Vinnige optrede Donderdagaand deur AfriForum se buurtwag in Kempton Park, in samewerking met die polisie, het daartoe gelei dat ʼn gekaapte motor minder as drie uur ná die kaping opgespoor is.
Jan Vermaak, voorsitter van die AfriForum-buurtwag in Kempton Park, het gesê die buurtwag se gemeenskapsreaksie-eenheid (GRE) het omstreeks 20:45 inligting ontvang van ʼn Kia Rio-motor wat in die omgewing gekaap is.
“Ons het dadelik twee voertuie gestuur na die plek waar die motor gekaap is en vyf ander voertuie in verskillende rigtings, omdat ons sterk vermoed het dat die kapers in die rigting van Tembisa op pad was. Dit was toe ook so,” het Vermaak gesê.
Hy vertel dat buurtwaglede dadelik die SAPD en die Ekurhuleni-metropolisie in kennis gestel het en dat hulle saam na Tembisa is nadat die sein van ʼn selfoon, wat nog in die motor was, aangedui het dat die kapers op pad na Tembisa was. “Ons het in konvooi gery tot by die gebied waarheen die selfoonsein laaste opgespoor is en het die selfoon op ʼn sypaadjie gekry. Met ʼn bietjie ondersoek het ons die voertuig se sleutels so 30 m van die selfoon gevind,” het Vermaak gesê.
“Ons is toe terug na die area waar ons die selfoonsein die eerste keer opgespoor het en almal het sorgvuldig die area gefynkam. Die voertuig is om 22:27 gevind waar dit in ʼn straat geparkeer is. Die insittendes het reeds te voet gevlug. Ons het die toneel afgesper en aan die Tembisa SAPD, wat saam met ons was, oorgegee.”
Volgens Vermaak is dit danksy die goeie samewerking tussen AfriForum, die SAPD en EMPD dat die voertuig so vinnig opgespoor kon word. “Die opleiding wat die GRE-span by AfriForum ontvang het en die manier waarop hulle as ʼn span saamgewerk het, het alles bygedra tot die suksesvolle opsporing van die voertuig. Ek is baie trots op die manier waarop ons dit gedoen het, asook die manier waarop ons buurtwaglede se betrokkenheid deur die SAPD en EMPD aanvaar is. Sulke samewerking kan net lei tot nog soortgelyke suksesse in die toekoms.”
Fantasties! Bou so voort! Dit is ons enigste redding!!
Ons blankes sal agter ons self moet begin kyk. Polisie is pateties agv regstellende aksie.
Mooi so.
Mooi so julle. Dis mos nou hoe dit gedoen word.
Lekker om te sien hoe Afriforum en die SAPD saamwerk!
Ek dink dit is nie saamwerk nie, hulle is eerder daar om die eer aan hulself toe te eien.
Ja nee sonder afriforum was daai kar lankal oor die grens of parte klaar verkoop so trots op julle manne jul gee mens weer moed