ʼn 48-jarige man is Sondag in Matlelerekeng in Limpopo in hegtenis geneem nadat hy glo ʼn 14-jarige meisie in haar huis verkrag het.
“Die meisie se suster het die kaal man betrap toe hy onder die bed wou wegkruip,” het konst. Lethunya Mmuroa, ʼn polisiewoordvoerder, Maandag gesê. “Terwyl die sussie die bure se hulp ontbied het, het hy sy klere gegryp en weggehardloop.”
Die man het glo langs die slagoffer gebly en hy is later in hegtenis geneem.
Hy moet binnekort in die Moutse-landdroshof verskyn. – SAPA
Sal ons ooit gewoond raak aan al die verkragtingsake, moordsake, ens. Dit raak net erger en erger, neem al hoe meer toe!