Buurlande skuld Eskom honderde miljoene rande

Die minister van openbare ondernemings, Pravin Gordhan (Foto: Ntswe Mokoena/GCIS)

Kragvoorsieners wat deur buitelandse regerings besit word, skuld Eskom honderde miljoene rande.

Só het Pravin Gordhan, minister van openbare werke, Woensdag in antwoord op ʼn parlementêre navraag deur die DA gesê. Volgens Gordhan se antwoord skuld buitelandse kragvoorsieners Eskom R632 miljoen. Dit is meer as die skuld wat Eskom self aan sy krediteure verskuldig is.

Van hierdie bedrag, skuld Zimbabwe se kragvoorsiener die meeste (R322 miljoen), dan Mosambiek se kragvoorsiener (R221 miljoen) en dan Zambië se kragvoorsiener (R89 miljoen). Zimbabwe is nie in staat om die skuld te betaal nie, weens die ekonomiese uitdagings in dié land. Hulle het wel nou met Eskom ʼn ooreenkoms bereik waarvolgens hulle die skuld sal afbetaal. Eskom het aan Zambië krag voorsien gedurende ʼn vorige droogte wat die land ondervind het. Weens ekonomiese uitdagings sukkel die land óók om hul skuld te vereffen. Eskom is besig om ʼn ooreenkoms met Zambië te sluit waarvolgens die skuld vereffen sal word.

“Die minister dink miskien dat R632 miljoen nie ʼn noemenswaardige impak op Eskom se geldsake het nie. Die realiteit is egter dat elke sent tel wanneer Eskom self ʼn skuldlas van R420 miljoen het,” sê Natasha Mazzone, DA-hoofsweep. “ʼn Half miljard rand is ʼn enorme bedrag geld en kan baie doen om Eskom se finansiële probleme op te los. Die DA wil nou hê dat Gordhan die betalingsooreenkomste met buitelandse kragvoorsieners bekend maak. “Die publiek moet verseker word dat die regering werklik als in hul vermoë doen om te verseker dat die uitstaande skuld betaal word,” sê Mazzone.

Mazzone wys uit dat Eskom boonop R20 miljard geskuld word deur plaaslike munisipaliteite. “Eskom is duidelik nie daartoe in staat om sy skuld in te vorder nie. “Dit is onaanvaarbaar dat Eskom bereid is om die land gevange hou met die las van aanhoudende kragonderbrekings, terwyl dit krag voorsien aan ander lande se regerings wat nie eens daarvoor betaal nie.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

49 Kommentare

Anoniem ·

Kyk nou net hulle kry nog steeds krag en ons moet betaal. Skande Pravin skande sny hul krag af en kry klaar.

Shawn ·

Hulle moes toe robert mugabwe die boere weg gejaag het . Die krag na hulle af gesny het.

SO ·

Die buurlande moet hulle sakke nou skud.. Tyd geword vir terug betaal wat gebruik is. Sperdatum vir volle terug betaling???

Koos ·

Hierdie syfers maak nie sin nie. Moes “miljoen” nie dalk “miljard” wees nie? of praat mens van maandelikse verpligtinge hier?
Sover ons weet, is ESKOM se skuld R450 miljard, d.w.s R450 duisend miljoen.

Hanlie ·

Hoe kan ons ons aanhou om vir die buireland krag te voorsien as ons self sukkel. Hoekom met die inwoners van SA betaal vir buitelanders se krag. Dis onaanvaarbaar.

Johan ·

Ek betaal my kragtekening gereeld. Maar soos ons almal weet, betaal ons in dieselfde asem ook vir mede-burgers wat nie kan of wil betaal nie. Nou lyk my betaal ek ook sommer vir die buurlande ook….

Ja swaer ·

Almal (hyself inkuis) din Pravin Gordhan is so ‘n wonderlike minister. Hy is maar bra pateties. Kyk hoe lyk dinge in sy department en wat doen hy daaraan? Praat praat praat blah blah blah

Wet van Transvaal ·

Ons sal anhou betaal vir die wat nie het in SA en daai buurlande almal sukkel daar.Dit is hoekom ons land soos hulle gaan raak.

Willebees ·

Pravin het destyds naam gemaak by SARS omdat hy goeie en toegewyde personeel gehad het. Nou, het hy dit nie meer nie en ‘n “Bestuurder” is maar net so goed soos sy personeel. Maw, dit is maklik om ‘n goeie chocolate koek te bak as jy al die bestandele het. Pravin sit nou met sy vinger in sy oor. Iedergeval, is die bedrag maar ‘n druppel in vergeleke met wat Soweto skuld.

Magda ·

Se my Pravin – is jy al ooit sonder krag gewees – twyfel dit baie sterk – Samel daai geld in – of sny hulle krag af – VERDOMDE SKANDE DAT SO BAIE GELD JOU NIE PLA NIE.

Alexz ·

Van ons grysbaarde wat destyds ‘Beat’ geloop het sal verstaan. Dit is nou ‘Pay-back time’ vir die ANC aan die buurlande wat dekades lank hul hulp en steun gegee het met opleiding aan die ANC se militere fleuel en die nodige krygs logistiek voorsien het. Die een hand was die ander.

Essie ·

As ek nie my krag kan betaal nie moet ek te vrede wees met geen krag nie nou wat maak ander state beter as ons

JohanR ·

……. en kry seker beter diens van Eskom af as wat Suid Afrikaners kry??

Hendrik ·

Honderde miljoene rande is nie baie geld nie. Eskom draf dit sommer gou gou kaf met die oop diesel gastrubines wat so mildelik gebruik word om beurtkrag te vermy.

Haarmald ·

Hulle gaan nie my krag afsny nie. Ek gaan hulle afsny.
Einde Januarie 2020 kan hulle maar hulle stoepit kabel kom oprol en verkoop vir scrap.
Ek gee eskom kennis. Koebaai eskom.

boet ·

Ek wonder of my krag sal aanbly tot ek ook 634 mil rand skuld

Thys Botes ·

Stop alle toekomstige tariefverhogings tot dat Eskom sy skuld ingevorder het.

Jerry B ·

Hoe moeilik kan dit wees, sit af dit word hulle probleem. Hoe anders wil julle Eskom red??

James ·

MAr hulle kry nie loadshedding nie en ons tariewe word nie meer en meer! Ek begin simpatie kry met onwettige koppelings. Mens kan net nie meer nie. Ek het R130 rand se krag gekoop vanoggend en 31 eenhede gekry!!!

Herman van Staden ·

En ek is amper seker die buite land ondervind nie beurt krag nie

peet ·

Herman my dogter woon in Livingstone, Zambia en hulle het daagliks tussen 12-16ure loadshedding

heksie ·

en so moet ons maar betaal. ons ou sukkelaars. terwyl ons krag beurte het, sukkel en sweet hoe ons vleis gevries gaan kry, sit al wat buitelandse lande en Soweto en tembisa en die res lekker en tv kyk , shame. en wat is daar wat ons kan doen, sweet niks en betaal maar.

Johanna Botha ·

Buurlande het nie geld nie ….SA weet dit maar voorsien nogsteeds en die belastingbetaler in SA moet net meer en meer betaal …..so SIEK vor die mense ….beqeeg nou na sonkrag om wegtekom van sie gesukkel

Lulu ·

Nie eens te noem dat die buurlande se krag goedkoper is as ons s’n nie.

Lulun ·

Net so. Ons President was reg vanoggend ons bokkaptein en breier sou beter gedoen het….

JohanL ·

Ons moet natuurlik onthou hoekom gee ons krag aan Zimbabwe, Mosambiek en Zambie? Eenvoudig en almal weet dit – dit is al drie lande wat op een of ander stadium ANC kampe gehuisves het. So die ANC “skuld” hulle maatjies nou en daarom dat Eskom aanhou krag uitvoer, ongeag die feit dat genoemde 3 lande nie betaal nie.

Mosambiek het eers na NKomati ooreenkoms die ANC gedwing om hul kampe daar te sluit.

Maria ·

Voorstelle vir terug betaling moet alle buurlande wat ons SA skuld vir ons steenkole voorsien (Hulle eie gronde grawe vir steenkole). Geen verskoning

Andy ·

Asmain ek stem 100% saam. Dit is tyd vir “pay back the money”

Willie ·

Ons skuld geld en ons krag word af gesit deur beurtkrag, hoekom word hulle krag nie ook bietjie af gesit nie…?????

Ander Koos ·

So ekonomiese wanbestuur het nou ekonomise uitdagings geword.
“Pass the buck” baie gerieflik

Ore ·

Neem ons krediteure ons ” buitengewone” situasie in ag by,droogte,Zuma,korrupsie,Gupta’s,stakers,werkloosheid,’n lamsakkige regarding? Moet erken,el get gedink Pravin sal dinged regruk maar hy is ook maar sonder ruggraat as dit by vakbonde kom

Carel ·

Daar is virseker n nulle probleem R620m gaan nie n duik in eskom se skuld maak nie

P G Slabbert ·

Al die elektrisiteit verhogings word daar die wan betalers en die diewe se koste ingereken . Boonop is daar btw ook betaalbaar , so nou betaal die wat hul rekenings vereffen nog belasting ook , vir die wat nie betaal . In S A is daar ook droogte , dis geen verskoning. Eskom vra nie of dit nat of droog is , hul soek hul betaling !

Humbug ·

Ag dis sooooo lekker. Kom ons voer Al ons krag verniet uit Vir ander Lande en ons laat ons eie burgers maar Vir almal betaal. Dis Mos lekker net sekere betaal en ander kry Al’s verniet.

Danie Marx ·

die DA en Vryheidsfront moet nou ‘n streep trek. kry eers al die agterstalige geld van die buiteland sowel as al die “ander dorpies” wat ook biljoene skuld voordat die res van SA belastingbetalers weer betaal. dit is nou ‘n goeie geleentheid om wal te gooi. soos terug gese word, nie een van die ministers, staats president of MP’s het al sonder krag gewees nie, dit is hoekom hulle almal stilbly. kry groot ASB al die “sogenaamde dorpies” se name geplubliseer sodat die hele SA kan sien wie nie krag betaal nie, dan sal ons sien dat hulle heelwaarskynlik almal ANC of EFF gebiede is.

Luke ·

Ek dink dit is n wonderlike gebaar van Eskom om krag aan almal Verniet te verskaf! Dit is presies waaroor Ubuntu Gaan! Alexz is reg! Ek het n sonkragstelsel geinstaleer, en n oulike houtskool stofie Jikokoa aangeskaf! Ek het geen krag onderbrekings, of rekeninge van Eskom of n Munisipaliteit nie! Seker omdat ek nie Ubuntu lekker verstaan nie!

Wonderlike Gebaar ·

Ons krag is altyd aan. Ons water ook en dit is skoon. Ons strate is netjies skoon. Almal is beskaafd. Ons ekonomie is nie junk-status nie. Misdaad is amper ongehoord. Die geheim: Ons woon nie meer in Afrika nie. Ons belasting verdwyn nie meer in ‘n hool nie.

Jimmy ·

Maar hier by ons pronk rugbygotjies net ‘n vuil bekertjie. En die Afrikaners is so gelukkig.

TwaalfBoor ·

Die voormalige apartheids regering het al vir die buurlande krag voorsien. Hoekom het ons nie destyds probleme gehad met krag voorsiening nie?

Johann ·

Daardie lande wat nie hul krag betaal nie se krag moet onmiddelik gesny en gestaak word, siende dat ESKOM nie eers genoeg krag vir sy eie land kan opwek nie. Dan moet amptenare wat in skuld is sn ook gesny word tordat dit vereffen is. Dan sal daar hopelik genoeg fondse en krag wees om die netwerk aan die gang te kan hou.

Zumie ·

Die agterliggende beginsel is duidelik, Jy kry sekeres wat moet betaal en ander vir wie daar roekeloos krag voorsien word welwetende dat daar nie gaan geld terugkom nie. Hoe kan so ‘n besigheid bestaan? In die Soweto tipe skulde is dit maar ‘n vorm van stemme koop terwyl die getroue staatsburgers eindelik dit gaan betaal deur noodpakette van belastinbetalers geld en stygende pryse. Dit alles om politieke doele te bereik.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.