Buurt- en plaaswagte: Cele weier patrollies

Bheki Cele. Foto: Kopano Tlape/GCIS

Bheki Cele, minister van polisie, het Donderdag gesê hy is nie oortuig daarvan dat buurt- en plaaswagte moet patrolleer ten tyde die landwye afsondering nie. Dit volg nadat talle buurtwagkomitees en lede van die publiek Cele versoek het om die funksionering van buurtwagte en ander veiligheidstrukture te heroorweeg weens misdrywe, soos inbrake by skole, wat veral in dié tyd toeneem.

Daar is tans ʼn verbod op die patrollering van buurtwagte en ander veiligheidstrukture tydens die tyd van algehele afsondering.

Cele sê die groot rede waarom hy nie sulke patrollies wil toelaat nie is omdat buurt- en plaaswagte nie aan iemand verantwoordbaar is wanneer hulle wagte dalk ʼn fout begaan nie. Hy meen daar kan wel teen polisie opgetree word wanneer ʼn polisielid oortree.

Cele sê soldate en lede van die polisie en metropolisie se agtergrond is deeglik nagegaan en hulle is gekeur om gemeenskappe te kan beskerm. “Ek kan nie dieselfde oor buurtwagte sê nie. Ons het nie hul wagte se agtergrondinligting om te weet wie hulle is en waar hulle vandaan kom nie.” sê Cele.

Cele meen ook buurtwagte en ander veiligheidstrukture doen meestal goeie werk, maar daar kom soms ʼn mate van politiek in hul strukture voor.

“Ek het nie ʼn probleem om die saak verder te bespreek nie, maar daar is duidelike tekortkominge wat tans kop uitsteek. Ek is ook gereed om met verskeie buurtwagte en ander veiligheidstrukture saam te werk,” sê Cele.

Ian Cameron, AfriForum se hoof van gemeenskapsveiligheid, het sy misnoeë oor Cele se besluit om die patrollering te weier, uitgespreek. “Cele is besig om mense blatant aan bloeddorstige geweld en ander misdaad bloot te stel,” het Cameron gesê.

Cameron sê die bejaarde slagoffer wat die afgelope week in haar huis op ʼn kleinhoewe wreed aangeval is, kon voorkom gewees het indien’n plaaswag die gebied gepatrolleer het.

Maroela Media het vroeër berig die burgerregteorganisasie AfriForum het ʼn brief aan Cele gerig en ʼn aanlyn petisie van stapel gestuur in ’n poging om buurtwagte en ander veiligheidstrukture toe te laat om tydens die afsonderingstydperk aktief te funksioneer.

In die skrywe beklemtoon AfriForum die belangrike en noodsaaklike rol wat buurt-, plaas- en hoewewagte, asook soortgelyke veiligheidstrukture in hul onderskeie gemeenskappe verrig. Die skrywe wys ook op verskeie wyses waarop die minister hierdie strukture moontlik binne die raamwerk van die wet kan benut.

Cameron versoek die publiek om die AfriForum-petisie te onderteken en só buurt- en plaaswagte ʼn noodsaaklike diens vir die duur van die afsondering te maak.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

52 Kommentare

Anoniem ·

Ja Cele julle het hulle goed gekeur. Moordenaars en trigger mal. Skiet weerlose diere en dink hulle is verhewe bo die wet. Jy gaan seker nou al hul aanranding, diefstal en verkoop van drank ook toesmeer. Jou mag en weermag is seker die mees korrupte van almal in hierdie land. Jammer Cele maar wat mens sien en hoor wat lede van jou mag aanvang is dit ongelukkig wat ons moet glo. Bewys ons anders. Wys ons jou eerbare polisie mag dan glo ons jou. Maar die artikels en fotos waar hulle staan en sommer uit die bottels suip spreek boekdele.

MarlboroMan ·

Natuurlik sal hy. Die Mafia het ook hulle “eie Protection” hanteer.

Sonneblomkind ·

Magspel is gevasrlik veral as daar mense betrokke is

pamela ·

Sou die buurtwag en patrollie ouens iets verkeerd doen. Kan die polisie mos iets doen teen hulle. Dis regtig nie ‘n goeie verskoning nie.

antieke antie ·

hy het die mag gekry wat hy nie gehad het toe terroriste nog by die naam genoem is nie…. en hy gaan nie daai mag deel met groepe wat suksesvol teen kriminele is nie…. dan gaan baie mense nie meer bribes kan kry nie … nie dat ek glo bribes word minder gevat nie….
terroriste…gangsters… kriminele….. net die naam verander…. verder is daai cancer nog daar

Ansie ·

Cele is ‘n gek om hierdie tragedie te gebruik om ‘n magspel te speel. Hy moet oppas – dit gaan hom in die gesig byt.

Fufu ·

n’ Dringende hofaansoek asb. En vra dat Cele persoonlik die koste moet dra vir beide partye.

Jacobus ·

Goeie voorstel maar toerekenings aanspreeklikheid hier ongehoord.

Jan Nel ·

Hierdie bekommernisse oor agtergrond ens, wat hy het, is dit nou net van toepassing vandat die “lockdown” ingestel is? Hoekom het hy hulle dan nie lankal verbied nie? Gaan hierdie bekommernisse verdwyn na die lockdown en hulle dan toelaat om te opereer?

Cele, jy is besig om van noodmaatreëls, strafmaatreëls te maak.

Jan ·

As hulle hulle werk gedoen het sou hulle nie ingebreek het nie. In my omgewing is daar nog nie een weermag.lid of pad blokade gesien nie.

MarlboroMan ·

En dan wil hy ons oortuig dat misdaad AFGENEEM het? Regtig? Wie flous jy, minister.

Alta ·

Die is wat ek noem dom en onnosel redenasie. Hoekom word hulle nou belet maar in die verlede was alles wel. Ek het vroeër ‘n artikel gelees dat Pres. Ramaphosa als goed doen en sê, maar die ministers vertolk alles net soos hulle wil. Dit is nou bloot ‘n magspeletjie van Cele

Boortor ·

Wel cele, dan beskerm ek myself,familie en eiendom. Ek draai nie doekies om nie. As hulle my veiligheid bedreig, is hulle geskiedenis. Jy wil/ kan nie dit doen nie so ek sal. Glo my.

marius ·

Hy dring daarop aan dat dit die gemeeskap se verantwoordelikheid is om die polisie by te staan , maar as hulle dit wil doen verguis hy hulle ?

Rodger17 ·

Ramaphosa sal baie vinnig van cele ontslae moet raak,hy jaag misdaaf eerder verder aan met sy rampokker mag!Cyril skrik wakker voor die publiek reg in eie hande begin neem!

Ricus ·

Bestaan daar dan nie n wetstelsel in SA nie as buurtwag /plaaswag iets teen die wet doen kan daar mos opgetree word teen hulle deur midel van die gereg.
Weermag lede wat n persoon dood geslaan het gaan seker teen opgetree word maar die persoon is klaar dood hoe goed is hul dan gekeur en opgelei dat hul hulself nie in toom kan hou nie.
Hoeveel polisie lede is in die afgelope tyd gevang vir watter misdryf ookal en dit is net waaroor berig word en uit gevang is hoe goed is hulle gekeur en of opgelei.
Daar is buurtwag/plaaswag mense daar buite wat meer selfbeheersing en wetstoepassing toepas as baie van die suid afrikanse mags lede en die grap van alles is die buurtwag/plaaswag lede word nie eers betaal nie.

Scalla ·

Die hoedman het nou te vinnig gepraat voordat hy gedink of iemand namens hom gedink het.

Fedup ·

Yip. Now i understand the background check fairy tale. Cele need to go and check every single police officer again. There are more corrupt cops than politicians. He should be held accountable for every crime that has put people’s lives in danger since the start if this lockdown. He obviously have no idea handle these kinds of situations. Nne whatsoever.

Jaco ·

Ja Cele al wat ek kan sê is, “dom is n ander manier van dink”.

Jaco ·

Hierdie vent het hopeloos te veel mag, dit maak my bekommerd, dit laat my voel dit gaan meer as net oor die korona virus. Dit voel soos n diktatorskap.

SomeOne ·

gee die man ‘n kans om homself in die voet te skiet, more oormore lek hy weer die buurtwagte om hom te help en ek hoop hulle weier sy versoek daar

Jacobus ·

Engelse het goeie gesêgde: “true to form”. Sal maar na die tyd ‘n “body count moet doen”. As daar iets tussen die as is om te tel.

Nie Verbaas ·

Denke van n persoon wat onbevoeg verklaar is as kommissaris en dan minister word. Cele, jou kommentaar dat buurt en plaas wagte nie verantwoordbaar is nie is snert. Polisie se agtergrond deeglik nagegaan? Hoeveel van die polisie lede is gearresteer agv misdade? So die agtergrond check hou geen water nie. Dan word daar deur jou genoem van politieke struktuur in buurt en plaas wagte? Wat doen die ANC Cele? Geen politieke struktuur en doelbewuste implementering daarvan daar nie? Mense op plase en kleinhoewes word dus nou doelbewus blootgestel aan misdaad, of is ons verkeerd?

Peet ·

Hy dra reeds die hoed, hy kort net ‘n perd en sy stelling moet net soos volg aangepas word “kom altyd ʼn groot mate van politiek in die ANC strukture voor” dan is die cowboy op volle dreef.

AH ·

Cele is so verblind deur sy mag en eie ego dat hy nie kan sien wat reg onder sy neus gebeur nie. Ek woon in die Weskaap en is deeglik bewus van hoe korrup die polisie en weermag is. Hulle staan letterlik en toekyk hoe drankwinkels en kruidenierswinkels geplunder word. Daar is alreeds vele polisielede in hegtenis geneem vir onwettig drankbesit, roof van drankwinkels en nog ander klagtes. Hoe moet enige mens met gesonde verstand glo dat Cele in belang van wetsgehoorsame burgers optree? Ek wens ons president wil wakker word en Cele sien vir wat hy is en van hom ontslae raak. Helaas is dit seker te veel om te verwag van ons regering……

ES ·

Wel dan moet die weermag ontplooi word om die plase en skole ook op te pas instede daarvan om mense in informele nedersettings aan te rand en hulle drank te vernietig.

Die Wolf ·

Baie eenvoudig. Doen nou maar dieselde soos our peoples en demand dmv n petisie dat die gemeenskap die polisie sal bystaan, indien die plaaswagte en buurtwagte onmiddelik herinstel word. Indien nie is sy magte op hulle eie aangewese. Die gemeenskap sit in hulle huise. Buurtwagte en plaaswagte is reeds deel van die gemeenskap. Hoe moelik is dit om te verstaan? Waarvoor is hy bang?

Blackies ·

Nou Mnr Cele polisie se soogenaamde hoof sal jy asb paar weermag of polisie lede na ons stuur in die aande vir patrolering of mag ons maar skiet aangesien niemand in die strate of in jou erf mag kom nie.

Termiet ·

Hy wil he ons blankes en boere moet uitgemoor word. Geen ander verduideliking vir sy idiotiese redes nie.

Deon ·

Alhoewel so baie nie saam stem met sy verskonings nie, is daar wel n manier om hom met sy eie riem te vang… Voldoen net aan sy lys van verwagtinge, dan kan hy nie meer nee se nie

Jorrie ·

Die ANC en EFF is agter plaasmoorde wat deur baie sogenaamde “veterane” met militere presisie uitgevoer word. Dit spreek dus vanself dat Cele sal probeer om die boere nog verder te ontwapen en in gevaar te stel.

Abie ·

Nou wat sal Cele se polisie doen indien die plaaspatrollies wel voortgesit word? Die plaaswagte arresteer? Dan is dit goed so – want die dubbele teenwoordigeheid behoort die moordenaars effe in bedwang te hou sodat hulle nie ongehinderd (soos soms selfs onder polisiebegeleiding) met hulle misdaad kan voortgaan nie.

netekalleen ·

Nou hoekom patrolleer die polisie nie,sodoende sorg hulle dat die skelms wie mense aanval in hulle huise sit soos ons wetgehoorsames. Al tekens van die saps patrollie voertuie in ons omgewing is as hulle verbyjaag ckeckers toe en terug

Danie ·

“Agbare Minister” Cele, jy praat van politieke ondertoon in buurtwag geledere …. wat sê die spreekwoord van iemand wat in ‘n glashuis woon? Jy is so ver uit voeling met die werklikheid van misdaad en die rol wat gemeenskaps beskerming strukture vervul en hul suksesse dat jy lank reeds verdien om uit jou pos onthef te word. Daar is nie plek vir onnosel mense soos jy nie, en dan verdien jy nog ‘n uiters goeie salaris ook om sulke twak kwyt te raak en teenstrydige standpunte in te neem …. genoeg van jou magsbeheptheid gehad. Gaan kyk bietjie na jou eie useless polisie mag en skrik wakker onder jou hoed man!
O ja …. oënskynlik weet jy nie dat in die Wes-Kaap word alle buurtwaglede verplig om te registreer, word onderwerp aan kriminele rekord klaring en bevestiging van vingerafdrukke deur jou polisiemag, en ontvang dan DOCS registrasie sertifikaat uitgereik deur een van jou generaals …. sê weer, skrik wakker man en gaan tree erens af, gaan plant pampoene eerder …

Jaco ·

as meeste skole waar ingebreek word nou wit skole was, dan verstaan ek dat Cele weier dat buurtwagte weer patroleer, maar meeste skole is our people se skole. so hoe dan nou? gee hy nie om dat sy eie mense se skole geplunder word nie?

PieterP ·

Cele! Jy reken politiek speel ‘n rol teen oortreders wat deur plaaswag en buurtwagte vasgevat word.? Die enigste patetiese politieke speletjie is die dit waarmee jy mee besig is. Ek hoop nee ek vra dat elke persoon wat skade sal ly of fisiese beserings sou opdoen wat normaalweg deur die ekstra patrollies verhoed sou kon word jou persoonlik aanspreeklik sal moet hou vir die verlies of skade. Ek is so moeg vir hierdie wannabe sherrif of the wild west!

Willem ·

Cele wat kan mens se vir al as jy in die Wes Kaap woon. Mag mos niks verkeerd se nie dan is ons rassiste. Die buurtwag by ons word ondersteun deur die polisie,dit werk ongelooflik goed Tans word dit met W Up gedoen aangesien ons verbied is om patrolies te doen. Die hoof nar cele s dit glad nie verstaan nie en terug skool toe gaan nie werk nie al is die slaag syfer 30%.

Nell ·

Ja kyk een ding is verseker Corona het kaf van koring kom skei veral met betrekking tot grysstof…

Lizanda ·

Hierdie situasie pas hulle perfek, dit kom aasof dit gestuur is?????

Willem ·

Die nar cele moet terug skool toe . Hoe hy en sy trawante ministers geword het weet niemand nie(razz ,angie ,die vrou zuma en hyself)

Jax ·

Buurtwaglede word almal gecheck vir kriminele rekords, moet formeel aansoek doen deur hul plaaslike SAPS te besoek, te registreer, vinger-afdrukke doen en onder eed die dokument onderteken.
Sedert lockdown is daar n aansienlike toe name in inbrake in die area waar ek woon. Dit kan beslis toegeskryf word aan die feit dat ons nie Meer mag patrollie ry nie.
Die feit dat buurtwagte nie Meer nag patrollie ry nie, maak dit vir saps Baie moeilik om kriminele vas te trek. Ons het een SAPS voertuig vir ons area maar Meer as 52 geregistreerde patrollie lede wat oë en ore kan wees vir SAPS.
Iemand se wiskunde en algemene redenasie vermoeë het n skroef Los.

Sonneblomkind ·

Ai tog. Sal hulle nie leer mie. Vat beveiliging weg van mense wat dit nodig het… veral op plase…en kyk wat gebeur…ek hoop net die magte is reg vir wat voorle…drank en smokes nie beskikbsar…emosies loop hoog en nou is deure oop vir nog verdere plundering

Renier ·

Eintlik sê die Minister dat hy nie buurtwagte, of wat ook al die groepe genoem word, vertrou nie. Ek weet nie of dit orals toegepas word nie maar by ons meld “groeplede” by SAPD aan en hulle word dan onder die vaandel van die GPF geklaar.

Die Minister is besig om af te breek dit wat met groot moeite tussen die SAPD stasies en die inwoners opgebou is.

Weet die Minister ooit wat op die grond aangaan. Groepe is lankal verby die stadium dat hulle opereer sonder dat die SAPD ingelig word.

Wat beteken sy “Furthermore, our soldiers and officers are vetted thoroughly. ” As die volgende moontlik was:

“During a parliamentary question and answer session in April 2019, police minister Bheki Cele said that 4,174 members of the police service had criminal records. This included 32 senior managers.”

madels ·

Dis nou die mees patetiese verskoning wat ek al ooit gehoor het. Die vent lees nie die koerante of luister die nuus van moorde wat nou in hierdie Lockdown periode gebeur het nie. Ons hoor gereeld van inbrake wat plaasvind. Miskien wil hy juis nie hê daar moet buurtwagte ens wees nie sodat sy pelle ongehinderd kan moor en plunder

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.