Buurtwaglid in hart gesteek: Ma hoor eers later van moord

Alec Du Toit. Foto: Facebook.

Die gemeenskap van Kraaifontein is in rou gedompel ná ʼn buurtwaglid, Alec du Toit, vermoor is toe hy na ʼn toneel ontbied is.

Elzette Engelbrecht, Du Toit se suster, het gesê haar broer het Vrydagaand ʼn boodskap ontvang op die buurtwag se WhatsApp-groep oor verdagte mans wat in die buurt opgemerk is. Du Toit het daarop reageer. “Hy het een boodskap op die groep gestuur om nog mense te stuur om te kom help en dit was die laaste kommunikasie,” het Engelbrecht verduidelik.

Volgens Engelbrecht het die voorval tussen 20:00 en 20:30 plaasgevind. Hulle het sy bakkie glo dwarsoor die pad aangetref. “Dit het gelyk of hy hulle wou afsper. Die nadoodse ondersoek word vandag eers gedoen, maar ons weet hy is in die long en hart gesteek met ʼn mes.”

Alec was glo al ʼn jaar aktief betrokke by die buurtwag. Die familie kon Alec se ma eers Saterdag laatmiddag in kennis stel van Alec se dood omdat sy ʼn baie ernstige operasie Vrydag ondergaan het. “Ek sit nou hier by die hospitaal, sy is steeds in hoësorg,” het Engelbrecht verduidelik.

Alec het Dinsdag 30 jaar oud geword en by Goeie Hoop Onderdele gewerk. “Jy kon enige Saterdagmiddag by hulle huis aankom, dan staan daar vyf karre. Dan is dit ouer tannies en ooms wat nie geld het vir herstelwerk nie, en Alec help hulle. Jy kon hom tienuur bel en sê my geiser het gebars, en hy sou kom help. Almal was altyd belangriker as hy self.”

Alec word Saterdag 13:30 uit die gemeente NG Parke in Kraaifontein begrawe. “Ons hoop in dié stadium my ma kan ten minste net gaan vir die begrafnis en dan weer terugkom hospitaal toe. God kom pluk sy mooiste blomme eerste, hy het letterlik sy laaste gegee om ander te help.”

Daar is Saterdagaand ʼn nagwaak vir Alec gehou deur die gemeenskap waar mense met kerse en ballonne ter nagedagtenis bymekaargekom het.

Lt.kol. André Traut, woordvoerder van die polisie, het gesê ʼn saak van moord word ondersoek. “Twee verdagtes is in verband met die voorval in Tennantstraat in Kraaifontein in hegtenis geneem. Een is Vrydagaand vasgetrek en die ander Sondagoggend, albei in hul twintigs,” het Traut verduidelik.

Die twee sal vandag in die hof verskyn op aanklagte van moord.

Du Toit word oorleef deur sy ouers, suster en ouer broer, asook vriendin van die afgelope tien jaar.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

20 Kommentare

Mielie ·

Ag dis verskriklik. RIV jongman. Onnodig. Misdaad in die Kaap lyk net so sleg soos in die res van die land. Wanneer gaan dit stop

willie ·

Traggies! Dit gaan nie eindig nie dit gaan net erger word! En wie dank ons?

Bil ·

Miskien moet beurtwag mense ook behoorlike opleiding kry. En nooit alleen uitgaan na klagtes toe nie. Wag altyd eers vir backup

Stev ·

100% in die kol, rus in vrede en mag jou dade in jou gemeenskap onthou word en jy geonthou word as ‘n held want dit wat ek lees in die berig is niks minder as helde dade wat jy verrig het nie.

Asseblief ·

Mense kom help stig n fonds om die tannie te help asb , sy sukkel en nou is haar enigte inkomste weg gevat deur adders , haar seun het gehelp om ons te beskerm as ons rustig geslaap het , Kan een van die slim mense wat weet hoe dit werk , n bank rek stig of so dan maak ons onse harte oop vir die tanie asb ? nou sit sy met meer laste en swaar kry . Ek bid dat GOD haar by staan en vertroos in die swaar tye ,

Wat my hinder ·

Hy is nie die eerste wat op hierdie manier dood raak met diens aan die gemeenskap. Wat my hinder is wat word van sy afhanklikes in so ‘n geval? Is daar versekering wat uitgeneem kan word en wie betaal daarvoor? Beslis, glo ek, nie die polisie!! Ai, dis hartseer.

Annie ·

Hul sê God kom pluk sy mooiste blomme….. sy lewe is gesteel deur wettelose kriminele wat GEEN respek het vir lewe nie. Dit is tyd dat die regering gedagvaar word vir elke sinnelose krimenele moord wat gepleeg word. Want wetteloosheid is aan die orde van die dag in Suid Afrika. Eintlik in Afrika.
Word net hier meer vrylik gedoen. Sterkte aan sy familie.

madels ·

Hoe verskriklik vir die familie! Ek huil saam met julle… dis so verskriklik hartseer.

Dis ook vir my hartseer om te lees “God kom pluk sy mooiste blomme eerste”.. hierdie n verskriklike ding om te se vir iemand wat pas iemand aan die dood afgestaan het. Dis nie God wat die man se lewe kom neem het nie maar gewetenlose misdadigers.

leon pit ·

Dankie vir dit wat jy vir die gemeenskap gedoen en beteken het. Ons gaan jou mis.

Dolla ·

Sterkte aan sy familie. Ek hoop van harte dat die staat sy mense mense gaan help oorleef soos met die ander wat oorlede is en hul hul alles gee wat hul nodig het. Of tel dit net vir patry mense.

Dirk ·

Ja en so sal nog n held ons verlaat. Rus in vrede. Die skuldiges gaan weereens Dalk opgespoor word. Elk R500 bail gegee word en vry kom.. en.media gaan absoluut nie weer n woord hieroor spreek nie. Maar maak een net skrik en dis wereld nuus. Vermoor iemand brutaal en daar kom niks nie.

Tania ·

Die saak wors uitgestel na die 20 ste. hulle word nie vrygelaat in tussen nie. ons as sy buurtwag kollegas gaan seker maak ons baklei tot die laaste vir Alec.

Tania ·

Die saak word uitgestel na die 20 ste. hulle word nie vrygelaat in tussen nie. ons as sy buurtwag kollegas gaan seker maak ons baklei tot die laaste vir Alec.

Ben ·

Rus in vrede ou maat!

Amandel and Surrounds Crime Watch – Kuils Rivier

Aprilia ·

Dis hoekom ek dit afraai om by die cpf organisasie aan te sluit,want as iets gebeur met n lid wat word van sy naasbestaandes.Jou hande is afgekap as jy met skelms in aanraking kom want die wet beskerm mos die skelms vandag,dis hoekom al wat n huis is deesdae soos sentraal gevangenis lyk,vat jou ure om uit jou huis te kom in die oggende met al die tralies en hekke om oop te maak na buite,en die problem is dan is jy nog steeds nie veilig daar buite nie!!!!!!!!!!!!!

Aprilia ·

Rus in vrede my maat,jy het slegs prober reageer op n nood oproep en dit het jou lewe gekos,sterkte aan die familie.

Andre ·

Soos gaan die moorde op die blankes doodeenvoudig voort. Die laaste twee dae is daar vyf blankes regoor die land vermoor waarvan ek toevallig gelees het, wat die werklike syfer is sal niemand kan raai nie want die moorde op blankes word sover moontlik stilgehou.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.