Buurman skiet ‘rower’

Argieffoto (Foto: imgkid.com)

Argieffoto (Foto: imgkid.com)

ʼn Vermeende rower is Vrydag in die vroeë oggendure in die been gewond nadat hy glo by ʼn huis in Walmer in Port Elizabeth ingebreek het.

Kol. Priscilla Naidu, woordvoerder van die polisie, het gesê die eienaar van die huis het omstreeks 00:30 wakker geword en gesien hoe drie mans by haar huis probeer inbreek. Sy kon daarin slaag om by die huis uit te glip sonder dat die rowers haar sien en het na haar buurman gehardloop om hulp te kry.

“Toe die vrou en haar buurman terugkeer na haar huis toe, het hulle gesien dat die verdagtes reeds by die huis ingebreek en van haar besittings na buite gedra het,” het Naidu gesê. “ʼn Konfrontasie het tussen die buurman en die verdagtes ontstaan. Een van die verdagtes het probeer om die buurman met ʼn mes te steek en hy het gereageer deur hom in die been te skiet. Die ander twee verdagtes het op die vlug geslaan.”

Volgens Naidu is die gewonde verdagte, glo in sy 20’s, op die toneel in hegtenis geneem en van huisbraak aangekla. Hy sal binnekort in die hof verskyn.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

AmY ·

En nou gaan hulle seker die buurman van ponging tot moord aankla?

humor ·

Klomp mediese kostes, regskostes , kostes rakende sy gevangenskap, die belastingbetaler betaal en dit verander niks aan die misdadiger nie.

Francis ·

Die buurman verdien defnetief n helde vereering ! Sy lewe ingevaar gestel !

Joann ·

Buurman is nou skuldig,dief mag mos steel en moes eers buurman geskiet het. Eish onse landswette

Jan maak n Plan ·

Stem Saam met jou Frans. Maar wel gedaan aan die buurman, jy moes net die ander twee ook geskiet het. Ek wil ook net een ding weet – die skurk wou die buurman met n mes steek – dan moet poging tot moord ook mos by die rower se klagstaat gevoeg word.

christine ·

Ek het n lekker spuitbottel met amoniak altyd by myself in my kar indie huis op verskeie plekke vir nood, my al so twee keer gehelp

Ekke ·

stem nie saam Frans. Dit het met ons gebeur en hofsaak kos al amper 180 000 en einde nog ni in sig

Winston ·

Hy moes geskiet het om dood te skiet. Sy lewe was bedreig. Nou kry die misdadiger kans om weereens te lieg en sy weergawe te verdraai. Dis n ou modus operandi om die verdediger die aanvaller te maak. Kla hom aan vir poging tot moord ook.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.