‘Buurman’ vas ná moord op bejaarde, dogter

polisie-sapd

Argieffoto: SAPD/Facebook

Die polisie in Limpopo het Maandagaand ’n jong man in hegtenis geneem in verband met die onlangse moord op ’n 90-jarige vrou en haar dogter buite Thohoyandou in dié provinsie.

DIe verdagte is vermoedelik die buurman van die slagoffers.

Brig. Motlafela Mojapelo, woordvoerder van die polisie, het gesê die liggame van Muvhulawa Mudzunga en haar dogter Caroline Edzisani Muvhulawa (54) is Sondag deur ander bure in die Lunungwi-nedersetting aangetref.

Ma en dogter het albei verskeie steekwonde opgedoen.

Volgens Mojapelo het ’n voorlopige ondersoek die verdagte (23) met die moorde verbind waarna hy in die Ha-Budeli- informele nedersetting buite Thohoyandou in hegtenis geneem is. Die verdagte het ten tyde van die inhegtenisneming in sy vriendin se huis weggekruip.

“Voorlopige polisie-ondersoeke het aan die lig gebring dat die motief vir die moord met heksery verband hou aangesien die verdagte na bewering die twee vroue daarvan beskuldig het dat hulle hom getoor het.”

Lt.genl. Nneke Ledwaba, provinsiale polisiekommissaris, het intussen die gedrag veroordeel van mense wat nog steeds ander van heksery beskuldig en hulle om dié rede om die lewe bring.

Die verdagte sal na verwagting Woensdag in die landdroshof in Thohoyandou op twee aanklagte van moord verskyn.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Belinda ·

Soooo skokkend, dit sal seker nog vir ‘n paar rand of ‘n selfoon wees. Sterkte vir die familie van die vermoorde vroue.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.