word nie, want dit gaan net verloorders oplewer aan alle kante.

Francois le Cochon ·

Wat die stakers nie verstaan nie, is dat vir elke week wat hulle staak, verloor hulle 2% van hul jaarlikse salaris. Indien hulle dus 4 weke lank staak vir 8% verhoging, verhoog hul slalaris in werklikheid met 0%. Slim ne!

Andrea van Vuren ·

Sjoe Francois, jy is darem maar slik! Ek het nog nooit so daaraan gedink nie!

LJ ·

Jaaa staak maar verder, mense gaan net hulle werk verloor, so maklik en eenvoudig soos dit. Ek kort my werkers om orders uit te kry, jy bly weg om te staak, dan maak ek gebruik van iemand anders- geniet die aftyd, want ek soek julle nie terug nie

HOU OP ·

Alhoewel ek glo dat daar steeds werkgewers (let wel van alle rasse – nie net boere is nie) wat hulle werknemers onregverdig behandel en onder die voorgestelde prys betaal .. dink ek nie STAAK is die antwoord nie .. ek het in my LEWE nog nie gestaak nie .. mens bly aan met onderhandelinge .. of jy soek ‘n ander werk .. nou straf jy die PENDELAARS, en nie net jou base nie . ek is jammer maar dit was nog nooit vir my ‘n opsie nie .. DIE EKONOMIE is stadig .. besighede kan nie meer as 7% bekostig nie .. die ander probleme is ek nie bewus van nie en moet indiwidueel. uitgesorteer word MAAR die salarispersentasie is ‘n baie sensitiewe saak tans aangesien BAIE besighede swaarkry .NET DIE PENDELAARS gaan hieronder ly .. eerstens verloor hulle hulle werk, tweedens , sou die verhoging slaag word HULLE fooie opgesit .. so ja .. ek is nie ‘n busbestuurder nie . maar ek glo nie in stakings nie .. VERAL nie as dit met geweld gepaard gaan nie.

CAROL ·

Hulle wil nie werk nie – fire hulle. Daar is mense wat hul werk sal doen vir helfde van hul huidige salaris!!!!

Selfdryfbusse ·

Ek kan nie wag vir die dag wanneer self bestudende voertuie en busse kom nie. Nog net so 10 jaar dan kan hierdie stakers maar permanent gaan staak.

Johann ·

Wat my logika en funksionele intelegensie verstom is dat die wat staak, nie werk nie, nie betaal word nie… NIE die situasie is met die “verteenwoordigers nie? Die tjomme voel nie n dag, week, maand se NIE betaling aan hulle eie sakke nie? Maae die MASSAS volg slaafs na wat voorgeskryf word. Of is dit bloot lekkerder om nie te gaan werk nie?

Zettie ·

Wat my de josie inmaak is die feit dat hiérdie stakers nie besef dat, alhoewel hulle saam met hulle vakbonde staak, die vakbonde nogsteeds salaris verdien, maar hulle nie………

Bert ·

Oorsee kry stakers ook ‘n basiese bedrag per dag wat hulle van die vakbonde kry as die vir ‘n staking opgeroep het.
Die vakbonde kan dit dus nie bekostig om te lank te staak nie en kom dus vinnig tot ‘n vergelyk.
Dis tyd dat iemand dit vir ons stakers verduidelik, hulle word ingedoen deur die vakbonde en moet alle laste self dra.

Nestus Venter ·

Hoeveel is die huidige salarisse? Niemand noem getalle nie.

GM ·

@Selfdryfbusse, dit gaan afgebrand word want dit gaan die stakers ontneem van die ‘voorreg’ om te werk. S.A. kan nie wen nie.

piper ·

na drie weke se staking is hulle verhoging weggestaak, maar die vakbondbase kry nog hulle geld ry met blink karre rond en dra duur klere. die werkers is te onnosel om dit raak te sien.

Bee ·

Al wat ek weet is dat menigte maatskappye hul werkers uitbuit! alles gaan op behalwe salarisse! Hoe gouer wergewers begin om verhogings toe te staan hoe gouer sal werkers beter diens lewer! n Gelukkige werker en jyt gelukkige kliënte! Dis belaglik om nie jaarlikse verhogings toe te staan nie, party maatskappye het al vir 5jaar geen verhogings gegee nie, dis onaanvaarbaar.

Johan botes ·

Dis duidelik dat jy nie ekonomie verstaan nie. Werkgewers kannie na alle gat grille van werkers dans nie. Ek hoop dat hierdie werkgewers sterk sal staan . As die werkers nie tevrede is met hulle salaries nie. Bedank!!!!! Gee iemand anders n kaans om die werk te kry.

LouE ·

Miskien moet ons ophou dink dat hulle onnosel is. Hulle besef waarskynlik die finansieele implikasie maar staak ter wille van die beginsel. Prysenswaardig as jy dink dat ons te slapgat is daarvoor. Dan die 2% per week staak verlies storie. Die ou wat dit uitgedink het se calculator is stukkend. Die 2% is nie vir ‘n jaar nie – dis vir ewig. So hulle verloor in die jaar, maar wen elke jaar daarna.

Niemand ·

Die probleem is NIE so eenvoudig soos wat jy dit probeer verduidelik nie. Jy maak SELDE die geld wat jy in ‘n staking verloor op. Tweedens . .die kans dat die busmaatskappye nou baie drywers gaan AFLE soos by die myne is baie groot as gevolg van hulle huidige verliese … So al hou jy hoe baie van die stakers .. hulle gaan dit binnekort aan hulle agterstewes voel . VRA MAAR DIE MYNE . vandag staak almal vir ‘n groter verhoging EN vir ‘n verblyftoelaag en en .. uiteindelik gee die myn in nadat hy MILJOENE verlies gely het en na 3 maande laat gaan hulle 3000 werkers . so of jou calculator werk of nie . NIEMAND WEN NIE!

christa ·

ek stem saam met verhogings aan werkers, maar hoeveel keer wil hulle in ‘n jaar verhoging he. As jy die dag begin by ‘n werk, maak seker dis ‘n ordentlike salaris want daarop gaan jy jaarliks verhoging kry. Nou wil hulle so ‘n groot verhoging he in een jaar dat hulle nie vir die volgende 4jaar weer gaan verhoging kry nie. Ek stem vir verhoging maar moet nou ook nie die dam onder die eend uitruk nie.

bgj van der westhuizen ·

wel ek weet nie wat hulle verdien nie maar 8% is nie sleg te verhoging nie dus hulle staak oor hulle 9 % wil he en ander redes wat met manne krag op gewat moet word wand hulle moet toe sie ndat die werkgewer die arbiet wet na kom en eienaars beboet as dit nie na gekom word nie bus bestuurder moet n klag gaan le

Vryheid ·

Wys maar die middle vinger, onthou net NO WORK NO PAY. Fakbonde dra by to verarming van werkers.

Vermeendes ·

Julle hamer op die stakers wat te dom is om agter te kom dat hulle, hulle verhoging weg gestaak het nie. Hulle is nie so dom nie, al verdien hulle nou vir die jaar minder met die staking sonder salaris moet ons net mooi dink, wat is die doel van n staking, dit is om die firma en eienaar finasiel skade te doen.
Hierdie firmas se bedryfskoste hoop op tydens die staking waar geen gelde inkom nie so die firmas is baie slegter af as die stakende werkers.

Reguit ·

Afrika ly van die begin af aan die “wys almal en myself die middelvinger” -siekte. Die simptome is al lankal daar en dis aansteeklik. Beste is om die besmette hool te verlaat.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.