Buurtwag weer plaasaanvallers af

Foto bloot ter illustrasie. (Argieffoto: Maroela Media)

Die vinnige reaksie van die AfriForum-buurtwag en omliggende boere in Brits, Noordwes, het agt mans se planne om in die omgewing vermoedelik te roof, in die wiele gery.

Die groep mans het by drie plekke in die omgewing probeer inbreek.

In die eerste voorval het die inwoner van ’n plaashuis Woensdag omstreeks middernag gehoor toe die mans besig was om haar deur af te breek. Volgens Jacques Broodryk, AfriForum se woordvoerder vir gemeenskapsveiligheid, het sy dadelik die buurtwag aktiveer en dié was etlike minute daarna op die toneel.

Die verdagtes het toe reeds gevlug.

Volgens die slagoffer, wie se naam in hierdie stadium nie bekendgemaak word nie, het ’n groep verdagtes haar plaas se heining geknip om die werf te betree.

“Buurtwaglede en snuffelhonde is dadelik uit na die veld om die verdagtes op te spoor,” sê Broodryk.

Twee ure later het die buurtwag nog ’n noodroep in dieselfde omgewing ontvang. Dieselfde groep mans het na bewering ’n nagwag op ’n plaas aangeval.

“Buurtwaglede het die aanvallers se spoor gevolg en hulle op heterdaad betrap terwyl hulle besig was om by ’n derde plaashuis in te breek. Die verdagtes het in die buurplaas se landerye ingevlug en só weggekom.”

Volgens kol. Adele Myburgh, polisiewoordvoerder, dra die polisie nie kennis van die voorvalle nie, maar stel ondersoek in.

Broodryk sê dit is duidelik dat die aanvallers die misdade goed beplan het en ook die omgewing soos die palm van hul hand ken.

“Ons is dankbaar dat die eerste slagoffer paraat was en deel is van ons veiligheidstrukture. Dit het daartoe gelei dat lede vinnig kon reageer en het heel moontlik nog voorvalle voorkom.

“Die vermetelheid van die aanvallers om ’n reeks misdade ná mekaar te pleeg terwyl hulle op die vlug is, wys net weereens met watter enorme uitdaging ons voor te staan kom.”

Broodryk sê dit is nie ongewoon dat plaasaanvallers in groot groepe toeslaan nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

20 Kommentare

George ·

Regte cowards, kom in groepe van 8….AGT, dink jou net in, wat doen jy as AGT jou aanval, en in baie gevalle ou mense is. Wel gedaan aan die buurtwag

hantie ·

“Well done” Buurtwag, julle reageer blitsig en rig meer uit as wat die polisie ooit sal kan!

John ·

Dis reg ja. Die SAPS sal nie kennis dra nie want niemand rapporteur dit meer aan hulle nie. Ek het familie wat Boer en hulle sê reguit hulle vertrou nie die polisie nie en daar Kom in elkgeval niks van nie

Mariana ·

Misdadigers in SA is mak. Hulle weet dat hulle sal loskom op aanklagte en is nie bekommerd nie.

Harley Davidson ·

Die komando stelsel het goed gewerk en hierdie plaas buurman lede doen dieselfde wis hierdie terorisme uit dit is al wat gaan werk.

Peter ·

Maar ons het nie ‘n probleem met plaasanvalle nie, aldus the hatman en sy trawante, Maai hulle af.

Di ·

Ons enigste manier om boere op plase en plotte te verdedig is om SELF mense daar te plaas. DIS juis die rede hoekom al die kommando’s gestop is, om mense weerloos te laat. Hierdie SKUIM peul orals uit – Seker EFF lede

Jannie van Niekerk ·

Beslis. En ook ANC polisiemanne wat saam met die plaasaanvalers werk

Marelize ·

Miskien moet ons die polisie vervang met buurtwagte. Doen dit self dan weet jy dit word gedoen.

Jannie van Niekerk ·

Ou Hoed sal ‘n oorval kry want dan sal sy plaasaanvallerhelde tweede kom.

Danie ·

Krimenele loop vrylik rond niemand pla hulle operasies nie.As dit nie vir die sekeriteit groepe was nie dan was daar baie meer aanvalle op plase.Die polisie skitter in hul afwesigheid , hulle veg vir posisies en mag.

Jannie van Niekerk ·

Indien een van die buurtwaglede van die plaasaanvallers sou doodskiet, sou Ou Hoed, Andre Gaum en Chris Nissen binne ‘n halfsekond vervolging ingetsel het. Hulle glo mos vas dat die misdadigers en haatspraaksprekers se mensergegte ver verhewe bo die slagofferrs van die plasaanvallers is.

Kalla ·

Ja hulle is lafharte, dit is hoekom hulle in groepe toeslaan!

Lillian ·

Lafhartig soos altyd. Kom in groepe om te roof en te moor!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.