Buurman vas ná moord op peuter

Argieffoto: Pixabay.com

Die polisie in Limpopo het ’n man (26) in hegtenis geneem in verband met die moord op sy buurvrou se 17 maande oue babadogtertjie.

Kol. Moatshe Ngoepe, polisiewoordvoerder, sê die verdagte was na bewering in ’n bakleiery met sy buurvrou betrokke en het Dinsdag na die vrou se huis in die Thomo-nedersetting in Giyani gegaan om haar te konfronteer.

’n Bakleiery het met sy aankoms tussen die verdagte, die buurvrou en dié se oudste dogter ontstaan.

Die verdagte is na sy huis waarna hy met ʼn harde voorwerp teruggekom het. Hy het glo sy buurvrou, wat in dié stadium haar baba vasgehou het, probeer slaan.

Die kind is egter getref en het ernstige beserings opgedoen. Sy is na ʼn hospitaal vir behandeling gehaas.

Die baba, intussen as Vukahle Makwakwa geïdentifiseer, is egter Dinsdagaand weens haar beserings dood.

Ngoepe sê die verdagte is net na die voorval aangekeer en in hegtenis geneem op aanklagte van aanranding met die doel om ernstig te beseer. Dié aanklagte is intussen na moord gewysig.

Die verdagte sal na verwagting Donderdag op dié aanklagte in die Giyani-landdroshof verskyn.

Lt.genl. Nneke Ledwaba, provinsiale polisiekommissaris in Limpopo, het die moord veroordeel, veral die wrede manier waarop klein Vukahle dood is.

“Mense word steeds aangeraai om hul verskille op ’n vriendskaplike wyse op te los in plaas daarvan om van geweld gebruik te maak.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Androclus ·

sluit hom toe en raak ontslae van die sleutels,hoekom slaan hy na ‘n vrou wat ‘n kind vashou.

Annette ·

Nee!!! Dis so hartseer en wreed. Suid-Afrika is seker die gewelddadigste land in die wêreld.

Riaana ·

Ja hierdie ou lewe van ons is een wrede wrede plek, glo die dogtertjie is nou by Jesus se voete in die Hemel en wil nerens anders wees nie R. I. V Poppelops????????????????

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.