ʼn Ma en haar seun is Vrydagaand tydens ʼn onderonsie in Olivedale, Johannesburg geskiet.
“ʼn Paramedikus van ER24, wat nie aan diens was nie, het omstreeks 20:30 reageer op ʼn toneel by ʼn woonkompleks naby Pritchardweg in Olivedale nadat hy gehoor het ambulanse in die omgewing word oor die kommunikasiekanaal ontbied,” het Werner Vermaak, woordvoerder van ER24, gesê.
“ʼn 18-jarige seun is in die gesig geskiet en sy ma is in haar hand geskiet. Hulle was albei in ʼn ernstige toestand,” het Vermaak gesê. “ER24 se ambulans en nog ʼn privaat diens het by die toneel opgedaag om die persone te behandel. Die polisie en privaat veiligheidsmaatskappye het ook by die toneel opgedaag.”
Die ma het verduidelik ʼn buurman het hulle tydens ʼn onderonsie geskiet. Die polisie stel ondersoek in na die presiese omstandighede.
Die 42-jarige vrou en haar seun is na ʼn hospitaal in Fourways geneem vir verdere behandeling.
Kyk wie is die skieter
Wie is die skieter?
Ons moet leer om na mekaar te luister dan hoef daar nie misverstaande te wees nie…Ai dis seer….