ʼn Lid van die buurtwag in Douglasdale, Johannesburg, is Sondag geskiet toe hy sy pligte uitgevoer het.
“Hy en sy kollegas het ondersoek ingestel na ʼn huisalarm afgegaan het,” het ao Daniel Mavimbela, woordvoerder van die polisie in Gauteng, gesê. “Hulle het twee verdagtes gesien. Een van die verdagtes het glo op hulle geskiet en die 29-jarige man in die bors getref.”
Die polisie is na die toneel ontbied en ʼn soektog is van stapel gestuur. Een verdagte is glo met ʼn ongelisensieerde vuurwapen betrap. “Hy is in hegtenis geneem en staan tereg op aanklag van poging tot moord en die onwettige besit van ʼn vuurwapen en ammunisie.”
Die man sal binnekort in die Randburg-landdroshof verskyn. “Die polisie is op soek na die tweede verdagte.”
Ek stem. Hoop die man herstel tenvolle…
Buurtwag is tops, ek sal nooooooit die polisie bel nie.