Buurtwaglede red polisieman uit wrak

Argieffoto

Verskeie Bloemfonteinse buurtwaglede het Vrydagaand tot die redding van ʼn polisiebeampte gekom.

Joseph Renaud, AfriForum se streekskoördineerder van die Oos- en Noord-Vrystaat, het gesê dit is te danke aan AfriForum se Sektor 5-buurtwag wat ʼn “kernrol gespeel tydens die suksesvolle hantering van ʼn ongelukstoneel” in Pasteurrylaan in dié stad.

“Danksy AfriForum-buurtwagte se gevestigde netwerke en stelsels is mediese hulp na ʼn ongelukstoneel ontplooi waar ʼn motorbestuurder alleen in sy voertuig in ʼn sloot aangetref is. Hy het sy bewussyn verloor en was kritiek beseer,” het Renaud gesê.

Renaud het gesê bystand is gebied nadat die eerste AfriForum-buurtwagpatrolleerders binne twee minute op die toneel was. Daar is toe vasgestel dat die beseerde ʼn polisiebeampte is.

“Die AfriForum-buurtwagpatrolleerders het die mediese personeel bygestaan om die beseerde uit die wrak te bevry en om hom te stabiliseer. Die patrolleerders het ook gehelp om die verkeersvloei rondom die ongelukstoneel te reguleer om verdere ongelukke te vermy en die pad begaanbaar te hou vir mediese voertuie en die brandweer om die beseerde so spoedig moontlik by die hospitaal te kry.”

Volgens Ian Cameron, hoof van gemeenskapsveiligheid by AfriForum, sal AfriForum voortbou aan Projek Nehemia – die burgerregtewaghond se landswye gemeenskapstrategie teen geweldsmisdaad – ongeag teenkanting teen die projek deur lt.genl. Jacob Tsumane, provinsiale polisiekommissaris in die Vrystaat.

Maroela Media het Saterdag berig Tsumane het glo Vrydagoggend ʼn bevel aan alle kluster- en stasiebevelvoerders asook adjunkprovinsiale kommissarisse in die provinsie gestuur waarin alle polisielede in die Vrystaat verbied word deel te vorm van Projek Nehemia.

“Buurtwagte vorm die kern van hierdie strategie en die hulp wat AfriForum-buurtwagpatrolleerders tydens dié ongeluk verleen het, wys dat Projek Nehemia ʼn wettige raamwerk skep om weer hoop te gee aan gemeenskappe,” het Cameron gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Griki ·

Ironies dat dit toe juis ‘n Vrystaatse polisiebeampte was wat gebaat het by Projek Nehemia.

Geregtigheid ·

Dit is wonderlik om te sien dat julle, ten spyte van die Polisie se negatiewe houding teenoor julle, steeds die beste vir die gemeenskap doen.

Johannes Meintjes ·

Eerstens is daar nie tans na my medewete ‘n Buurtwagstelsel wat ‘n beter opleidings, toerusting, versekering en regshulp pakket aanbied as AfriForumBuurtwag nie. In die bestaande Buurtwag en GPF samewerkings dra die vrywillige burgers wie dikwels die kerk se welsyns en beradingswerk, SAPD take en Mero take op eie risiko aanvul, ‘n totaal onrealistiese las. Dat AfriForum Buurtwag egter nou in die OVS teenkanting van die SAPD ontvang is na mening beide betreurenswaardig maar ook goeie nuus. Dis hoogtyd dat die hantering van eskalerende misdaad in SA ‘n groter inspraak van ander instansies soos AfriForum en bv. oud SAW en SAP lede inwerk. Dit gaan ‘n nuwe dinamieka en medewerking om saampraat en saamdoen tafels verg. Ter wille van effektiewe burgerlike beveiliging hoop ek in die kleine, en as ‘n GPF medewerker, daar is genoeg gefokusde, konstruktiewe en objektiewe opgewassenheid op en by al die nodige terreine en instansies.

MCH ·

Ja Jacob, nou gaan jy seker die perd dissiplineer sodra hy by sy positiewe is. Moenie kla oor die brood as jou koring nog groen op die land is nie. Afriforum, weereens geluk. Kyk verby die emosie ontlok deur genl. Jacob se ongelooflik onverantwoordelike uitlatings en doen steeds die regte ding reg. Dis wat die manne van die seuns onderskei. Trots op julle man!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.