Buurman skiet twee dood ná huisroof

Die toneel. Foto: @LuanSnyders2/Twitter

Twee vermeende rowers is Woensdagoggend vroeg doodgeskiet kort nadat hulle ʼn bejaarde egpaar in Rustenburg beroof en met ʼn groot bedrag kontant op die vlug geslaan het.

Sers. Ofentse Mokgadi, woordvoerder van die polisie, het gesê twee gewapende rowers het omstreeks 5:00 by ʼn huis in Zinniaville ingebreek.

“Hulle het vuurwapens op die bejaarde egpaar in die huis gerig en geld geëis. Hulle het hierna met die geld op die vlug geslaan.”

Volgens Mokgadi het die bejaarde egpaar om hulp begin skree toe die rowers gevlug het. “Die rowers het in een van die bure se erf gespring. Die buurman het die krete gehoor en toe hy uitgaan het hy die rowers in sy erf opgemerk.”

Die buurman beweer die rowers het hul vuurwapens op hom gerig waarna hy met sy vuurwapen op hulle losgebrand het.

“Albei is op die toneel dood verklaar. Daar is beslag gelê op die kontant wat gesteel is.”

Volgens Mokgadi het een van die rowers onlangs uit polisie-aanhouding in Tlhabane ontsnap. Hy is gesoek in verband met minstens 28 sake, hoofsaaklik roof.

Die bejaarde egpaar is nie tydens die voorval beseer nie. Die polisie ondersoek die voorval.

Maroela Media het vroeër berig ʼn rower is ook vanoggend in die vroeë oggendure geskiet en gewond in Kaap St. Francis in die Oos-Kaap. Vyf gewapende rowers het omstreeks 02:45 by ʼn huis in dié kusdorp ingebreek.

Die rowers was met messe en breekysters gewapen en het ʼn sitkamervenster oopgebreek om toegang tot die huis te verkry. Tydens die gestoeiery kon die huiseienaar daarin slaag om sy vuurwapen te kry. Hy het een van die verdagtes gewond.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

15 Kommentare

tamboti ·

Soos meeste ander biologisie organismes, het die mens ook die vermoee om weerstand op te bou. Hier is evolusie of ontwikkeling besig om plaas te vind! Skote Petoors (verskoon die sinspeling)

ChrisE ·

Lekker man. Dit gaan rof in ons land. “You live by the gun you die by the gun”. Die Hollywood manne hoef nie meer miljoene dollars aan byspelers en akteurs te betaal nie. Kom bly so bietjie hier en maak flieks na hartelus, sonder om ‘n sent daarvoor op te dok. Ek is mos mal ook koeiseun (cowboy) flieks.

GM ·

Ek het al so afgestomp geraak dat ek verby die feit kyk dat ‘n lewe geneem is, vergeet dat daar geliefdes is wat agterbly en dalk treur, en net voel ‘well done’ dat nog ‘n krimineel of 2 permanent uit die samelewing verwyder is.

Eet hulle ·

Wel die ROWERS Moet weet hulle gaan nou doodgeskiet word. Dit is nonsens dat mense van alle kleure so mishandel en geboelie en beroof word en die ‘rowers’ stap anderkant uit ongeskonde. WAT soek jy in iemand anders se huis? Meestal word die arme mense verskriklik geslaan en gemartel . darem was die buurman op ‘n wakker .. 10 uit 10. Hoop net jy het ‘n goeie prokureur.

Arno ·

Goed gestel Hennie. Kans is goed dat die “ontsnapping” met hulp van SAP maatjie gebeur het. Vorige sake goedkoop opgelos.

Johan ·

Darm gaan hulle nie nou weer in die tronk dit en ons belasting geld kos nie.

Knap gedaan en dankie

jaco ·

ek is bly dat karma/what goes around comes around/wat jy saai sal jy maai darem nog die doodstraf toepas en nie allerhande polities korrekte houdings oor sogenaamde “menseregte” het nie.

Netso ·

Genoeg is net eenvoudig genoeg! 28 roof sake teen hom en ontsnap in aanhouding! Dankie vir jou “buurman” ons salueer jou!

MNH ·

Goed gedoen, buurman!!! Wat my bekommer is dat sy wapens nou seker van hom gekonfiskeer word soos met ‘n boer wat onlangs ook ‘n rower IN SY HUIS doodgeskiet het, nadat die rower eerste op hom geskiet het.

Antiestabliesment ·

Die buurman moet nou net seker maak dat die ‘redelike mens’ teorie hom sal red van manslag of moord.

Theresa ·

Vir mense wat dalk benadeel kan word omdat hul diesulkes geskiet het, moet die heel beste regsdienste gesponsor word.
Onreg moet uitgeroei word.

Debbie ·

Knapgedaan! Give this man a Bells. Nee wragties, dis erg, maar dit was of hy of hulle.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.