Buurman se honde takel bejaarde

Die nooddienste Dinsdag op die toneel in Grange, KwaZulu-Natal. (Foto: Rusa)

’n 71-jarige man het ernstige beserings opgedoen toe hy Dinsdag deur sy buurman se twee honde aangeval is.

Reaction Unit SA (Rusa) sê inwoners van Grange in KwaZulu-Natal het dié nooddiens om 13:24 na Gardenstraat ontbied nadat twee honde ’n bejaarde man getakel het.

Beamptes het die beseerde man met hul aankoms in sy erf aangetref. Die man se regterbeen is tydens die voorval verskeur en hy het erg gebloei.

Volgens Rusa het die man nie sy sleutels by hom gehad nie en die beamptes was genoop om die hek se slot oop te breek om toegang tot die erf en die slagoffer te verkry.

Die man het aan die beamptes verduidelik dat hy langs die grensmuur geloop het toe sy buurman se twee honde hom aangeval het. Die man het ná die aanval ander inwoners om hulp gevra en hulle het die nooddiens ontbied.

Die beseerde man is op die toneel gestabiliseer voordat hy vir mediese behandeling na ’n hospitaal geneem is.

Volgens Rusa het verskeie inwoners gekla dat die honde temperamenteel is en al voorheen hul troeteldiere aangeval het.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

21 Kommentare

JM ·

Ek is baie lief vir honde, maar in hierdie geval behoort die honde van kant gemaak te word.

Retha ·

Hy moet die omie se mediese kostes betaal, want dit is sy honde wat aggressief is volgens ander inwoners

Casper ·

Sy hek was gesluit en hy het langs die grens muur geloop toe die honde hom getakel het.Hoe het die honde in sy erf gekom.Dit blyk dat die honde nie beheerbaar is nie.Waar was die troeteldiere wat aangeval is.

Genis ·

Was die diere buite die erf? Of is man deur die grens muur gebyt?

Chantel ·

Ek is seker blond, maar hierdie artikel maak glad vir my sin nie. Hy het langs die grensdraad geloop, het die honde dan oor die draad / muur gespring in die beseerde man se erf in? Help tog asb.

Retha ·

Nou hoekom is dit so onmoontlik. Ons het oorkant straat buurman gehad, sy hond het oor die heining gespring en ons hondjie doodgebyt, nie eers vol emmers water in sy gesig het hom gestuit nie, net aanhou byt totdat ons hondjie leweloos gelê het en ons moes ook versigtig wees omdat hond ons toe ook wou aanval

Papsak ·

Hou julle siere agter n veiligheidshek dan sal nuemand seer kry nie nou moet daai hond of dier boet en van kant gemaak word hou op om diere te terg ook jammer as hulle aan geval word deur honde dink weer

Antoinette ·

Ek lees die kommentaar van
JM – honde moet dood gemaak word.
Dries – seker weer pittbulls
Douglas – pittbulls???
Hoekom moet die honde altyd dood gemaak word? Omdat hulle van 1 seker honde ras is?
Pittbulls hoekom is hulle altyd die slegte honde ras? Hulle is ook van die beste speel maats vir jou
kinders net soos enige ander honde ras. Beste vriend asook jou oppasser.
Moenie altyd die Pittbulls veroordeel of aanneem dat dit hulle is wat byt nie.
My Jack Russel het ook nie ooghare vir sekere mense nie. Hoekom want daardie persone terg hulle
wanneer hulle dink ek is nie by die huis nie. So as my Jack Russel daardie person byt – moet ek haar
uitsit? Daar is nie n manier nie. Want jy kry wat jy voor gesoek het.
My opinie.

Harley Davidson ·

Pitbulle is die meeste van aanvalle waarvan ek lees verantwoordelik nou “assume ” almal maar altyd wat die honde ras is .

Retha ·

My skoonseun moes sy pitbul wat liefdevol gewees het, laat uitsit omdat die hond hom wou byt

Nico ·

Moenie die honde vankant maak nie, dit is die eienaar se plig om te kyk dat alles veilig is en die heinings veilig is. Die eienaar van die honde moet hierdie man se mediese kostes betaal, dit is die eienaar se natigeheid.

Sarel ·

Die Eienaar moet verantwooddelikheid aanvaar en belet word om.ooit weer Honde aan te hou.
Honde word meesal nue aggresief gebore nie maar so geleer. Weereens die mens wat alles bevonkfaai

Harley Davidson ·

Ek ken mense wat pitbulle soos kinders grootmaak met liefde en respek en dan net eendag byt hy sy baas of ‘n kind ,dit is soos ‘n leeu jy kan hom nie mak maak nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.